praag.co.za

Tag: beeld

  • Indi? en Rusland teken kernooreenkoms

    Die ooreenkoms is tydens 'n vergadering tussen die Indiese Eerste Minister Manmohan Singh en die besoekende Russiese President Dmitri Medwedef onderteken.

    Singh sê die ooreenkoms “dui 'n nuwe mylpaal in die geskiedenis van ons samewerking met Rusland op die gebied van kernenergie aan".

    Die ooreenkoms volg ná die voltrekking van 'n opspraakwekkende kernooreenkoms vroeër dié jaar tussen die Verenigde State en Indië wat die weg gebaan het vir kernhandel tussen Indië en ander lande.

    раскруткаДанильченко Юрий Брониславович компромат

  • SA gevangenes het beter etes as gemiddelde landsburgers

    "Dit is iets wat ons gehoor het sedert ons die Ooskaap besoek het, die voorregte van gevangenes kom sterk na vore," het Dennis Bloem, die parlement se woordvoerder vir die korrektiewedienstekomitee, gesê.

    "Die kos is beter as buite en hulle kyk heeldag televisie."

    Bloem het gesê dat hy moet saamstem dat die voorregte van gevangenes nie gesien moet word as regte nie, "tronk moet tronk wees," het hy gesê.

    Bloem en die portefeuljekomiteevoorsitter vir veiligheid en sekuriteit, Maggie Sotyu, was saam met joernaliste in Moakeng in Kroonstad waar hulle saam met die portefeuljekomitee vir justisie 'n openbare verhoor hou oor die Suid-Afrikaanse strafregstelsel.

    сканер диагностическийтопкарго

  • Brand in Houtbaai vernietig meer as 100 plakkershutte

    Tussen 150 en 200 hutte is vernietig in die brand wat omstreeks 03:00 begin het, het Goodwood se brandweeroesighouer, Paul Joseph gesê.

    Teen 06:30 was die brand onder beheer. Daar was 13 brandweerwaens op die toneel om die brand te beheer, het Joseph gesê.

    Die oorsaak van die brand en hoeveel mense beseer is, is nog onbekend, het hy gesê.

    сканер автомобильныйДанильченко Юрий Брониславович компромат

  • Dosyne klagtes van seksuele misdrywe teen onderwysers

    In sommige gevalle het onderwyser-leerlingverhoudings plaasgevind met die toestemming van die ouers, het SARO se uitvoerende hoof, Rej Brijraj, Donderdag gesê.

    "Veral waar die leerders meer volwasse leerders is vind mens dat daar 'n reëling tussen die onderwyser en die ouers is, waar daar 'n finansiële ooreenkoms is."

    "In moeilike sosio-ekonomiese toestande is daar sommige onderwysers wat sal voordeel trek uit die situasie en die arm, niksvermoedende ouers mag dan ingee, met die gedagte dat dit die belofte is vir 'n toekomstige huwelik, terwyl die onderwyser net die jong kinders vir liggaamlike gebruik uitbuit."

    Brijraj het gesê dat omtrent 80% van die gevalle manlike onderwysers is wat met vroulike studente verhoudings het. Daar was wel gevalle waar vroulike onderwyseresse met manlike studente verhoudinge gehad het, asook dieselfdegeslagverhoudings.

    Hy het gesê dat meeste van die klagtes kinders betrek wat naby graad 12 is.

    "Dit is baie ontstellend dat daar gevalle was waar die studente minderjariges was."

    Kinders so jonk as nege jaar was ook gevind in verhoudings met onderwysers, en daar was ook swangerskappe gewees.

    Hy het gesê van die 27 klagtes, was 7 onderwysers reeds skuldig bevind en van die rol geskrap. Die rol is 'n register van alle onderwysers wat wetlik toegelaat word om in die land onderwys te gee.

    Die SARO was steeds besig om die ander gevalle te ondersoek.

    Brijraj het gesê die raad volg op in klagte deur 'n reeks in-diepte ondersoeke te doen. 'n Verhoor, soortgelyk aan 'n hofsaak word dan daarna gehou voor 'n paneel onderwysers en professionele mense.

    Die raad bereik dan 'n uitslag wat aan die raad gegee word vir 'n finale besluit. Brijraj het gesê in gevalle wat bewys word, sal die raad nie huiwer om die onderwyser permanent van die rol te skrap nie, waarna die saak aan die polisie oorhandig word of die naam van die onderwyser gepubliseer word.

