Talle dood in aardbewing aan grens van Sjina

Noodhulpbeamptes in die voormalige Sowjetrepubliek sê minstens 70 mense is dood in 'n sterk aardbewing wat Kirgistan naby die grens van Sjina getref het.

Die adjunknoodsituasieminister, Toerabek Dzjoenetjalijef sê volgens die jongste syfers is 70 mense in die suide dood en meer as 80 moes dringend hospitaalbehandeling kry terwyl 128 huise verwoes is. Die omvang van die aardbewing wat die afgesonderde Alaiski-distrik van suidelike Kirgistan Sondagaand getref het, het 6,6 geregistreer. Die verwoesting was gekonsentreer op Noera, 'n dorpie met 950 inwoners naby die Sjinese grens.       

іграшки купитиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Lasbrief uit vir burgemeester wat dronk bestuur

Die landdroshof op George het ‘n lasbrief vir die arrestasie van die Eden-munisipaliteit se burgemeester, Adolph "Rudi” Laws uitgereik.

Volgens die SAUK het Laws Maandag versuim om by die hof te verskyn op aanklagte van dronkbestuur.

Laws het na bewering die oortreding, waarin 2 mense beseer is, op 5 April vanjaar begaan.

Die polisiewoordvoerder, inspekteur Dolly Subramoney, het aan die SAUK gesê dat Laws twee weke het om te verduidelik waarom hy afwesig was.

Indien hy nie binne dié tyd sou reageer nie, word die lasbrief geaktiveer wat sal lei tot inhegtenisname.       

детский интернет магазин харьковАлександр Фильчаков прокурор

Ekonomiese krisis tref Europa

Lande in Europa het Sondagnag geskarrel om 'n dreigende kredietkrisis wat banke kan laat ineenstort, af te weer. Die Amerikaanse ekonomiese afswaai het nou Europa en Asië met alle mag getref.

Die Duitse regering het aangekondig dat hulle alle privaatspaargeld sal waarborg in die hoop dat senuweeagtige bankklante nie hulle deposito's sal onttrek nie. Nuus dat die Duitse Hypo Eiendomsbank deur die regering ondersteun sal moet word en dat Fortisbank in België, wat takke feitlik oral het, bankrot is, het skokgolwe deur die EU gestuur. Fortis het 'n week gelede 11,2 miljard euro saam van Nederland, België en Luxemburg ontvang maar moes ten spyte van die hulp hulle deure sluit.

Die Europese Sentrale Bank het verlede week drastiese stappe geneem om geld aan banke beskikbaar te stel soos wat die krisis nadergesnel het, maar het probreer om rentekoerse dieselfde te hou. Hulle het egter Donderdag aangekondig dat rentekoerse verlaag sal word. Die stappe het spaarders nie gerusgestel nie en aandelemarkte het swakker as in die VSA gevaar.

In Berlyn het Kanselier Angela Merkel en minister van Finansies, Peer Steinbrück,  op TV verskyn om te belowe dat die regering alle spaargeld sal waarborg, maar dit was nie duidelik watter wetgewing aangepas sal moet word om die belofte gestand te doen nie. Merkel het woede teen internasionale bankiers wat die publiek se geld gebruik om hulle eie risiko's te dek, probeer besweer deur te belowe dat daar met hulle afgereken sal word.

баня турецкаяДанильченко Харьков

Britte ‘kan nie oorlog in Afghanistan wen nie’

'n Hoofbevelvoerder van die Britse leër sê die oorlog in Afghanistan kan nie gewen word nie en samewerking met die Taliban mag 'n langtermynoplossing vir die land wees.

Brigadier Mark Carleton-Smith het aan die Britse Sunday Times gesê: "Ons kan nie die oorlog wen nie." Hy het verduidelik dat dit gaan om die insurgensie na 'n vlak te bring waar die Afghaanse weermag dit kan beheer, maar daar sal in die platteland voortslepende onrus wees.

