Duisende by Zuma-uitspraak verwag

Honderde van Jacob Zuma se ondersteuners word vanmore buite die Pietermaritzburgse Hooggeregshof verwag, al singende en toitoiënde.

Regter Chris Nicholson sal vandag die uitspraak lewer of Zuma vervolg behoort, aldan nie.

Duisende ondersteuners word buite die hof verwag vir nuus oor die uitspraak later hoewel 'n ligte motreëntjie en 'n bewolkte hemel hul geesdrif mag demp.

Die swaar bewapende polisie sê dat hulle gereedmaak vir 'n skare van 15 000.

Liedjies oor Zuma is oor 'n klankstelsel gespeel en TV-kameraspanne, fotograwe en joernaliste het buite die hofgebou stelling ingeneem.

Die polisie hou die situasie fyn dop en paaie rondom die hof is afgesper.

воронеж подъемникиtopcargo отзывы

Skikking in Zimbabwe

Berigte uit Zimbabwe lui dat 'n skikking bereik is en daar word gepraat van 'n beloning van R14,5 miljard wat die land binne enkele dae vanuit die Weste gaan bereik.

Daar sal 'n regering van nasionale eenheid wees met Robert Mugabe as staatspresident en Morgan Tsvangirai as uitvoerende eerste minister.

Die regering sal ook twee adjunkpresidente en twee adjunk-eersteministers bevat. Mugabe sal sy huidige twee adjunkte, Joyce Mujuru en Joseph Msika, behou terwyl Tsvangirai een van die twee adjunk-eersteministers sal aanstel met die ander wat van Arthur Mutambara se splintergroep van die Beweging vir Demokratiese Verandering afkomstig sal wees.

Mbeki het die aankondiging in Harare gemaak en al drie partye, ook dié van Arthur Mutambara se wegbreekfaksie, vir hul samewerking geprys.

Mbeki het die hoop uitgespreek dat die wêreld die ooreenkoms sal steun en dadelik sal begin help met stappe om die mense se nood in Zimbabwe te verlig. Suid-Afrika sal alles in sy vermoë doen om onmiddellike gevolg te gee aan planne om ekonomiese herstel in Zimbabwe te bewerkstellig.

дитячи велосипедиtopcargo кидалы

Annan wil bemiddel oor die Zimbabwiese dooiepunt

Image

Kofi Annan

Kofi Annan, die voormalige VN-sekretaris-generaal het die Afrika-unie gekritiseer omdat dié nie die MDC se oorwinning in Zimbabwe in Maart bevestig het nie.

Hy sê hy is teleurgesteld met die Afrika-unie.

Annan het by 'n konferensie by die Duitse buitelandse ministerie in Berlyn gepraat.

Hy het gesê die Afrika-unie behoort die uitslag te erken het en het Mugabe 'n onwettige president genoem.

Annan het aangebied om oor die dooiepunt te bemiddel.

Vroeër vanjaar nadat die Keniaanse opposisie president Mwai Kibaki daarvan beskuldig het dat hy die verkiesing gekook het, het Annan tussenbeide getree.

настенно потолочные светильникилобановский харьков класс

Adjunkambassadeur in die VSA sterf

Suid-Afrika se adjunkambassadeur in die Verenigde State is in Pretoria oorlede.

Die ministerie van buitelandse sake het Donderdag gesê dat Derrick Moyo Woensdag in die Louis Pasteur-hospitaal oorlede is.

Moyo het 'n lang tyd in ballingskap deurgebring voordat hy in 1995 in die departement van buitelandse sake aangestel is.

Hy het in Kanada en Brasilië diens gedoen voordat hy die pos van adjunk by die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington DC aanvaar het.

Moyo was ook gemoeid met die VN se Algemene Vergadering en Veiligheidsraad.

Hy het kursusse in die diplomasie by die Georgetown en Howard-universiteite in die VSA, asook Indië se Buitelandse diensinstituut in Nieu-Delhi voltooi.

ла ла лупси игрыОлександр Васильович Фільчаков

Straatnaamveranderings in Pretoria

Minstens 27 strate in Pretroria gaan waarskynlik nuwe name kry om 'n "meer inklusiewe" hoofstad te skep.

 Die publiek sal sy mening kan lug wanneer Pretoria se Metroraad die nuwe name aanstaande maand oorweeg. Die Speaker van die raad sê die nuwe name wat voorgestel is moet die stad se verskeidenheid refklekteer.

Veral Afrikaanse straatname word vir verandering geteiken, soos die volgende:  Pretorius, Schoeman, Van der Walt, Andries, DF Malan, Prinsloo, Gen Louis Botha, Skinner, Kerk, Leah Mangope, Lucas Mangope, Jacob Maré Walker/Charles, Kongingin Wilhelmina Ave, Mears/Beatrix/Voortrekker, Hendrik Verwoerd, Hans Strydom, Mitchell, Esselen, Vermeulen, Schubart, Potgieter, Paul Kruger, Proes, Michael Brink, Duncan and Zambezi.

Sommige van die geïdentifiseerde strate kan dalk hulle name behou as genoeg inwoners wil hê dit moet behoue bly. Intussen het Duban se inwoners uiting aan hulle woede oor die verandering van straattekens gegee deur dit te skend. Die munisipaliteit dreig nou om die ou tekens wat vir 'n tydlank langs die nuwe tekens pryk te verwyder.  

free live chatОлександр Фільчаков прокурор

Metaangas uit menslike afval

'n Stad in Texas lei die wêreld in die gebruik van dié goed wat in die toilet afspoel om kragstasies aan die gang te hou.

