Ontploffing by Sasolfabriek in Germiston

Image'n Brandstoftenkvragmotor het Donderdag aan die brand geslaan en 'n ontploffing veroorsaak by die Sasolaanleg te Germiston.

'n Maatskappywoordvoerder Jacqui O'Sullivan het gesê die brand het omstreeks 10:30 aan die tenkwa begin en toe versprei na die vragmotor se eie brandstofvoorraad, wat ontplof het. Die brand is daarna onder beheer gebring en geblus.

Daar was net een besering; 'n man is hospitaal toe geneem met 'n enkel wat moontlik gebreek is.

O'Sullivan het gesê dat die oorsaak van die brand nog nie bekend is nie, maar dat 'n ondersoek reeds aan die gang is.

игры девочкамтопкарго отзыв