White wil die Bokke red

Die voormalige afrigter van die Springbokwenspan, Jake White, sê hy wil die Bokke red.

Hy het aangedui dat hy bereid sou wees om die direkteurskap van SA rugby oor te neem, maar wil uit die kalklig bly.

Sekere keuses vind White moeilik om te begryp.

Volgens hom was Schalk Burger tot onlangs die beste speler ter wêreld maar hy is deur Luke Watson vervang.

Oregan Hoskins, die president van die SA Rugby-unie, sê dat Peter de Villiers se posisie as nasionale afrigter nie in gevaar is nie.

липецк технолобановский александр дети

Uit vir 83!

Suid-Afrika is vir 83 lopies uitgeboul binne 23 boulbeurte in die tweede eendag wedstryd teen Engeland by Trent Bridge.

Stuart Broad het vir een van die beste eendagwedstrydsyfers van vyf vir 23 binne tien boulbeurte gesorg.

Matt Prior het ook die wêreldrekord vir die aantal paaltjies binne 'n kolfbeurt laat spat.

Hy het ses vangkanse benut toe Suid-Afrika ineengestort het met die laagste eendagtelling ooit teen Engeland.

готовые саунытопкарго развод

Voormalige Bokassistent kap de Villiers

Voormalige Springbokassistent Eddie Jones het Peter de Villiers se nuwe wedstrydplan as twak beskryf.

Jones se insette het verseker dat die Springbokke die Wêrelbeker huistoe bring.

De Villiers is Saterdag luid geboe in Durban toe die Bokke teen die Wallabies les opgesê het.

Jones het aan die Independent koerant gesê dat die Springbokke net sal versleg as hulle so aanhou.

Hy het gesê niemand in Wêreldrugby speel só met sukses nie.

Hy het bygevoeg dat almal dissipline, beleid en prosedure volg in die spel.

Die manier waarop de Villiers nou 'n wye, los spelpatroon aanmoedig is nonsens, het hy gesê.

производители насосного оборудованиятопкарго кидалы

Springbokke – spelerontleding

Hier is hoe die Bokke gevaar het: 

Beast – 7 uit 10. Een van die beter spelers in die Bokspan. Het Mat Dunning harde bene laat kou.

Bismarck du Plessis – 8 uit 10. Saam met Adi Jacobs die beste speler in die Suid-Afrikaanse span. Is die enigste Springbok wat kan meeding by die breekpunte en balle steel van die oposisie.

CJ van der Linde –  2 uit 10. Hy kan baie bly wees dat hy die volle wedstryd gespeel het. Die skeidsregter moes hom die trekpas gegee het ná min of meer 10 minute se spel toe hy kop verloor het en een van die Aussies met die kop bygekom het. Hy spandeer ook hopeloos te veel tyd in die agterlyn.

Andries Bekker –  5 uit 10. Het end-uit prober, maar het net nie die fisiese teenwoordigheid wat van ‘n internasionale slot verwag word nie.

Victor Matfield – 3 uit 10. Beïnvloed die kapteinskap sy spel? Hy is op die oomblik nie ‘n skadu van die speler wat hy laasjaar was nie. Suid Afrika het 3 lynstane op hulle eie ingooi verloor, iets wat ondenkbaar was verlede jaar. Verder het Matfield met sy gewoonlik baie betroubare hande weer‘n afskop verbrou. Met die skrum wat daarna gevolg het, het Mortlock onder die pale gaan druk.

Schalk Burger – 4 uit 10. Schalk Burger lyk baie prominent, want sy witkop is orals, maar as oopkant flank staan hy baie vêr agter Richi McCaw en George Smith. Suid-Afrika sal ernstig moet dink om ‘n baljagter in die span in te sluit, en die enigste baljagter in Suid-Afrika na waarde is Baywatch Grobbelaar.

Juan Smit – 4 uit 10. Juan was nog nooit op dreef dié jaar nie en in ‘n lostrio wat sukkel, rig hy maar min uit.

