Nadat onlusmakers onlangs aan die Universiteit van die Witwatersrand amok gemaak het en selfs lesingsale afgebrand het, poog die bestuur tans om gemoedere te kalmeer deur meer swart akademici aan te stel. ‘n Woordvoerder van die universiteit, Shirona Patel, het aangekondig dat Wits “11 swart akademici in verskeie fakulteite teen ‘n koste van R3,2 miljoen aangestel het, in ‘n poging om rassetransformasie te versnel”.
In totaal beplan die universiteit om R45m te bestee om blanke akademici deur swartes te vervang. Die Senate House-gebou op die kampus is ook na die veroordeelde terroris en moordenaar Solomon Mahlanghu vernoem.
“‘n Komitee is aangestel om toesig te hou oor dié verbintenis (om meer swart personeel aan te stel). Die komitee is daarvoor verantwoordelik om aanstellings te maak en om beurse uit te deel om swart en kleurlingpersoneel op te lei om professors te word,” het Patel gesê.
Daar word ook verwag dat die inhoud van kursusse “getransformeer” gaan word om meer afrosentries te wees, volgens mejuffrou Patel.
Verder sal daar interne bemiddelaars opgelei word om diskriminasie teen swartes te beveg. Daar sal ook ‘n “alternatiewe model” ontwikkel word om hoër onderwys te befonds.
