Die Weste hou hulself blind vir neo-Nazi’s wat in Kiëf betoog om by die EU aan te sluit.
Die Oekraïense betogers bots met die polisie in die hoofstad na duisende mense aan ‘n anti-regeringsbetoging oor die naweek deelgeneem het, omdat hulle nie deel wil wees van die Russiese federasie nie.
Die mees aggressiewe groep betogers, wat bekend staan as ultra-nasionaliste, het die polisie met brandbomme en klippe bestook.
Die president van die Oekraïne, Wiktor Yanukowitsj, het ‘n verklaring uitgereik waarin hy die geweld tussen die polisie en teen-regeringsbetogers veroordeel.
Hy sê dit hou ‘n bedreiging vir die hele land in.
Hy het ‘n oproep om vreedsame gesprek gedoen, nadat ‘n vooraanstaande opposisie-figuur, die wêreldberoemde bokser, Witali Klitsjkow alle Oekraïners aangespoor het om by die betoging aan te sluit.
Klitsjkow sê hulle moet veg vir die toekoms van hul land.
Die toneel naby die parlement is steeds gespanne, met skermutselinge tussen die onlustepolisie en betogers.
Skokgranate en rubberkoeëls is vroeër afgevuur, om tussen 200 en 400 vasberade betogers te verwilder.