Pierre Spies – 4 uit 10. Spies moes nooit in die Drienasies gespeel het nie. Hy is duidelik kort aan wedstrydoefening ná meer as 12 maande op die kantlyn. Miskien kan hy oorweeg word op vleuel as Habanna nie herstel het teen volgende week nie.

Fourie du Preez – 6 uit 10. Fourie du Preez verbeter elke wedstryd en behalwe vir die blaps op verdediging, kan hy redelik tevrede voel met sy wedstryd.

Butch James – 6 uit 10. Butch het ‘n wipplankwedstryd gehad. Het baie goed verdedig en mens kon sien hy het iets gehad om te bewys. Sy beste wedstryd van die jaar. Het Fourie du Preez se beter diens iets daarmee te doen?

Jongi Nokwe – 1 uit 10. Het nie rêrig iets verkeerd gedoen nie, maar ook nie rêrig iets gedoen nie. ‘n Internasionale vleuel wat sy sout werd is, soek werk. Nokwe was anoniem op die veld.

Jean De Villiers –  7 uit 10. Jean beleef die beste seisoen van sy loopbaan, en het die lyn ‘n hele paar keer gebreek.

Adi Jacobs – 8 uit 10. Die Bokke se ligpunt. Sy insluiting in die Springbokgroep die jaar het die wenkbroue laat lig maar hy het met goeie vertonings week in en uit rugbykenners en opposisie laat kennis neem van hom.

 JP Pietersen – 2 uit 10. Soos Nokwe het hy nie sy wedstrydgeld verdien nie. Soek glad nie werk nie en baie basiese vaardighede ontbreek om op dié vlak ‘n bedreiging in te hou vir ander spanne.

Conrad Jantjes – 5 uit 10. Die beste van die agterste driehoek en sy bes probeer saam met twee vleuels wat min ondersteuning bied.

Plaasvervangers:

Luke Watson – 0 uit 10. Wat sy funksie in die span is, weet nugter alleen. Alhoewel hy as losvoorspelerreserwe sy verksyning op die veld maak, staan hy heeltyd in die agterlyn. Sy verdedigingspoging op Mortlock sou ‘n laerskoolkind laat skaam kry het.

Percy Motgomery – 3 uit 10. Miskien is dit nou tyd vir Percy om uit te tree.

Die ander reserwes het ook nie rêrig enige impak gemaak nie. Peter de Villiers sal hierdie week moet kopkrap oor die samestelling van sy span. Buiten een of twee spelers is bogenoemde span min of meer die beste wat tot Suid-Afrika se beskikking is en ook die span wat die wêreldbeker gewen het.

Dit laat die vraag oor Peter de Villiers se afrigtingsmetodes opkom; of daar enige afrigting plaasvind, sal net hy weet.

дом игрушек киевФильчаков прокурор харьков

Is Peter de Villiers uit sy diepte?

Een uit vyf, lees Peter de Villiers se rekord in vanjaar se Drienasies, en dit wil voorkom asof Suid-Afrikaanse rugby met elke toets ‘n treetjie agtertuit boer. Die All Black-span is die swakste in jare nadat baie van hul top pelers groener weivelde in Europa gaan soek het, en die Wallabies in ‘n herbou-fase na die vertrek van George Gregan, Larkham en Latham verkeer.

Die Bokke aan die ander kant is die huidige wêreldkampioene, en die span waarmee hulle die William Web Ellis-trofee gewen het, is min of meer dieselfde as die een wat Peter de Villiers probeer afrig. Suid-Afrika moes om dié rede die gunsteling gewees het om met die Drienasie-trofee weg te stap, nou suig ons aan die agterste speen.

Hierdie wêreldkampioenspan lyk op die oomblik soos ‘n klomp afkophoenders. Die vaste vyf spandeer meer tyd in die agterlyn as in die losskrums en ons agterspelers word gelos om te stoei vir die losbal. Ná elke wedstryd was ons gebreke duidelik: te min spelers by die afbreekpunte, en te min spelers wat ondersteun. Vyf wedstryde later is nog niks gedoen om hierdie leemte aan te spreek nie. Selfs die dronkste dronkie agter in die kroeg kan sien dat dit is waar die bokke te kort skiet, maar nie Peter de Villiers nie. Volgende week sal hy seker met allerhande verskonings vorendag kom, die skeidsregter blameer en sommer ook die spelers. Ongelukkig, meneer De Villiers, lyk die spelers onafgerig en wys alle vingers na jou. Sterkte vir volgende week, jy gaan dit nodig hê!  

