Bentley Arnage Final, die einde van ‘n era

Image

Bentley Arnafe Final

13:47:01 Die Bentley Arnage is in 1998 bekendgestel. So ‘n hele dekade van ongekende sukses het nou aan sy einde gekom. Bentley het besluit om die Arnage te begrawe deur die modelreeks te beëindig met ‘n spesiale weergawe, die “Final Series”.

Daar sal slegs 150 van die finale reeks gebou word en elk van hulle sal baie spesiaal wees. Die enjin is ‘n 368 Kw-monster van 6,75-liter met ‘n dubbelturbo-V8 wat 1000 Nm se wringkrag lewer. Daar is ‘n sesspoedoutomatieseratkas met seepgladde skakelings. ESP oftewel Elektroniese Stabiliteitbeheer sowel as banddrukmeters is standaard.

Buitekant gaan die 20-duimvyfspeekallooivellings asook verskeie kentekens wat die “Final Series” aandui die modelle onderskei. Daar is ook ‘n kristalbrandstoftenkdop en dubbele uitlaatpype. Aan die binnekant sal die voetpedale uit aluminium bestaan. Agter in die motor pryk ‘n drankkabinet wat uitgevoer is in ongekleurde beukehout.

Die eienaar kry dan ook vier spesiale Bentley-sambrele, ‘n vlekvryestaalkoffiefles en twee opvoubare piekniektafels op die koop toe. Verwyderbare agterste koppiehouers is insgelyks standaard. Die klankstelsel in die motor sit nie minder as 1100 w uit deur 10 luidsprekers nie. Daar is ook ‘n koppelstuk vir jou iPod-musiekdingetjie en ‘n inligting telsel wat Bentley die DSP-stel noem. "Digital Signal Processing" met agt modusse om jou die beste klankkwaliteit in ‘n motor te kan gee.

одежда для барбиАлександр Фильчаков Васильевич

Alonso wen in donker

19:34:11 Die formule-een-Grand Prix van Singapore was 'n nuwe ervaring vir meeste van die bestuurders, maar ná 'n hele klomp voorvalle op die

Image

Fernando Alonso

baan het die Spanjaard Fernando Alonso in sy Renault die wenstreep oorgesteek. Nico Rosberg in sy Williams en Hamilton in die Mclaren was onderskeidelik tweede en derde.

Alonso het die eerste keer sedert Italië weer op die podium gestaan. Hy het wel in die 15de plek weg gespring, maar het sy 20ste loopbaanoorwinning  2,95 sekondes vinniger as Rosberg behaal. Besoeke aan die kuipe het 'n groot rol gespeel en daar was drama in die kuipe toe Massa met die brandstofpyp nog in die motor weggetrek het.

Raikkonen het met die reling gebots met net 4 rondtes oor en Piquet het ook hard kennis gemaak met een van die relings nadat hy te vinnig uit 'n draai gekom het. Coulthard het ook met die brandstofpyp weggetrek en een van die kuipemanne onderstebo gestamp.

Nog jaers het van die baan getol en die wedren is nie minder as drie keer deur sulke voorvalle tot stilstand gebring nie. Alonso het uiteindelik geskiedenis gemaak om die eerste nagwedren ooit te wen.

или насоснаяtopcargo кидалы

Ferrari California, nuwe perd uit die Italiaanse stal

Ferrari het ‘n nuwe babatjie gekry. Die California is in egte Ferrari-tradisie niks minder as ‘n rasegte Italiaanse perd nie. Die motor is

Image

Die California met die dak op

beskikbaar as ‘n hardevoudakstrandmotor. Dit beteken nou dat hy in sy element sal wees op die straat in Kampsbaai of Plettenbergbaai.

Sy enjin is ‘n platgelid-V8 van 4,3 liter wat tot by 7500 o/min kan draai. Wat die Ferrari anders maak is dat jy twee ekstra mense kan saamry al moet hulle kinders wees en dan is hy nog die goedkoopste Ferrari ook. Sy teenstanders is die Porsche 911 en die Aston Martin Vantage. Verrigting is tipies Ferrari met ‘n 0-100 km/u van 4 sekondes en ‘n topsnelheid van amper 290km/h. Die motor word in Parys bekend gestel in Oktober en ek is seker ons sal hom binnekort plaaslik sien.