San Antonio is die eerste stad in die VSA om metaangas uit menslike afval op kommersiële skaal te oes en dit in 'n skoon brandstof om te skakel.
 
Inwoners van San Antonio produseer jaarliks ongeveer 140 duisend ton van dié substansie wat delikaat na verwys word as bio-vastestowwe.
 
Metaangas is die vernaamste neweproduk van menslike afval.

Dit kan maklik tot natuurlike gas verwerk word om kragstasies te voorsien.
 
San Antonio gaan nou meer as 90 persent van materiaal wat deur toilette en wasbakke afgespoel word, herwin.

Die vloeistof word vir besproeiing gebruik terwyl kompos van die soliede afval gemaak word.

Metaangas sal sodoende vir kragopwekking herwin word.online slotsтопкарго развод

Polisie ontdek perlemoenfabriek naby Bloemfontein

Image

Perlemoen

Die polisie het omtrent 920 kilogram perlemoen gister gekonfiskeer tydens 'n klopjag op 'n kleinhoewe naby Bloemfontein.

'n Woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, kaptein Elsa Gerber, het gesê dat die polisie drie mense in hegtenis geneem het.

Die polisie het 'n goed toegeruste eiendom vir perlemoenverwerking ontdek ná 'n wenk.

Die drie mans wat in hegtenis geneem is kon nie enige identifikasiedokument verskaf nie.

Ondersoekbeamptes was nie in staat om met die verdagtes te kommunikeer nie weens 'n taalprobleem.

Na verwagting sal die drie binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

пазла для детейАлександр Фильчаков Васильевич

Polisieman gevonnis vir bewysdiefstal

'n Mpumalanga polisieman is gevonnis tot 18 maande tronkstraf vir die diefstal van 'n bewysstuk uit die Amersfoort polisiestasie.

Die hof het bevind dat die 32-jaar oue konstabel Jabulani Shakwane skuldig is aan die diefstal van 'n vragmotorband.

Die band sou gebruik word as bewysstuk in 'n saak wat tans vooor die hof dien.

Shakwane het dit vir R500 aan 'n party in die saak verkoop.

Dit is nie die eerste keer dat bewysstukke uit die stasie se stoorkamer gesteel word nie.игрушки детскиеДанильченко

Universiteit van Kaapstad verdedig rassekwotas by mediese studie

Die Universiteit van Kaapstad het sy skewe rassetoelatingsbeleid verdedig en gesê dit is bedoel om onderwysgeleenthede aan 'n volle spektrum van studente te verskaf en om ongelykhede uit die verlede uit te skakel.

Die universiteit het erken dat verskillende rasse verskillende matriekpunte moet behaal vir toelating tot mediese studie. Blanke studente moet 'n 91%-gemiddeld behaal en Indiërs 88%. Hierteenoor hoef kleurlinge slegs 78% te behaal en swartes 74%.

Die Vryheidsfront Plus het 'n memorandum aan die universiteit oorhandig waarin beswaar gemaak word teen die beleid wat openlik op grond van ras teen studente diskrimineer.

Die party het ook `n klagte by die Menseregtekommissie ingedien, maar het tot op datum nie terugvoer ontvang nie.

купить гидроаккумулятор 100 литровФильчаков прокурор харькова

EU ondersteun NAVO, Obama

Europese ondersteuning vir NAVO het toegeneem die afgelope jaar, selfs nog voor die Georgiese inval in Suid-Ossetië.

Die jaarlikse Transatlantic Trends ondersoek wys dat 47% ook dink dat verhoudinge met die VSA sal verbeter indien Barack Obama in November wen.

Net 11 % Eurpeërs glo dit sal beter raak as John McCain die Amerikaanse verkiesing wen. Die lae dunk wat in Europa heers jeens Bush en die Republikeinse Party en wat sedert die 2003 Amerikaanse inval in Irak heers, is merendeels onveranderd.

Byna 57% van EU-burgers het saamgestem dat NAVO onontbeerlik vir lande se veiligheid is. In 2007 het 53% so gedink. Veral in Spanje met 11%, en Frankryk en Duitsland onderskeidelik met 7% elk, het NAVO-steun beduidend toegeneem.

Volgens Kurt Volker, die VSA se ambassadeur by NAVO, hou die publiek van humanitêre ingryping, anti-dwelmmaatreëls, maatskaplike en sosiale opheffing en die veldtog teen die Taliban.

Kenners betrokke by die opname wat deur die Duits-Amerikaanse Marshall Fund en Compagnia di San Paolo in Italië onderneem is, sê hulle glo die steun sal verder toeneem.

Dit is egter opvallend dat net 43% van Europese inwoners 'n oorlog teen die Taliban steun, terwyl 76% van Amerikaners so voel.

Wat Obama betref is hy gewilder in Nederland en Frankryk as tuis, met 85% steun in daardie lande.

Turkye het vir 'n opskudding gesorg in die ondersoek. Byna die helfte van Turke glo dat hulle land alleen in internasionale aangeleenthede moet optree en net 20% dink wil met die EU saamwerk. 'n Skrale 3% wou graag met die VSA saamwerk. Byna die helfte van Turkye sowel as die EU glo dat hulle verskillende waardes deel.

игри для дэвочэклобановский политик