Prof. Jonathan Jansen het Donderdag by ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal van volgende jaar af eerstejaarkoshuise dwing om te transformeer.
“En ek wil nie kak hoor van kulturele verskille nie,” het hy gesê.
Die koshuise sal 50% wit en 50% swart wees en na verwagting sal 'n raadsbesluit binnekort hieroor geneem word. Ontgroening gaan ook afgeskaf word.
Volgens Jansen is die UV steeds een van die mees gesegregeerde kampusse en die verskillende rasgroepe meng nie na wense nie.
Jansen het aangedui dat hy graag die verandering teen ’n baie vinnige tempo wil sien gebeur en dat hy nie nog ’n jaar van "apartheid" gaan duld nie.
Nie net eerstejaars nie, maar meer senior studente gaan ook onder dwang van die universiteitsowerheid integreer, volgens die nuwe rektor.
Jansen het gesê hy, as leiersfiguur, tree in belang van die universiteit en die land op en bygevoeg dat studente wat nie daarmee gediend is nie, 'n ander heenkome kan soek.
Hy het ook gesê dat Afrikaanse en Engelse klasse tot segregasie bydra en voorgestel dat studente albei klasse bywoon.
Van dosente sal verwag word om vlot in albei tale te wees.
лайт люстрыФільчаков Олександр Васильович