    Die raad het omtrent drie klagtes van seksuele misdrywe per maand gekry.

    "Daar word nie genoeg gedoen om berading vir posttraumatiese stres aan die leerders te gee nie," het hy gesê.

    Dit is absoluut verbode vir onderwysers om verhoudinge met leerders te hê. Diegene met sulke neigings behoort die beroep onmiddellik te verlaat."   

    casino free playФильчаков прокурор

  • Indi? is totaal onvoorbereid

    Dit kan Indië, 'n belangrike Amerikaanse bondgenoot en een van die groot kragte in die globale ekonomie gedurende die laaste dekade, kwesbaar laat vir meer terroristeaanvalle.

    Die land van 1,2 miljard mense het net 'n paar honderd teenterrorismebeamptes in hulle buro. Die klein, onderbetaalde polisiemag het min opleiding, min wapens en nog minder ammunisie. Die kuswag het minder as 100 bote in werkende toestand om 'n kuslyn van amper 7 000 kilometer te patrolleer.

    In die nuutste onthullings omtrent Indië se onvoorbereidheid, het snuffelhonde Woensdag 'n sak met 'n bom van amper 8 kilogram gekry. Die bom is daar gelaat deur terroriste en is later in 'n klomp sakke gebêre, het polisiebeamptes gesê. Die polisie het die bom op die toneel skadeloos gemaak en nooit die moeite gedoen om die stasie, Victoria Terminus,  te ontruim nie. Die stasie , wat ook bekend is as Chhatrapati Shivaji-terminus, is Moembaai se besigste treinstasie.

    Lank voor verlede week se aanvalle in Moembaai wat die wêreld geskok het en 173 mense gedood het, het Indiese en Westerse kollegas inligting heen en weer gestuur oor die moontlikheid van sulke aanvalle. Die Indiërs het nie oor die vermoë beskik om die belang van die inligting in te sien of daarop te gereageer nie.

    Die eindresultaat was dat 'n groep van slegs 10 aanvallers – volgens die polisie – die stad verras het op 26 November. Hulle het polisiebeamptes wat hulle teengestaan het, maklik doodgemaak en sommige van die stad se bekendste landmerke oorgeneem, terwyl die hele Indië met afgryse op televisie daarna gekyk het.

    Tonele op geslotebaantelevisiekameras het getoon hoedat polisiebeamptes van die gewapende aanvallers gevlug het saam met verskrikte burgerlikes. Altesaam 20 polisie- en kommandolede is dood. Indië het 125 polisiebeamptes vir elke 100 000 inwoners, een van die laagste verhoudings ter wêreld.

    Nadat die aanval begin het op die nag van 26 November, het dit ure geneem vir die Indiese kommando's om in Moembaai aan te kom, omdat die basis naby Delhi is, honderde kilometers ver, en omdat hulle nie 'n eie vliegtuig vir die groep het nie.

    Selfs nadat die kommando's, wat beter opgelei en bewapen is as die polisie, teen die terroriste in die Tajhotel begin optree het, het hulle oor geen vloerplan beskik nie, terwyl die terroriste die hotel se uitleg deeglik geken het.

    скейт детский купить в харьковеАлександр Фильчаков Васильевич

  • Regering se teenmisdaadstrategie is mislukking volgens verslag

    Johan Burger, 'n senior navorser, het by 'n seminaar oor die staat se reaksie op misdaad gepraat, en het volgehou dat die strategie van die staat misluk het.

    Hy het gesê dit was as gevolg van die feit dat die staat nie sosio-ekonomiese probleme soos werkloosheid, armoede, en die afwesigheid van voldoende sosiale dienste, wat beskou word as die grootste bedreiging vir nasionale sekuriteit, deel van die strategie gemaak het nie.

    "Indien daar 'n nasionale bedreiging is, hoekom nie 'n nasionale strategie nie?" het Burger gesê.

    "Dit wys dat die regering nie optree binne die terme van sy konstitusionele mandaat nie."

    Hy het gesê die teleurstellende gebrek aan vertroue, toewyding en ondersteuning om die nasionale misdaadvoorkomingsveldtog (NMV) te implementeer was sy ondergang.