Image

California besig om bostukloos te gaan

 

декоративная штукатурка стен на кухнелобановский депутат

Bugatti Veyron GT, nuwe monster in die buurt

Is die Bugatti Veyron nie vinnig of eksklusief genoeg vir jou nie? Wel die ouens by Bugati het ‘n spesiale uitgawe van dié monster

Image

Die nuwe Veyron GT

bekendgestel. Hulle noem hom die GT en hy ontwikkel nou 980 Kw. Ja, 980, jy het reg gelees. Dit is meer as ‘n derde meer krag as die vorige Veyron.

Die topspoed van die motor is ook nie meer 402 kpu, maar 422 kpu, dit is ongelooflik. Om van rus tot 100 kpu te kom, neem nou net 2,4 sekondes en om dan van 100 kpu weer tot stilstand te kom ‘n verdere 2,2 sekondes. Ek meen hierdie ding is vinniger van 0 tot 100 en weer tot by 0 as wat dit ‘n Ferrari F430 neem om van rus tot 100 km/u te ry.

Nou, as jy een van daardie afgetrede ministers is of 'n goeie SEB-transaksie agter die rug  het en jy het ‘n Bugatti Veyron bestel, kan jy die GT-pakket as ‘n ekstra bysit. Dit is beskikbaar as ‘n opsionele ekstra by alle bestaande Veyrons. Die pakket sal van 2009 beskikbaar wees.

 

интернет магазин летней одежды для девочеклобановский александр дочь

Peugeot vat Toyota se Prius aan!

Image

Peugeot Prologue

Die Franse vervaardiger Peugeot vat nou nie net die Audi's op Le Mans aan nie, maar ook sommer Toyota op die pad. Die Prologue is ‘n splinternuwe voertuig wat net soos die Prius van Toyota 'n groen motor.

Die Prologue word in Oktober by die Franse motorskou bekendgestel. Die foto's is van die prototipe , maar gee ons ‘n goeie idee van hoe die motor gaan lyk. Dit lyk baie na ‘n mensewaentjie die. Die enjin lewer 147 kw en die CO20-gasvlakke is slegs 109 g/km terwyl beide die elektriese en brandstofenjin gebruik word. Net die elektriese motor alleen se CO2-syfer is nul.

справка 1прокурор Фильчаков

Vettel wen in Itali

Image

Sabastian Vettel

Die 21 jarige Duitser Sebastian Vettel het die formule-eenwêreld aan die brand met sy oorwinning in die Italiaanse Grand Prix. Hy is die jongste jaer nog ooit om voor in die wedren te kwalifiseer en die jongste ooit wat ‘n wedren kon wen.

Hy het van die begin af voor gejaag in sy Toro Rosso met die Ferarri-enjin. Die wedren was gekenmerk deur baie nat weer in die kwalifiserende rondte. McLaren se Lewis Hamilton het 15de weggespring en kon darem sy pad opwerk na die sewende plek aan die einde. Hamilton is nou slegs een punt voor Massa op die punteleer.

clue game online freeлобановский класс

Nuwe Porsche op pad

Image

Porsche Panamera GT

Porsche lok ons uit met die eertse amptelike beeld van sy splinternuwe Panamera Gran Turismo (GT) wat in 2010 in Suid-Afrika verwag word.

Al die jongste detail waaronder videos van versteekte prototipes op toetsbestuurders gaan op 'n toegewyde aanlyntydskrif vrygestel word. Ferrari het 'n soortgelyke roete gevolg met die onthulling van sy Kaliforniëee veranderbare hardekap.
 
Die eerste beeld van die vierdeur wys hoe die Panamera aan die res van die Porsche-familie voorgestel word. Sedert detail van die Panamera aanvanklik vrygestel is, het Porsche volgehou dat die GT nie sal toegee aan bestuursdinamika nie en dat daar genoeg ruimte vir volwassenes is om gemaklik te reis. Die volgende hoogtepunt op die Panamera-kalender is 'n advertensieveldtog wat laat in Oktober begin en meer kykies op die jongste Porsche-model sal gee.
 