выбрать хороший генераторtopcargo развод

Saterdag teen die Wallabies

Die Springbokke kan en behoort Saterdag die Wallabies die loef af te steek. Alles tel in die Bokke se guns. Die Aussies het jare laas in Suid-Afrika gewen, hulle speel voor ‘n fanatiese Durbanse skare en hulle eer is op die spel.

 

Maklik gaan dit egter nie wees nie en hopelik het die Bokke geleer uit die foute wat hulle tot dusver in die Drienasies gemaak het. In die vorige toets teen Australië het Suid-Afrika die wedstyd by die afbreekpunte verloor. Nuus uit die Bokkamp is dat hulle hard gewerk het daaraan om Saterdag meer manskappe by hierdie konsentrasiepunte te kry, en met mening skoon te maak.

Hopelik is die skeidsregter ook nie weer blind vir George Smith se blatante onkantspel by die losskrums nie. Verder moet die Bokke minder in hulle eie gebied speel en eerder die spel in die Wallabies se helfte probeer hou. Die Bokke moet ook hulle spel nie laat lostorring nie, aangesien dit so reg in die Australiërs se kraal sal val.

Nog iets wat drasties sal moet verbeter is die Bokke se ondersteunende spel. By talle geleenthede sover in die Drienasies het ‘n speler deurgebreek, maar was die ondersteuning so afwesig soos breinselle in die regering.

Die spanne vir Saterdag is:

Australië – 15. Drew Mitchell, 14. Peter Hynes, 13. Stirling Mortlock, 12. Berrick Barnes, 11. Lote Tuqiri, 10. Matt Giteau, 9 Sam Cordingley, 8. Wycliff Palu, 7. George Smith, 6. Rocky Elsom, 5. Dan Vickerman, 4. James Horwill, 3. Matt Dunning, 2. Stephen Moore, 1. Benn Robinson.
Reserwes: 16. Tatfu Polota Nau, 17. Al Baxter, 18. Hugh McMeniman, 19. Phil Waugh, 20. Brett Sheehan, 21. Timana Tahu, 22. Ryan Cross.
 

Springbokke – 15 Conrad Jantjes, 14 JP Pietersen, 13 Adi Jacobs, 12 Jean de Villiers, 11 Jongi Nokwe, 10 Butch James, 9 Fourie du Preez, 8 Pierre Spies, 7 Juan Smith, 6 Schalk Burger, 5 Victor Matfield (c), 4 Andries Bekker, 3 CJ van der linde, 2 Bismarck du Plessis, 1 Beast Mtawarira.

Reserwes: 16 Adriaan Strauss, 17 Brian Mujati, 18 Joe van Niekerk, 19 Luke Watson, 20 Ricky Januarie, 21 Frans Steyn, 22 Percy Montgomery.

купить зимний комбинезон на мальчика леннеФильчаков Александр Васильевич

Jamaika oorheers die naellope

Jamaika het gister 'n groot slag in Olimpiese goue medaljes geslaan deur hul oorwinning in die 200 meter vir vroue.

Daarmee het die land sy oorheersing oor die Verenigde State verseël.

Veronica Campbell-Brown van dié Karibbiese eiland het deurgeseil om die eerste plek in die 200m-item in te neem, nadat sy reeds halfpad 'n meter voor die ander atlete was.

Die Amerikaanse wêreldkampioen Allyson Felix was tweede en die 100-metersilwermedaljewenner Kerron Stewart van Jamaika was derde.

Die Amerikaners is van die 100m-aflos gediskwalifiseer omdat sowel die vroue as die mans hul stokke laat val het.