    Hy het gesê dat terwyl daar 'n positiewe afwaartse neiging in misdaad was, was die daling in 2005/2006 kleiner as in 2002/2003. Dit laat geregverdigde kommer ontstaan oor hoekom dit afgeneem het, gesien in die lig dat die polisiemag gegroei het in getalle.

    Hy het wel gesê dit is nie 'n vreemde verskynsel wat uniek is aan Suid-Afrika nie. "Dit is nie net die polisie se skuld nie, en hoe gouer ons dit besef hoe beter. Dit bewys ook dat net om meer polisie aan te stel nie die probleem gaan oplos nie."

    Hy het gesê dat die polisie beweer dat die meeste moorde en sosiale kontakmisdade, wat wel afgeneem het maar steeds hoog bo die internasionale norm is, gepleeg word deur mense wat aan die slagoffers bekend is.

    Volgens die polisie, gebeur 'n redelike groot hoeveelheid van die misdade in wonings, normaalweg buite bereik van konvensionele polisiëring.

    "Dit impliseer dat die polisie baie min, indien enige iets, kan doen om dié spesifieke tipe misdaad te voorkom," het Burger in die verslag gesê.

    Die uitfasering van kommando's het ook 'n groot sekuriteitsvakuum gelaat.

    Senior navorser Henri Boshoff het gesê dit is kommerwekkend dat die kommando's toegemaak is op plekke waar daar amper geen plaasvervanger in plek was nie.

    "Landelike gebiede veral is baie kwesbaar gelaat, gesien in die lig van die belangrike rol wat kommando's gespeel het in die veiligheid en landelike beskermingsplan, wat rondom kommando's gebou is, en vir alle praktiese doeleindes nou nutteloos is."

    Hy het gesê dat in terme van die regering se beloftes om personeel te verhoog, het hulle oor die laaste 5 jaar sowat 30 000 mense aangestel.

    "Vir sover dit ander aspekte van die vervangingsbeloftes betref, het die regering direk of indirek misluk om sy beloftes na te kom," het Boshoff gesê.

    Hy het gesê dit is nie 'n geval van om weer die kommando's weer in te stel nie, maar sektorpolisiëring, wat indien dit reg toegepas word, die sekuriteitsgaping kan vul.

    Grensbeheer was nog 'n voorbeeld van "totale mislukking".     

    купить лежаки и сидения автомеханикаДанильченко Юрий Брониславович

  • SA man sterf in Rio aan hemorragiese koors

    Woordvoerder Ronnie Mamoepa het gesê die departement sal "enige hulp wat nodig is" aanbied aan die familie van die 53-jarige man. "Die Suid-Afrikaanse regering dra sy diepe meegevoel oor aan die familie en geliefdes van die oorledene, en sal die nodige konsulêre hulp verleen aan die familie in die tydperk van rou," het hy gesê.

    'n Nadoodse ondersoek is gedoen om die oorsaak van dood te probeer vasstel.

    AFP het vroeër berig dat die man Dinsdag aan hemorragiese koors oorlede is.

    Hy het klaarblyklik op 25 November siek geword, twee dae nadat hy in Brasilië aangekom het vir konferensies.

    AFP het berig dat die man simptome van koors, braking, bloed in sy urine en uitslae gehad het. Dokters het vermoed dat hy 'n arenavirus opgedoen het.

    Die arenavirus is 'n groep hoogs aansteeklike virusse, wat tipies van knaagdiere na mense oorgedra word of deur die liggaamsvloeistowwe van mense wat dit onder lede het.

    Hospitaalpersoneel wat die man behandel het, word nou gemonitor vir dié simptome.  

    Die man se liggaam sal na verwagting na Suid-Afrika teruggestuur word in 'n geseëlde metaalkis, het AFP gesê.

    Vier mense is reeds in die land oorlede aan 'n nuwe tipe arenavirus sedert Cecilia van Deventer van Zambië af na Suid-Afrika gevlieg is vir noodbehandeling in September.

    Drie vorige besoeke aan mediese fasiliteite het nie daarin geslaag om vas te stel wat haar makeer het nie.

    Ná haar dood het nog drie mense as gevolg van die virus gesterf, insluitend die paramedikus wat haar van Zambië af vergesel het, Hannes Elf, 'n verpleegster by die Morningside Medi Clinic, Gladys Mthembu en Maria Mokobung, 'n kontrak skoonmaker.