Porsche het sy inset in Volkswagen uitgebrei en sy aandeel tot 35,14 % opgestoot wat hom effektiewe verkrygde beheer oor die Wolfsburg-gebaseerde groep gee. Porsche het Dinsdag die 4,89% gewone aandele verkry wat nodig is om dit meer as 35% van die stemreg in Volkswagen te gee. Die stap verseker Porsche se blywende meerderheid by VW se algemene jaarvergadering.
 
Dr Wendelin Wiedeking, bedryfshoof van Porsche sê : " Ons mikpunt is om ons inset in Volkswagen tot meer as 50% te verhoog. Vandag se stap is nog 'n mylpaal op daardie pad.  Ons sien daarna uit om ons samewerking met die bestuursraad van Volkswagen wat op 'n gees van wedersydse  vertroue gebaseer is, voort te sit en uit te brei  en ons hoop vir 'n spoedige oplossing van die konflik tussen die werknemersverteenwoordigers van Porsche en VW".
 
As resultaat van die nuwe aandeelhouerstruktuur word Porsche deur wet verplig om 'n formele mandaat aan die VW filiaal-maatskappy Audi, binne die volgende vier weke voor te lê. Volkswagen sê egter dit sal nie die aanbod van sy 99,14% van Audi-aandele aanvaar nie. Derhalwe hou die mandaataanbod slegs verband met 'n vrye vloei van 0,86%  wat ongeveer 370 000 Audi-aandele verteenwoordig.
 
Wiedeking sê hulle beskou Audi as 'n integrale deel van die Volkswagengroep en stel nie daarin belang om die maatskappy uit die groepstruktuur te verwyder nie.

психофизиологическое исследование с применением полиграфаАлександр Фильчаков прокурор

Grand Prix kan dalk na Kyalami terugkeer

ImageSuid-Afrika wil nog 'n Formule 1-Grand Prix aanbied. Volgens die Sunday Times is daar samesprekings tussen die Gautengse regering en Bernie Ecclestone oor 'n nuwe resies vanaf 2011.

Die laaste Formule 1-wedren het hier in 1993 plaasgevind.

Suid-Afrikaanse wedrenbeamptes sal teenwoordig wees by die sport se heel eerste nagwedren oor twee weke in Singapoer.
The last  Formula 1 event here took place  in 1993.

Volgens die koerant het die uitvoerende beampte in beginsel toegestem en sal 'n aanvanklike ooreenkoms teen die einde van die jaar onderteken word.

'n Woordvoerder vir Motorsport SA sê 'n plaaslike Formule 1-wedren is moontlik maar het onthul dat daar nog geen toenadering van die sport se beherende liggaam, die FIA, was nie.

оптовые цены трековые светильникилобановский класс

Drama by Belgiese Grand Prix

Image

Teleurgestelde Hamilton na Belgiese Grand Prix

Sondag se Belgiese formule-eenwedren was net so vol opwinding soos Saterdag se rugby in Durban. Felipe Massa van Ferrari, wat op die dag tweede gekom het, is as wenner van die wedren aangewys nadat beamptes Hamilton met 25 sekondes gepenaliseer het.

Hierdie ekstra tyd skuif Hamilton van wen na derde plek af. Massa en Heidfeld van BMW was onderskeidelik tweede en derde, maar skuif op na eerste en tweede met Hamilton dan derde. Hierdie 25 sekondes beteken dan ook dat Hamilton slegs met twee punte voor is op die bestuurdersleer. Daar is net 5 wedrenne oor, dus ons gaan ‘n baie interresante paar wedrenne hê.

