Tientalle voornemende swart immigrante is vermoedelik dood nadat nog ‘n boot van Libië aan die Italiaanse kus gesink het, het RSG berig
Dit is die tweede voorval binne dae waar ‘n boot met vlugtelinge van Libië gesink het.
Die naweek het minstens 40 vlugtelinge aan die Libiese kus verdrink. In die jongste voorval is minstens 14 mense se liggame uit die water gehaal nadat hulle boot onderweg na Italië gesink het.
Die Italiaanse vloot sê 200 mense is gered, maar tot soveel 400 mense was op die boot.
Veral asielsoekers van Eritrea, Somalië en Sirië vlug na Italië op soek na ‘n beter lewe

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.