    стола подвесной светильникФильчаков прокурор харькова

  • Vertel die mense van die volksmoord

    Ongelukkig werk toorstokkies, soos baie ander dinge, nie in die Nuwe Suid-Afrika nie. Al wat kan werk, is dat elkeen van ons die werklikheid in die gesig kyk, hoe naar en sleg en grillerig en bloederig dit ook al is.

    Nou kan jy dalk vra: "Maar wat kan ék, 'n enkeling, doen?" Jy is nie so magteloos as wat jy dink nie. As jy 'n mond het, kan jy praat. As jy 'n rekenaar, 'n Internet-verbinding en vyf vingers het, kan jy met die wêreld praat. Jy kan die wêreld vertel wat hier aangaan sodat hulle nie later kan sê nie: "Maar ons het nie geweet nie …"

    Ek doen hiermee 'n beroep op elkeen wat hierdie artikel lees om die volgende webwerwe te besoek om jouself te vergewis van wat onder jou neus aan die gang is. Bring dan asseblief hierdie webwerwe onder die aandag van elkeen op jou e-poslys:

    www.stopdiemoorde.co.za

    www.plaasaanvalle.co.za

    www.plaasmoorde.com

    www.farmmurders.com

    Vra hulle om hierdie adresse na almal op húl poslyste te versprei sodat die nuus om die wêreld trek – volksmoord vind in Suid-Afrika plaas. Vra jou buitelandse kontakte om die mense daar in te lig en briewe aan die media te skryf.

    Basuin dit uit op elke forum en praatgat op die Net. Een klein stem kan 'n magtige koor word.

    Op die webwerf www.stopdiemoorde.co.za verskyn die volgende brief van 'n Nederlandse vrou:

    Renate – 21 November 2006

    Met afschuw en verbazing nam ik – Nederlandse vrouw – kennis van uw website. Deze informatie bereikt Europa en Nederland nauwelijks. Wij dachten dat dit alleen in Zimbabwe gebeurde. Ik wens u trotse Afrikaanders heel veel sterkte en kracht toe om uw prachtige land te behoeden voor toenemend geweld.

    Renate en al haar liberalistiese volksgenote wat so heftig vinger geswaai en die voortou geneem het met boikotaksies teen blankbeheerde Suid-Afrika – lig veral húlle in oor die grusame besonderhede van die nuwe "bevryde" Suid-Afrika.

    Op www.plaasaanvalle.co.za (ook op www.farmmurders.com) kan jy 'n videogreep sien van ons vorige president, gentleman-god Nelson Mandela, waar hy saam met sy kamerade sing: "We the members of MK have pledged to kill them – the ama-Bhulu (witmense)."

    'n Mens het nie veel verstand nodig om twee en twee bymekaar te tel en te besef dat die uitmoor van boere en blankes wel met die stilswyende goedkeuring van die ANC-regering geskied nie. Het hulle dan nie 'n "grondhervormingsplan" waarvolgens 'n groot persentasie van die "piepel" teen 'n sekere datum (blanke) grond gaan besit nie?

    Die boere wat (nog) nie uitgemoor is nie, word geteister (ook met die stilswyende goedkeuring van die regering) deur veediefstalle, verminking van diere, onwettige plakkers en die afbrand van oeste en weivelde.

    Die grootskeepse emigrasie van blankes vanweë die misdaadtsunami en agteruitstellende aksie pas ook so reg in die kraam van die dubbeltong-ANC. Hulle wil Suid-Afrika (eintlik die hele Afrika) tot elke prys "suiwer" van die gehate blanke waarvan hulle so afhanklik is, al dompel hulle die hele land en hul eie mense in die uiterste ellende. Dáár is nou vir jou rassehaat.

    Moet asseblief nie skaam wees om mense lastig te val met die ware en nare feite van jou land nie. Jou lewe is op die spel.

    Moet jou ook nie te veel steur aan die gebreinspoelde en naïewe slapsiele wat glo aan "transformasie", "gelykberegtiging", "demokrasie", "vrede", "vryheid" en sulke klas van Orwelliaanse Nineteen Eighty-Four doublespeak en newspeak nie. Hul oomblik van transformerende insig sal kom wanneer hulle (of hul geliefdes) die koeël of die mes of die kookwater of die wurgtou of die vlamme of die skoppe of die verkragting aan eie lyf voel.