Die rede vir die ekstra 25 sekondes was: Hamilton het  volgens die beamptes nie regmatig opgetree toe hy voor Kimi Raikkonen in gesny het nie. Kimi was afgesny en kon nie weer by Hamilton verbykom nie. Dit was 3 rondtes voor die einde. Al die druk het Kimi laat kop verloor en hy het op ‘n baie gladde baan in die muur ingery. Toyota se Timo Glock is ook 25 sekondes gegee omdat hy die Red Bull van Mark Webber onder die geel vlag verbygesteek het. Die vlag was uit nadat Kimi van die baan is. Mclaren het appèl aangeteken; ons sal moet wag en sien of dit gaan slaag.

crown free downloadФильчаков прокурор харькова

Olimpiese rygoed

Image

Mini Cooper-rieksja

Mini se bemarkingsmanne het met die briljante idee gekom om so 'n hand vol Minis op te kerf en rieksjas daarvan te maak. Hierdie was nie sommer geldmors nie; nee, dit was vir die bekendstelling van die nuwe Mini Clubman in Hong Kong. Die idee is toe voorgelê aan die Olimpiese komitee en siedaar die Olimpiese Spele in Beijing het rygoed bygekry. Hulle noem die karretjies “Rickimini's”.

 

Nuwe Hilux

Image

Toyota Hilux

Die Hilux is al meer as 30 jaar ‘n gunsteling op plaaslike paaie. Dit is een van Toyota se mees suksesvolle reekse ooit. Met al die nuwegeslagbakkies wat uit alle oorde aanland, moes die manne van Toyota ook dan so bietjie rek en trek aan die voorkoms om die ou plooie weer mooi te kry. Wel, hier is ‘n foto van die ontrimpelde Hilux. Hy is nog nie amptelik vrygestel nie, en ons weet ook nie presies wanneer Toyota Suid-Afrika dit gaan doen nie, maar kry solank lekker want hy kom vir seker. Die veranderings is gering met die kantspieëls wat herontwerp is met ingeboude rigtingaanwysers. Die voorste buffer en sierrooster is ook aangepas en hy kry splinternuwe wiele.

Audi A6

Image

Audi A 6

Audi se A6 is die topverkoper in die besigheidsklas van motors ter wêreld. Met die koms van die nuwe motors soos die Jaguar XF en Lexus GS het die ouens by Audi dit dan ook nodig geag om die A6 so bietjie op te kikker. Audi het nou die A6 se vorm in pas gebring met dié van die nuwe A4. Aanpassings aan die enjinreeks bring ook ‘n brandstofbesparing van 15% teweeg. Dit het hulle reggekry deur direkte brandstofinspuiting met klepreëling toe te pas. Audi noem die stelsel (AVS, Audi Valvelift System). Daar word gebruik gemaak van ‘n superaanjaer en ‘n nuwe 3.0-liter V6-enjin wat 213 Kw ontwikkel. Hy haal dan ook 250 kpu sommer toe-oë. Wanneer hy in Suid Afrika beskikbaar gaan wees, is nog nie bekend nie, maar  wees maar op die uitkyk as jy in die mark vir ‘n Audi is.

ремонт принтеров brother в москвеtopcargo кидалы

R14m-Bugatti

Image

Oopdak-Bugatti Veyron Grand Sport

14:18:45 Bugatti het verras deur hulle nuwe oopdakweergawe van die Veyron 16.4, die Grand Sport bekend te stel. Die motor se dak kan afhaal, nie wegvou soos ander afslaankapmotors nie, maar afhaal en bêre. Natuurlik is die res van die bakwerk versterk om voorsiening te maak vir die verlies aan struktuur van die dak. Die nuwe Bugatit sal van die begin van die somer van 2009 beskikbaar wees. Dit is nou op al die ander plekke behalwe in Suid Afrika. Teen ongeveer R14 miljoen sal ons nie gou een hulle op die plaaslike paaie sien nie.

Image

Nuwe Golf van Volkswagen

Nuwe Volkswagen Golf

Foto's van Vw se nuwe Golf, die Golf vi het so pas die lig gesien. Die motor word in Oktober tydens die Parys se motorskou bekendgestel en sal waarskynlik vroeg in volgende jaar plaaslik beskikbaar wees. Vw sê daar sal drie- en vyfdeurweergawes van die nuwe Golf beskikbaar wees, en die blitbuksweergawe in Gti-formaat sal dan ook sy verskyning maak. Dié keer met ‘n glasdak. Nou dit is goed vir Europa, maar in sonnige Suid-Afrika kan dit net 'n warm patat afgee. Vw se nuwe 1,4 liter TFSI-enjin sal ook deel wees van die nuwe Golf se enjinlys. Die enjin wat plaaslik in die Tiguan beskikbaar is, lewer 110 Kw, ongelooflik vir so ‘n klein enjintjie. Die feit dat die verplasing slegs 1,4 liter is, gee die eenheid uitstekende brandstofverbruik. Daar sal ook ‘n splinternuwe 1,6 liter TFSI-enjin met 147 Kw wees. Vir die ouens wat sportiewe Golfs wil hê, sal daar ‘n warm weergawe van die Gti en die R32 wees. Krag in beide hierdie motors sal meer wees as wat tans die geval is. Die Gti (169 Kw) en die R32 (194 KW).

