Die anonieme Amerikaanse seesoldaat wat Osama bin Laden doodgeskiet het, het in ‘n onderhoud met Esquire-tydskrif vertel hoe hy drie skote na die Al-Kaïda-leier se kop gevuur het. Alhoewel besonderhede reeds in boeke en onderhoude bekend geword het, is min nog gehoor van die man wat die noodlottige skote gevuur het. Die hele span het
Geen doodstraf vir verkragters nie, sê minister
Die twee mans wat teregstaan weens die moord op Anene Booysen moenie op borg uitgelaat word nie, het Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, Dinsdag gesê. “Ons sê vandag aan die howe daar moet geen borgtog wees nie,” het sy ná die verskyning van Jonathan Davids en Johannes Kana aan joernaliste
Lees verder: Geen doodstraf vir verkragters nie, sê minister
Rekenmeester met vals note vasgevat
‘n Rekenmeester en ‘n man wat vermoedelik ‘n lid van ‘n sindikaat is wat in vervalste banknote handel dryf, is in Jabulani, Soweto, in hegtenis geneem. Ao. Kay Makhubela sê die polisie het Maandag om 19:00 na ‘n huis in die gebied gegaan om ‘n wenk op te volg. Polisiebeamptes het na bewering gesien hoe
Verbied stakings in landbou
Die onstuimigheid waarin die land tans verkeer, en die gevolglike negatiewe ekonomiese implikasies daarvan, vereis dat staatsmanskap vereis word in die Staatsrede wat pres. Jacb Zuma eerskomende Donderdag gaan lewer. Mnr. Louis Meintjes, TLU SA se President, het die vertrou uitgespreek dat mnr. Zuma hom nie gaan laat bind deur kleinlike partypolitieke standpunte nie, en
‘n Swart pous?
Pous Benedictus XVI se bedanking het gelei tot oproepe dat sy opvolger uit Afrika moet kom, die tuiste van die wêreld se vinnigste groeiende bevolking en in die voorste linies van die belangrikste kwessies wat die Rooms-Katolieke Kerk in die gesig staar. “Die wêreld is nou multi-kleur,” sê die Poolse priester Stanislaw Skuza. Ongeveer 15
SAA se waarnemende hoof geskors
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) het sy waarnemende hoof, Vuyisile Kona, geskors. “Dit is gebaseer op sekere bewerings wat onder die raad se aandag gebring is en dit is die raad se fidusiêre plig om dit te ondersoek,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. “Dit moet benadruk word dat die raad nog nie ‘n besluit
ANC gaan rekeninge van FNB skuif
Die ANC wil sy rekeninge by FNB sluit en na Postbank skuif, het die Sunday Times berig. Die besluit is in Desember tydens die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung geneem, omdat die party meer “bekostigbare” bankkostes wil betaal. Die party het gesê dit moet op voorwaarde geskied dat die staatsbeheerde bank sy banklisensie in
DA wil Mandela se visie vier
Suid-Afrika moet die herdenking van oudpres. Nelson Mandela se vrylating uit die tronk Maandag vier deur sy visie vir die land te onthou, het die DA gesê. “Ons moet nooit die wonderlike visie van die toekoms en die grondwet vergeet wat hy aan ons gegee het nie en wat vandag sy grootse nalatenskap is,” het
Die Pous se vyande haal hom in
Die aankondiging van die Pous om sy amp neer te lê, was seker te wagte, aangesien hy kwalik die mees onlangse inbreuk op sy privaatheid – sy lyfeienis wat sy persoonlike korrespondensie steel, die sogenaamde “Vatileaks” – sou kon oorleef. Sy amp is gekenmerk deur sy vermoë om baie gedugte vyande te maak. Die aankondiging
VSA verwelkom Pous se uittrede
Die Amerikaanse Raad van Rooms-Katolieke Biskoppe het pous Benedictus XVI se onverwagse besluit om sy amp neer te lê, verwelkom as “nog ‘n teken van sy sorgsaamheid vir die Kerk.” “Ons is hartseer dat hy aftree maar ons is dankbaar vir sy agt jaar van onbaatsugtige leierskap as opvolger van St Petrus,” het kardinaal Timothy