    Ns: George Orwell se Nineteen Eighty-Four, asook Animal Farm, behoort verpligte leesstof vir elke liberalis te wees.

    модули подготовкиФильчаков прокурор харьков

  • Kerklike lewe aan die Kaap

    G.D. Scholtz skryf dat die Bybel seker selde so tot die hart en gemoed van mense gespreek het as tot die agtiende-eeuse Afrikaners. Die Bybel het die verhaal vertel van die volk Israel wat in byna soortgelyke omstandighede verkeer het: 'n volk met 'n roeping en opdrag om getrou aan God te bly te midde van vyandiggesinde nie-gelowiges. Israel moes hom van die heidene afsonder, en dikwels met die wapen teen hulle verweer; was die volk wederstrewig, is dit gestraf.

    Die beleid van die Kompanjie, onder wie se gesag die Kaapse kerk gestaan het, het van die begin af 'n bepaalde geestelike eenheid geskep. In die gebed waarmee Van Riebeeck sittings van die Politieke Raad moes open, is die begeerte verwoord dat die "ware gereformeerde Christelijke Lere" voortgeplant en verbrei mag word.

    Omdat nie alle Nederlanders Protestante was nie, was daar ook Rooms-Katolieke in die klein samelewing. Die politieke raad wou hulle by die Gereformeerde Kerk laat aansluit. Met die beëindiging van immigrasie na Suid-Afrika het daar geen Katolieke bygekom nie. Dié wat daar was, het óf die land verlaat óf Protestante geword. Die feit dat die Afrikaners almal tot 'n Calvinistiese kerk behoort het, het 'n soort eenheid geskep wat moontlik sou ontbreek het as 'n deel van die volk Protestants en 'n deel Katoliek was. Wat dié geestelike eenheid bevorder het, was ook dat daar min Lutherane was, en dat laasgenoemde in die omgewing van Kaapstad gekonsentreer was.

    Die eerste gemeente was dié aan die Kaap, gestig 1665. Stellenbosch het in 1686 bygekom, en die gemeente Drakenstein, tans bekend as die Paarl, tuiste van die Hugenote, in 1691. Die klein getalle weens die beëindiging van immigrasie word weerspieël in die stadige groei van die aantal gemeentes: Roodezand (tans Tulbagh) in 1743, Zwarteland (Malmesbury) in 1745, Graaff-Reinet 1792 en Swellendam 1798.

    Die kerk het wit en bruin lidmate gehad. Dit was die gebruik van die Europese volkere dat, wanneer Oosterlinge hulle tot die Christendom bekeer, hulle in alle opsigte as gelykes behandel sou word. Dit was aan die Kaap ook die geval. A. Moorrees, 'n kerkhistorikus, skryf: "Alle lidmate het sonder onderskeid van kleur of stand aan dieselfde Nagmaalstafel aangesit. Die vraag was nie wat 'n man se kleur was nie, maar of hy al of nie lidmaat van die Christelike kerk was." Omdat almal wat Christen geword het, in die kerk opgeneem is, het die vroeë NG Kerk nie aan iets soos 'n sendingkerk gedink nie. Die meeste Protestantse kerke het eers in die agtiende eeu in die sending begin belang stel.

    001-гс/улобановский александр дети

  • Gibbs se dronkbestuursaak weer uitgestel

    Hy het Woensdag voor 'n Kaapstadse landdros verskyn, maar sy advokaat Craig Webster het gesê die verdedigingspan het verdere besonderhede nodig van die staat oor die werking van die asemanalise-apparaat.

    Webster het gesê sy instruksies was om die hele proses te bevraagteken en dat hy kundiges sal inroep.

    Landdros Ingrid Freitag het die 24ste, 25ste en 26ste Maart as verhoordatums vir die saak vasgestel.

    Gibbs is in Seepunt gearresteer op 28 Maart nadat hy afgetrek is omdat hy te vinnig gery het. Sy borgtog is verleng. 

    ТепловойОлександр Фільчаков прокурор

  • Amerikaanse motorverkope daal tot laagste vlakke sedert 1982

    Elke groot motorvervaardiger in die VSA het gister 'n jaar-tot-jaardaling van meer as 30% in verkoopsyfers getoon. Die Detroit-motorvervaardigers is die ergste getref, met GM se Amerikaanse verkope wat 41% gedaal het en Chrysler wat 47% gedaal het.