Image

S? lyk die Golf van agter…

 

Mahindra Hummer?

Mahindra, die Indiese motorreus, bou al jare lank vierwielaangedrewe voertuie vir hulle plaaslike mark. Mahindra wil nou glo vir Hummer by die Amerikaners koop.  General Motors wil al lankal ontslae raak van Hummer en hierdie is dalk net die geleentheid vir hulle om ook ‘n voet in die Amerikaanse mark te kry. Daar word bespiegel dat Mahindra alreeds besig is om sowat 300 handelaars regoor Amerika te bou. Wie weet, dalk sien ons een van die dae ‘n Mahindra Hummer?

uk onlineлобановский обыск

BMW M3-ontrimpeling, die Quadski, en meer

Die BMW M3 is nog nie lank plaaslik beskikbaar nie en daar word al klaar aan sy voorkoms gestryk. Die agterliglense met

Image

BMW M3-sedan

nuwe l tipe liggies en die buffers is so effens verander. Daar is ook aan die lippie op die kattebakdeksel verander. Binne in die kajuit is die veranderings ook maar baie klein, want net die middelste luginlaatroosters en die armleuning tussen die voorste sitplekke het verander. Die aansitterknoppie is vernuwe en die luginlaatverstellingsknoppe is ook nuut. Veiligheidskenmerke wat nuut is, is die botsingsaktiewekopstute wat verhoed dat jy ernstige nekbeserings opdoen tyden ‘n botsing van agter. Daar is ook splinternuwe kleure vir die bakwerk beskikbaar bekend as Le Mans-blou en metaalgrys.

Ford Ka

Image

Ford Ka

Die Ford Ka was nog nooit ‘n mooi motor nie, maar een van die bestes in sy klas. Met die bekendstelling van al die nuwe generasie superminis, soos die manne in Europa van hierdie segment praat, moes Ford dan ook iets doen om die Ka meer aantreklik te maak. Die bekendstelling van die geheel nuwe Ford Ka gaan dan ook by die 2008 Parys motorskou in Oktober plaasvind.

Die nuwe Ka sal in Pole gebou word. Die onderstel word met die Fiat 500 gedeel. Ford en Fiat werk ook saam aan die die 1.25-liter petrol enjin, sowel as die 1.3-liter Multijet dieselenjin. Volgens Ford gaan daar later selfs ‘n kragtiger eenheid, soortgelyk aan die Fiat 500 Abarth, beskikbaar wees. Moontlik die Ford Ka RS.

Image

Gibbs Quadski – let op die wiele

Quadski

As jy nou van amfibiese voertuie wil praat, is Gibbs Technologies Bpk die ouens wat regtig weet van. Hulle word gereken as die wêreld se hoëspoed amfibiese spesialiste. Die maatskappy het so pas die Quadski bekend gestel.

Die Quadski kan tot 80 km/u haal, dit is nou op land. Dan met die druk van ‘n knoppie kan die gevaarte net so in ‘n waterponie verander. Verskeie enjingroottes sal beskikbaar wees, maar wat presies die keuses gaan wees is nog nie bekend nie. Ons kon ook nie vas stel of die Quadski wel plaaslik beskikbaar sal wees nie, maar met ons ou boerenasie wat so van die watersport hou dink ek dit sal nogal ‘n wenner wees.

