100 Lyke van asielsoekers spoel op kus uit

Minstens 100 lyke van vermeende asielsoekers uit Afrika suid van die Sahara het Dinsdag op ’n strand naby die kusdorp Tajoura in Libië uitgespoel.

Dit is volgens berigte moontlike die naasgrootste tragedie sedert 18 April toe 850 asielsoekers aan die kus van Libië verdrink het.

Volgens die Migrant Report, ’n webblad wat berig oor kwessies oor immigrante, is besonderhede rakende die voorval nog onduidelik.

’n Woordvoerder van Libië se departement van anti-immigrasie sê hul nasionaliteit kon nog nie bevestig word nie.

Hulle is vermoedelik die slagoffers van ’n skeepswrak langs die kus van Tajoura, ’n dorp omtrent 10 km oos van die hoofstad, Tripoli.

Die lyke is na ’n hospitaal in Tripoli vervoer.

Ten minste 1 780 asielsoekers het tot dusver in die Mediterreense See verdrink in ‘n poging om Europa te bereik.

Die lyke van 12 asielsoekers is Vrydag gevind nadat die boot waarop hulle was, aan die kus van Libië omgeslaan het.

Vroeër in die week het Turkse en Griekse kuswagte ’n soektog begin na 19 Afrikane wat vermoedelik verdrink het.

Swart vlugtelinge na EU verdrink

onwettige_immigranteTientalle voornemende swart immigrante is vermoedelik dood nadat nog ‘n boot van Libië aan die Italiaanse kus gesink het, het RSG berig

Dit is die tweede voorval binne dae waar ‘n boot met vlugtelinge van Libië gesink het.

Die naweek het minstens 40 vlugtelinge aan die Libiese kus verdrink. In die jongste voorval is minstens 14 mense se liggame uit die water gehaal nadat hulle boot onderweg na Italië gesink het.

Die Italiaanse vloot sê 200 mense is gered, maar tot soveel 400 mense was op die boot.

Veral asielsoekers van Eritrea, Somalië en Sirië vlug na Italië op soek na ‘n beter lewe