    Hulle oorsese teenstaanders het ook slegte resultate gehad. Toyota-verkope het met 34% gedaal, Nissan met 42% en Honda met 32%.

    сканерДанильченео

  • Tentoonstelling van Naomi Campbell-foto’s in Miami – al slaan sy af en toe iemand

    Die uitstalling, wat foto's van topfotograwe soos Arthur Elgort en Steven Meisel insluit, is georganiseer deur Art Photo Expo Miami.

    Dit is deel van 'n groter tentoonstelling getiteld "In Fashion Photo", wat op 7 Desember afsluit. Die tentoonstelling val saam met die internasionale kunsfees, Art Basel Miami Beach, wat van 4 Desember af oop is.

    "Ek voel baie geëerd en gevlei," het Campbell gesê waar sy deur versoeke van fotograwe gebombardeer is om te poseer. "Dit is soos my lewensverhaal."

    Sy het gesê dat sy nie 'n gunstelingfoto gehad het nie.

    "Ek was werklik bevoorreg om saam met soveel fotograwe te werk oor die laaste 22 jaar, en ek kry steeds die geleentheid om saam met hulle te werk saam met wie ek werk vandat ek 16 jaar oud is. So, ek is rêrig geseënd en baie dankbaar," het sy gesê.

    Toe sy gevra is wat sy dink die grootste mistasting oor haar is, het sy gesê dat sy nie weet nie en nie omgee nie.

    In onlangse jare het Campbell se humeur haar loopplankstappie in die nuushooftrekke geëwenaar. Sy is gevonnis tot gemeenskapsdiens en boete nadat sy skuldig gepleit het daaraan dat sy polisiemanne by Heathrow-lughawe geskop het en op hulle gespoeg en gevloek het in April.

    Verlede jaar is sy gevonnis tot 'n week se gemeenskapsdiens in New York nadat sy skuldig gepleit het op aanklag van roekelose aanranding, omdat sy haar huishoudster met 'n selfoon gegooi het.

    In 2002 het sy in Toronto skuldig gepleit op 'n aanklag van aanranding nadat sy haar assistent geslaan het.

    François Trabelsi, die organiseerder van die tentoonstelling, het gesê hy is baie tevrede met die manier waarop dinge plaasgevind het.

    "Dit is wonderlik. Ons het die beste fotograwe in die wêreld. Ons het Naomi Campbell. Ek is baie gelukkig," het hy gesê.   

    playдепутат лобановский

  • Tutu en de Klerk vra vir ondersoek na wapentransaksie

    In 'n brief wat Dinsdag per hand afgelewer by Tuynhuys afgelewer is, het Tutu en De Klerk president Motlanthe gevra om teen 10 Desember 'n kommissie aan te stel.

    Die twee het Motlanthe aangemoedig om die verwysingsraamwerk van die kommissie so op te stel om die wydste moontlike ondersoek na bedrog en ander onbehoorlike aksies toe te laat.

    Hulle het ook voorgestel dat 'n ondersoek gedoen moet word daarna om die transaksies te kanselleer en moontlik paaiemente wat reeds betaal is terug te kry.

    Die veldtog is ondersteun deur die Tutu- en De Klerkstigtings, sowel as die Helen Suzman-stigting en ander organisasies, het die koerant berig.

    Die brief, gedateer 1 Desember, is afgelewer by die president se kantore in Kaapstad deur afgetrede bankier Terry Crawford-Browne.  

    светильник настольныйФільчаков прокурор

  • Immelman soek weer ‘n wen in Nedbankuitdaagtoernooi

    Immelman (28) het die 2007-wedstryd gewen nadat hy 'n laat uitnodiging ontvang het.

    Maar minder as twee weke later moes hy onttrek aan die Suid-Afrikaanse-opetoernooi weens 'n nie-kwaadaardige longgewas wat sjirurgies verwyder moes word.

    Vier maande later het hy Tiger Woods en die res van die wêreld se topspelers geklop by die meesterskampioenskap deur heeltyd alleen of gesamentlik voor te loop in vier taai rondtes.

    Hy het sedertdien nog nie weer gewen nie en in 'n onlangse tydskrifonderhoud erken dat hy dit moeilik gevind het om weer die vlak van sy spel te lig in die maande wat gevolg het. 

    пусковое устройство для автомобиляданильченко юрій Харків