Image

Nuwe Mazda 3

Mazda 3

Met die koms van die splinter nuwe Mazda 6 so ‘n maand gelede het ek gewonder wanneer die nuwe Mazda 3 sy verskyning gaan maak. Wel, hier is ‘n foto van die nuwe Mazda 3 wat binnekort die lig gaan sien. Die motor is op die onderstel van die Ford Focus gegrond en sal verseker ‘n bestuurdersmotor wees as ‘n mens na die foto kyk. Die Focus word wêreldwyd beskou as een van die motors op die pad wat die maklikste is om te beheer. Enjingroottes sal wissel tussen 1,4 liter en 2,0 liter vir die petrol modelle en 1,6 tot 2,2 liter vir die diesel weergawes. Sou ‘n mens die plaaslike situasie met diesel in ag neem, is dit onwaarskynlik dat ons meer as een diesel eenheid plaaslik sal ontvang. Dit sal dan waarskynlik eerder die kleiner 1,6 diesel wees. Daar is ook defnitief sprake van ‘n MPS-weergawe van die nuwe Mazda 3 met ongeveer 183Kw, presies soos die nuwe Ford Focus ST.

Image

Stig, alias… (in wit)

Wie is die “Stig”?

Al die ouens wat graag Top Gear kyk sal weet dat daar ‘n gemaskerde ou in ‘n wit renoorpak rondloop. Die man het nie ‘n naam nie, maar almal noem hom “Stig”. Wel, gerugte oor wie hy nou eintlik is, doen nou al baie lank die rondte. Name soos Jenson Button en Daimon Hill word genoem. Hy kon nog nooit ontmasker word nie. Ons het egter steelfoto's van hom in die hande gekry. En raai wie….Dit is Ben Collins. Hy was al ‘n keer op die program toe hy ‘n waaghalstoertjie met ‘n motor gedoen het. Nou vra jy seker, wie is Ben Collins nou eintlik? Hy is 32 jaar oud en kom van Bristol in Engeland. Hy het Nascarrenne gejaag en is een van die Top Gear-span se eie bestuurders. Die vorige “Stig” het net swart gedra en hy is toe op die einde ontmasker as formule-een-toetsbestuurder Perry McCarthy. Ons foto's het die wit “Stig“ nou sonder sy kop helm gevang en wie weet dalk wil die ouens by Top Gear hê die publiek moet weet wie die “Stig” regtig is…

печилобановский супермаркет класс

Hongarye behoort aan Finland

Image

Kovalaien (links) en Glock op die podium in Boedapest

Hamilton was die hele week die gunsteling om die Hongaarse Grand Prix te wen. Maar hy het in die 41ste  rondte skielik ‘n pap wiel gekry en het teruggesak na die 10de plek.

In hierdie stadium het die Ferrari van Massa die toon aangegee. Kovalainen het nie bes gegee nie en het deur die veld gevleg om uiteindelik agter Massa te jaag. Die druk van agter was egter te groot vir die Ferrari se enjin en in die 67ste rondte het die Ferrari genoeg gehad.

Kovalainen het sy kans gebruik en die voortou geneem om die wedren oplaas te wen. Die oorblywende Ferrari van Raikkonen het derde geëindig. Hierdie oorwinning vir Kovalainen kom slegs drie dae nadat sy kontrak met Mclaren vir nog ‘n seisoen verleng is. Kovalainen is nie net meer Hamilton se adjudant nie, maar word nou as sy spanmaat geag.

Toyota se Timo Glock het die wedren van sy lewe gehad om Raikkonen weg te hou van die tweede plek af. Alonso in sy Renault het vierde geëindig na Raikkonen en net-net daarin geslaag om Hamilton se vlieënde Mclaren in die vyfde plek te hou.

Hamilton (62) is nog steeds voor op die punteleer vir bestuurders, met Raikkonen op 57 en Massa op 54. Ferrari is die voorloper wat die vervaardigerstitel betref.


купить шапку для девочки на веснуОлександр Фільчаков прокурор

Hyundai se antwoord op die brandstofkrisis

10:20:51 Hyundai het groot planne met die motortjie wat die Getz gaan vervang. Die motor sal die i20 genoem word. Aanhangers van Hyundai kan maar begin nader skuif, die i20 gaan in die helfte van 2009 sy verskyning maak en sal dalk moontlik kort daarna plaaslik beskikbaar wees.

