Europa gaan kultuurskok kry met w?reldbekersokker

Die buiteland, maar veral Europa, kan hom vir groot kultuurskokke voorberei. Ek probeer om elke dag na die Vlaamse en Nederlandse nuus te kyk, en daar was alreeds by 3 geleenthede opmerkings en aanmerkings oor die groot voetbaltoernooie in ons land.

Vanaand het die Nederlandse program "De Zomer draaid door" die spot gedryf met die oorverdowende lawaai van die swart sokkertoeskouers wat vir 2 ure lank op hul geel plastiekbeuels blaas.

Eergister is daar 'n onderhoud gevoer met Sepp Blatter en met 'n "waarnemer" uit België wat reeds vir weke (of maande?) lank in Suid-Afrika rondreis om die "vordering" te monitor.

Waar Blatter en Danny Jordaan byna eensydig net die positiewe kant van die prentjie skilder, het hierdie Vlaming reguit en eerlik kritiek op alle aspekte gelewer.

Daar is video-opnames gemaak van feitlik elke sokkerstadion, en die waarnemer het sy bedenkinge uitgespreek oor "of die geriewe betyds gereed sal wees".  Daar is ook verwys na die leë stadions tydens die eerste wedstyde, en Blatter (dit was sy enigste kritiek) het die organiseerders van die kaartjieverkope gekritiseer omdat hulle nie die stadions vol gekry het nie.  In die trant wat hy gepraat het, het mens byna die gevoel gekry dat hy apartheid daarvoor gaan blameer.

In Nederlandse koerante was daar glo voorbladnuus oor die swak beplanning op die gebied van veiligheid.

Die koerante het 'n voorbeeld aangehaal waar buitelandse toeriste glo deur 'n swart gebied (volgens die berig is dit Soweto) moes stap om by 'n sekere stadion te kom, terwyl daar geen veiligheid (polisieteenwoordigheid) was nie. 

Een koerant het ook die betrokke minister ('n swart vrou) aangehaal toe sy na bewering gesê het: "Suid-Afrika is 'n veilige land.  Ek waarborg die veiligheid van alle buitelandse toeriste!"  Indien sy maar liewer haar laaste woorde teruggehou het, en gesê het "ons sal hul bes probeer om dit vir die toeris veilig te maak", sou die Nederlanders dit nog aanvaar het, en haar miskien vertrou het, maar om so blatant te lieg, skep net meer wantroue.  Die Nederlanders weet wat om te verwag (of altans diegene wat goed ingelig is), en weet dat die minister openlik gelieg het.

Maar, die mense se oë sal nog oopgaan; gee net kans.

ик сауна отзывыФильчаков прокурор харькова