praag.co.za

Wits steeds ‘te wit’: R45m bewillig vir swart akademici

Written by

in

,

Nadat onlusmakers onlangs aan die Universiteit van die Witwatersrand amok gemaak het en selfs lesingsale afgebrand het, poog die bestuur tans om gemoedere te kalmeer deur meer swart akademici aan te stel. ‘n Woordvoerder van die universiteit, Shirona Patel, het aangekondig dat Wits “11 swart akademici in verskeie fakulteite teen ‘n koste van R3,2 miljoen aangestel het, in ‘n poging om rassetransformasie te versnel”.

In totaal beplan die universiteit om R45m te bestee om blanke akademici deur swartes te vervang. Die Senate House-gebou op die kampus is ook na die veroordeelde terroris en moordenaar Solomon Mahlanghu vernoem.

“‘n Komitee is aangestel om toesig te hou oor dié verbintenis (om meer swart personeel aan te stel). Die komitee is daarvoor verantwoordelik om aanstellings te maak en om beurse uit te deel om swart en kleurlingpersoneel op te lei om professors te word,” het Patel gesê.

Daar word ook verwag dat die inhoud van kursusse “getransformeer” gaan word om meer afrosentries te wees, volgens mejuffrou Patel.

Verder sal daar interne bemiddelaars opgelei word om diskriminasie teen swartes te beveg. Daar sal ook ‘n “alternatiewe model” ontwikkel word om hoër onderwys te befonds.

Comments

8 responses to “Wits steeds ‘te wit’: R45m bewillig vir swart akademici”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Daar is dit nou …die Libarterte profs gaan dit waarvoor hulle so hard geveg het ervaar , dit gaan nou verseker hulle gemaklike lewe vernietig , dit is nou tyd om te voel hoe ons mense gevoel het met hulle ewige transformasie en niemand gaan na julle gesanik luister nie , moet net asb nie Bekramp word nie , dit is te laat daarvoor!!

    1. Jan Malan Avatar

      Lekker man Lekker……. Die kursus inhoud gaan ook getransformeer word om meer Afrosentries te wees, dus die standaard gaan afneem om by die afrikane se standaarde aan te pas. Ek sal graag ou kopdoek se sienning wil hoor want die arme studente gaan nou begin leer van die Tokkolos en voorvader geeste in die Teologiese klasse.

      1. jan Avatar
        jan

        ….” leer van die Tokkolos en voorvader geeste in die Teologiese klasse.”
        = niks anders as die evolusieleer nie!
        Die Vrydenkers en Ogoters kan maar skiet vir die poste. :-))

  2. Bob Avatar
    Bob

    Afrocentic medical degree? – can’t wait to come under the knife!

    1. Jan Malan Avatar

      Toordokter opleiding

  3. Dave Avatar
    Dave

    Nog ‘n naamsverandering op die boeke…. wits gaan swarts word.

Leave a Reply