Die i20 se enjin word die Kappa-enjin genoem. Dit is nou wel net ‘n 1,2-litereenheid, maar gaan 60 KW en 115 NM te lewer. Die enjin is oor ‘n tydperk van 48 maande ontwikkel spesifiek met die doel om die meeste uit elke druppel brandstof te tap en die beperking wat deur die Euro 4-riglyne bepaal word te haal. Brandstofverbruik is ‘n skrale 5 liter/100km en die CO2-gasse is slegs 119g per km, baie indrukwekkend. Die feit dat hierdie Kappa-enjin slegs 82,4 kg weeg, dra tot die goeie verbruiksyfers by.

SLK met 'n glasdak

Gaan Mercedes die nuwe SLK met sy glasdak een van die dae bekendstel? Wel, die motor is ‘n ruk terug tydens die Europese winter opgemerk waar die manne van Mercedes hom getoets het. Nou onlangs is hy weer in die woestyn in Amerika opgemerk, waarskynlik om hoë temperature te toets. Net die tyd sal leer.

Audi R8 V10

Image

Audi R8 V10

Audi het uiteindelik besluit om ‘n V10-weergawe van hulle R8 te bou. Die feit dat die enjin baie hoog kan luier, bevestig dat hierdie nie die V10-dubbelturboenjin van die RS6 is nie. Die enjin is geheel nuut met sowat 368 Kw onder jou regtervoet. Die nuwe Audi R8 V10 sal van 2009 af in regterhandstuur gebou word en wie weet, dalk sien ons hom nog plaaslik voor die aanbreek van die sokkerwêreldbeker.

Lamborghini verklaar groot winste

Die manne van Lamborghini spog al te lekker dat hulle die sukkelende supermotor se winste met ‘n derde verbeter het. Hulle skryf die sukses toe aan beter produkte, groter winsgrense en natuurlik hoër verkoopsyfers. Die Lamborghini Gallardo is dan ook die maatskappy se topverkoper. Die nuwe Batman-fliek het ook bygedra tot die verkoopsyfers. Hierin speel die bekende Christian Bale die rol van Bruce Wayne wat met ‘n  Murcielago LP640 rondrits. Lamborghini se winste het op 35 miljoen euro’s oftewel R350 miljoen vir die eerste helfte van 2008 te staan gekom.  Dit is net kort van die 47 miljoen euro’s wat alle verkoopsrekords in 2007 laat spat het. Lamborghini het 1309 motors tot dusver vir 2008 gebou. Dit is sowat 5,6 persent meer as in 2007.

Jaguar XFR

Image

Jaguar XFR: 3,8 sek. van 0-100, maar topspoed beperk tot 250

Ek het gewonder wanneer gaan Jaguar die warmer weergawe van sy XF loslaat. Wel, hier is hy nou, die XFR, met nie minder nie as 368 KW uit sy 5.0-liter-V8 met superaanjaer. Die super-Jag is gemik om  teen motors soos die BMW M5 en Mercedes E63 AMG mee te ding. Klein veranderings aan die wielboë en kantskorte en laer vering laat die kat uit die sak. Voorlangs is die luginlate groter en daar is ook ‘n kragbult op die enjinkap. Jaguar gee verrigtingsyfers van 3,9 sekondes van 0-100km/h aan, en ja 3,9 sekondes, jy lees reg. Die topsnelheid is soos van ouds by 250 kpu beperk. Daar is ook ‘n nuwe wieltolbeheerstelsel wat al daardie krag sal moet dophou. Die XFR word tydens die Franse Motorskou in Oktober bekendgemaak.

Renault Alpine-sportmotor

Image

Nuwe Renault Alpine

Onthou u nog die Renault Alpine-sportmotortjies van die sewentigerjare? Wel, Renault het besluit om die sportmotornismark weer vierkantig aan te vat met ‘n motor wat gegrond sal wees op die Nissan 350Z. Aangesien daar al klaar ‘n samewerkingsooreenkoms tussen Nissan en Renault bestaan, kan hierdie net ‘n sukses wees. Beide se reeks deel verskeie onderstelle en ander tegnologie. Niks is nog bevestig nie, maar so 'n motor kan so vroeg as 2010 al hier wees.

мойка оборудованияалександр лобановский супермаркет класс