Reg of verkeerd, Zuma het die wit volk se bestaansreg erken

Die wêreld- liberale beweging in samewerking met nie-blankes, het oor die afgelope +- 5 dekades uit hul pad gegaan en saamgesweer om die Afrikaner spesifiek en blanke Suid-Afrikaners oor die algemeen, te ontmagtig, te vertrap en as irrelevant uit te beeld. Irrelevant in so 'n mate, dat die voortslepende laevlakvolksmoord op blanke Suid-Afrikaners nie eers 'n rimpeling in internasionale berriggewing veroorsaak nie. So ook met die vertrapping van ons regte! Erger nog, word ons uit eie geledere deur kruipende blanke verraaiers gerysmier, beledig en ons mense se bindingsfaktore afgebreek.

Ons leef in 'n land waar daar meer mense gemiddeld daagliks vermoor word as wat daar mense sterf in lande waar daar volskaalse oorlog gevoer word. Maar ons media, gerugsteun deur die internasionale media, knip geen oog en sprak geen sprook nie!

Die swart regime speel woer-woer met Afrikaner-"leiers" en "verteenwoordigende" meningsvormende organisasies. In so 'n mate dat wanneer Zuma hul uiteindelik te woord staan en nog mooi woorde oor hul volkie uiter, dan swymel hulle, pink 'n traan van trots en dankbaarheid uit die oog, klop hulself op die skouer, gee Zuma 'n staande ovasie en sak terug op hul louere, sodat hul nuwe Swart Kampioengod hul moet "red"!

En die meerderheid word onmiddellik aangesteek deur lyers aan die DeKlerk-Meyer-Codesa-sindroom. 'n Sindroom waar sukses beskou word as eindelose onderhandeling en dan die bereiking van ooreenkoms, al behels die ooreenkoms die berowing en vernietiging van jou eie volk en dus 'n totale mislukking!

Maw 'n sindroom wat klaaglike mislukking verheerlik as klinkende sukses…

Dan geskied die toets van ons verslaafde volkie se slaaf mentaliteit!

Terwyl meer as 70% van enige stryd sielkundige strategie, taktiek en aksie behels, toon 'n IOL-steekproef dat +- 80% van "Afrikaners" hierdie geleentheid misken en verwerp. Na bewering is hul ontsteld en skaam omdat hul uitgesonder word as ware Suid-Afrikaners. Mense wat self en wie se voorouers die land gebou, beskawing gekweek en vooruitgang moontlik gemaak het, voel skaam en verontreg as hul vyand se leier hul bestaansreg in die land erken!

In goeie straat-Afrikaans: Wat de fok is fout in julle koppe?!

Julle is so anti-Afrikaner geïndoktrineer, dat jul almal alles gun, maar jul eie volksgenote niks nie! Julle sien geen geleentheid om te bou aan "ons" toekoms raak nie. Julle is so gebelgd omdat jul bestaansreg erken word en nie dié van ander blankes nie, dat jul weereens jul volkie sal opoffer om tog net weer deel van die vertrapte Jannie Jammergatte te wees?

Sien die geleentheid raak!

Reg of verkeerd, die volgende president van die land het in die openbaar ons WIT volk se bestaansreg en kernbydrae tot die skepping van wat hier is, in die openbaar erken.

–    Dit het die liberale Engelse media, Engelssprekende bevolking en verseker die wit en swart kommuniste en sosialiste se hoenderhokke geskud dat die vere spat!

–    Dit opsigself mag dalk net daarin slaag om die Afrikaner-"leiers" en meningsvormers se durf en daad terug te sit en hul te verander van sluipende, kruipende, konsensussoekers oor hoe skuldig ons is en hoe lank ons gestraf moet word, oftewel soekende, rugraatlose, murgbehoewende hensoppers, na ware leiers, wat doen waarvoor leiers daar is! Dit is om tot die laaste druppel bloed en breinsel die stryd te voer tot voordeel en in beste belang van dié wat hul verkies het!

–    Dit plaas die Afrikaner se vyand, naamlik die swart meerderheid en liberale blankes in die posisie waar hulle slegs hierdie erkenning van ons status kan onttrek, deur fisiese oorlogsverklaring deur ons dan as die teenoorgestelde te ettiketeer, naamlik nie-ware Suid-Afrikaners en dus indringers. Dit sal ons dan in die situasie plaas waar ons uiteindelik regtens mag optree in selfbeskerming en verdediging.

–    Tot dan toe, kan elke anti-blanke en teen-blank-diskriminerende wetgewing aangeval en beveg word, totdat dit van die wetboeke verwyder is.

En die bitterbek Engelssprekende blanke bevolking, sal net soveel baat daarby as die gemiddelde Afrikaner.

Waarom dan die kortsigtige en venynige respons van die Engelse? En van die liberaal-kruipende "Afrikaners? Want die liberale, mult-kulti-Engelse DA het soveel belang in Afrikaneroorlewing en erkenning, as die gemiddelde swarte, sosialis, kommunis en voorstander van 'n eenwêreld-, onderdrukkende, anti-individualistiese en anti-volksregerkennende polisiestaat.

Dit het tyd geword vir die Afrikaner om uit die tronksel van sy slaafmentaliteit te breek, 'n gesonde verstand te herontwikkel, 'n rugraat terug te groei, murg terug te sit in sy pype, trots in sy volk en voorgeslagte te herontdek en sy man te staan!

AL BETEKEN DIT DAT HY MET 'N YSTERVUIS MOET SLAAN!

устройствоЛобановский