Soektog aan die gang vir snelwegmoordenaars

'n Man is Maandagmiddag doodgeskiet nadat hy stilgehou het om sy vriend, wie se motor onklaar geraak het te help, het die Gautengse polisie gesê.

Konstabel Patricia Simelane het gesê die voorval het omstreeks 12:00 plaasgevind op die Krugersdorpsnelweg naby die afrit na Hartbeespoort en Sandton, langs die Diepsloot-informele woongebied.

"n Man was op pad van Krugersdorp na Pretoria toe sy kar gebreek het. Hy het sy vriend geskakel om hom te kom help," het Simelane gesê.

Terwyl hy vir sy vriend gewag het, het hy onder die Jeep ingekruip om te sien of hy die water- en olielek kon herstel.

"Die vriend het opgedaag toe hy nog onder die kar was," het Simelane gesê.

"Hy kon hom hoor argumenteer met mense; sy vriend het aanhoudend gesê, "los my uit, los my uit" waarna 'n skoot gehoor is en sy vriend gesê het: "Help, help, ek is geskiet."

Die man is op die toneel dood.

Die aanvallers het die gestrande motoris deursoek en R5 000 en sy selfoon geneem.

"Die man kon ne onthou of daar drie of vier aanvallers was nie. Nadat hulle hom beroof het, het hulle in Diepsloot in gehardloop. Hulle het nie eers die selfoon van die man wat hulle geskiet het, geneem nie," het Simelane gesê.

'n Polisiehelikopter is ontplooi om na die mans te soek, maar tot dusver is geen arrestasies gemaak nie.

play casino onlineФильчаков