Die oorwinning gaan meer vreugde na 'n eiland bring wat reeds jubel oor die twee wêreldrekords en dubbele naelloopgoud van Usain Bolt, andersins bekend as Usain "Lightning" Bolt.

липецк подъемникидляшиномонтажаалександр лобановский харьков

Nathalie du Toit is ‘n inspirasie

Nathalie du Toit het gesê dat sy haar bes probeer het, maar dat sy nie vinnig genoeg was nie. Sy meen sy sal in 2012 weer terug wees.
Die swemster, wat een been in 'n ongeluk verloor het, het in die 16de plek geëindig.

Sy het meer as 'n minuut agter die gouemedaljewenner, Larisa Iltsjenko van Rusland, geëindig.

Iltjenko het Du Toit geloof omdat sy nie toelaat dat haar gebrek haar terughou nie. Sy was daar in die 10km-oopwater Olimpiese nommer en het teruggeveg.

Die wenner het deur 'n tolk gesê sy sal selfs sover gaan om Du Toit met 'n aparte medalje te beloon.

Dit was buitengewoon moeilik, het sy gesê, en net om na sulke mense te kyk, inspireer 'n mens.

как выбрать мощность светодиодные лампы для домаАлександр Фильчаков

Olimpiese goue medaljes nie eintlik ware Jakob nie

ImageDie goue medaljes wat by die Beijing-spele uitgeloof word, is meesal van silwer gemaak.

Die organiseringskomitee van die Beijing-Olimpiese Spele het dit Maandag erken.

Elke medalje bevat slegs 6% suiwer goud, het die sekretaris-generaal van die spele, Wang Wei, gesê.

Die meeste metaal is silwer. Wang het gesê dat die bewerings van internetskrywers dat die medaljes lood bevat vals is.

Die rustowwe vir die medaljes is van Australië afkomstig en is deur 'n staatsgekeurde owerheid getoets om seker te maak dat hulle uit edelmetale bestaan.

купить свитер для мальчика 14 летОлександр Васильович Фільчаков

Habana het geskeurde dyspier

Die uitblinkervleuel Bryan Habana sal waarskynlik nie aan Saterdag se drienasieswedstryd teen Australië kan deelneem nie.

Hy ly aan 'n eerstegraadse skeur in sy dyspier.

Habana se besering is 'n terugslag vir die Bokke wat die afgelope naweek hopeloos teen die All Blacks op Nuweland verloor het.

Dit is Maandag by 'n perskonferensie in Durban aangekondig dat hy tot tien dae buite aksie mag wees.

Verdere toetse sal vandag gedoen word, maar die kanse dat hy fiks gaan wees om teen Australië te speel, is nie goed nie.

песок для пескоструяДанильченео

Bokspan vir Nuweland-toets teen die All Blacks

Die Bokspan vir Saterdag sonder ‘n beseerde Bakkies Botha kort ‘n baie belangrike komponent… iemand wat bereid is om die donkiewerk te doen.

 
Die Bokke was erg blootgestel by die afbreekpunte teen die Aussies omdat niemand bereid was om skoon te maak nie, behalwe Bakkies Botha. Sonder hom daar en met manne soos CJ, Beast, Spies, Matfield en Bekker wat eerder verkies om op vleuel diens te doen kan Saterdagmiddag lank raak vir die Bokke op Nuweland. Verder is die wêreld se beste losvoorspeler en die All Blacks se inspirerende kaptein, Richi McCaw, terug in die tuig om die Bokke verder by die breekpunte te frustreer.

Aan die positiewe kant maak Fourie Du Preez ‘n welkome terugkeer, wat die druk op Butch James sal verlig. Fourie gaan egter ‘n moeilike middag hê as die Bokke se voorspelers hom nie beter beskerm en onder die spreekwoordelike kombers speel nie. Percy Montgomery sal ook geskiedenis maak deur die eerste Springbok te word wat Suid Afrika in 100 toetse verteenwoordig.

