Pretoria se skuldverminderingskema

Die Pretoria Metropolitaanse Munisipaliteit, ook bekend as Tshwane, het verlede jaar wetgewing so gewysig dat alle meenthuiseienaars nou ook erfbelasting betaal van om en by 1% van hul eiendom se markwaarde. Op 'n eenheid met 'n markwaarde van R600,000 beloop dit dan R6,000 per jaar oftewel R500 per maand.

Weens swak administrasie is baie eienaars van meenthuise tans glad nie eens bewus dat hulle rekeninge met agterstallige skuld het, wat terugdateer tot Julie 2008 nie. Hierop word ook rente elke maand gehef.

Self moes ek herhaaldelik oproepe maak en uiteindelik die munisipaliteit besoek, voor ek kon vasstel dat my rekening na 'n wildvreemde adres gestuur is. Die rekening wat ek gekry het, is helaas nog in Engels! In gesprekke met ander meenthuiseienaars kon ek vasstel dat baie eienaars bloot nie die tyd het om iemand anders se administrasie te doen nie, en gevolglik nog nooit 'n rekening ontvang het nie. 

Daar bestaan egter nou 'n skema waarvolgens alle inwoners met agterstallige skuld kan aansoek doen dat hierdie skuld met tot die helfte verminder word. Aansoekvorms is beskikbaar by munisipale kantore en die skema is van krag vanaf 1 Augustus 2009 tot 31 Januarie 2010.

Daar word 'n beroep op lesers wat hierdeur geraak word, gedoen om definitief aansoek te doen, aangesien die munisipaliteit in elk geval van plan is om miljoene rande se skuld van nie-betalers in die lokasies rondom Pretoria so af te skryf.

Ek is egter ook nuuskierig wat nou wel met nie-betalende meensthuiseienaars gaan gebeur, aangesien die munisipaliteit dienste in geheel vir meenthuiskomplekse lewer. Elektrisiteit word ook meestal nie direk deur die munisipaliteit verskaf nie, dus is dit nie moontlik om net die dienste te beëindig nie. Gaan dit dus weereens daartoe lei dat net die eerlikes onder ons betaal? Hoe kan ons verseker wees dat belastingbetalers regverdig behandel en oor dieselfde kam geskeer word?

светильник оптикаАлександр Фильчаков прокурор