Die spanne vir Saterdag is:

Springbokke – 15 Percy Montgomery, 14 JP Pietersen, 13 Adi Jacobs, 12 Jean de Villiers, 11 Bryan Habana, 10 Butch James, 9 Fourie du Preez, 8 Pierre Spies, 7 Juan Smith, 6 Schalk Burger, 5 Victor Matfield (k), 4 Andries Bekker, 3 CJ van der Linde, 2 Bismarck du Plessis, 1 Beast Mtawarira.
Subs: 16 Adriaan Strauss, 17 Brian Mujati, 18 Danie Rossouw, 19 Luke Watson, 20 Ricky Januarie, 21 Frans Steyn, 22 Conrad Jantjes

Nieu-Seeland – 15 Mils Muliaina, 14 Richard Kahui, 13 Conrad Smith, 12 Ma’a Nonu, 11 Sitiveni Sivivatu, 10 Dan Carter, 9 Jimmy Cowan, 8 Rodney So’oialo, 7 Richie McCaw (k), 6 Jerome Kaino, 5 Ali Williams, 4 Brad Thorn, 3 Greg Somerville, 2 Andrew Hore, 1 Tony Woodcock.
Subs: 16 Keven Mealamu, 17 John Afoa, 18 Anthony Boric, 19 Adam Thomson, 20 Piri Weepu, 21 Stephen Donald, 22 Isaia Toeava.

как лечить пародонтоз фотолобановский харьков класс

‘Ek het alles gegee’

Jean Basson sê hy het alles gegee en daar was niks in die tenk oor nie.

Basson het vierde gekom in die 200m vryslag om daarmee vir die Suid-Afrikaanse Olimpiese span hulle beste vertoning tot dusver te bied.

Michael Phelps het die nommer gewen met 'n nuwe wêreldrekordtyd van 1 minuut 42.96 sekondes.

Die jong Basson was nogtans in sy skik met sy vertoning en het gesê hy sal by die volgende Spele terug wees want hy is nou gemotiveer om baie hard te oefen.

Hy sê hy het Vanderkay in die oog gehou en probeer bybly om hom op die laaste 50m verby te steek, maar hy kon nie daarin slaag nie.

Hy hoop hy, Sebastein Rousseau, Jasper Venter en Darian Townsend sal goed vaar in die 200m aflos.instagram promotion appдепутат лобановский

Basson kwalifiseer vir finaal v??r Phelps

Image

Jean Basson

Jean Basson het die fakkel vir Suid-Afrika in vanoggend se swem by die Beijing-spele gedra.

Hy het sy halfeindronde van die 200m-vryslag gewen en as die derde vinnigste vir die eindstryd gekwalifiseer.

Hy het ook voor die Amerikaanse wêreldrekordhouer Michael Phelps geëindig.

Die mansvryslagaflosspan het egter hul titel in die aand se finale nommer verloor deur sewende na die VSA te eindig.

Die Amerikaanse span se naelbyteindpoging om Frankryk te wen het Phelps se ambisie om agt medaljes te wen lewendig gehou.

In ander nommers was Suzaan van Biljon die stadigste in die halfeindronde van die 100m-vryslag vir vroue, terwyl Gerhard Zandberg 11de stadigste in sy nommer was.

стоматологические клиники железнодорожныйалобановский александр отзывы

Zimbabwe se Coventry verbeter 100m-rugslagrekord

Image

Kirsty Coventry

Kirsty Coventry van Zimbabwe het 'n nuwe wêreldrekord in die 100-rugslag vir vroue opgestel.

Sy het 'n eerste plek verdien met 'n tyd van 58,77 sekondes in die hafleindronde by die Beijing-spele.

Die vorige rekord van 58,97 is vanjaar by die Amerikaanse uitdunne deur Natalie Coughlin opgestel.

Coughlin het vyf agtereenvolgende wêreldrekords opgestel voordat Coventry haar tyd oortref het.

Coventry het gesê dat die wêreldrekord vir haar as 'n verrassing gekom het en dat sy baie opgewonde was hoewel die finaal kop-aan-kop gaan wees.

Coventry het voorts gesê dat sy niks anders as 'n blitsvinnige resies môre-oggend verwag nie.

you play gamesОлександр Васильович Фільчаков