As die Taliban tafel toe kom om te onderhandel oor 'n politieke skikking, dink hy dit sal die insurgensie opklaar. Alhoewel Brittanje as deel van NAVO 'n bloedige veldtog teen die Taliban voer, het Britse amptenare aangedui dat hulle die Taliban wil oorreed om hulle wapens neer te lê.

Die Britse regering het ontken dat hulle sending na Afghanistan is mislukking is nadat 'n Franse koerant berig het dat die Britse ambassadeur na Kaboel gesê het dat buitelanse troepe se teenwoordigheid die probleem vererger.

Die Franse weekblad, Le Canard Enchaine, het verlede Woensdag kommunikasie tussen die Britse ambassadeur Sherard Cowper-Coles en 'n Franse amptenaar Francois Fitou gelek. Daarin sê Cowper-Coles dat Afghanistan dalk beter sal vaar met 'n "aanvaarbare diktator".

'n Diktator, sê hy, sal die "enigste realistiese oplossing wees" en hulle behoort die "openbare mening te kry om dit te aanvaar". Die Britse ambassadeur kritiseer ook die VSA daarin omdat hulle nog troepe na Afghanistan wil stuur. Hy voel dat die kandidate sterk afgeraai moet word om verder in die land in te meng.

Die kommunikasie dateer van 2 September 2008. President Nicolas Sarkozy en Buitelandse minister Bernard Kouchner het albei afskrifte van die diplomatieke telegram ontvang.

раскрутка сайтаДанильченео

Man van Erasmia ontvoer

 'n 27-jarige Egiptenaar is Sondagaand in Erasmia, naby Pretoria, ontvoer.

'n Polisiewoordvoerder kaptein Bonginkosi Msimango het gesê 'n groep van vyf mans, wat met 'n vuurwapen en vier messe gewapen was, het vier Egiptiese mans by hul huis omstreeks 20.00 aangeval.

 "Die verdagtes het die deur oopgedwing en het die vier gyselaar gehou terwyl hulle die huis omgekeer het. 'n Onbekende bedrag geld, 'n selfoon en ander huishoudelike goedere is geneem."

 Msimango het gesê dat die ontvoerde man ingekom het toe die rowers op die punt was om te vertrek.

 Volgens hom het hulle die man saamgeneem, in die kattebak van 'n grys 1990-Toyota Corolla gelaai wat in die garage gestaan het en gevlug.

 "Die motor se registrasienommer is LNV 857 GP. Die man en die motor is nog nie sedert die voorval gevind nie."

 Geen beserings is aangemeld nie en geen inhegtenisnames is nog uitgevoer nie.

fish partyФильчаков прокурор

Drie mense sterf aan dodelike virussiekte

ImageDrie mense is in Johannesburg dood aan 'n gevaarlike aansteeklike siekte, het die gesondheidsdepartement Sondag gesê.

"Ons verkeer in 'n toestand van hoë gereedheid ná bevestiging dat drie sterfgevalle aan 'n onbekende hoogs aansteeklike siekte te wyte is," het die departement in 'n verklaring gesê.

 Volgens die departement was die eerste pasiënt 'n vroulike Zambiër wat in 'n baie ernstige toestand verkeer het toe sy op 12 September in Suid-Afrika aangekom het.

 Sy is vir bosluiskoors en ander potensiële besmettings by die Morningside Medi-Clinic behandel.

 "Twee dae later is sy dood. Bloedmonsters is geneem en die uitslae was nie onomwonde sover dit enige spesifieke siekte betref nie, die virale hemorragiese koorssiektes inkluis."

 Die tweede pasiënt was 'n manlike Zambiese paramediese beampte wat die eerste pasiënt vergesel het.

 Hy is op 27 September in dieselfde hospitaal opgeneem met griepagtige simptome en vir 'n verskeidenheid infeksies behandel.

 "Sy toestand het aanvanklik verbeter maar het later teen Woensdag 1 Oktober verslag en hy die volgende dag gesterf.

 Ondersoeke na virale hemorragiese koors en ander gevaarlike aansteeklike siektes is gedoen maar die uitslae was negatief.

 'n Verpleegster by die Morningside Medi-clinic wat met die eerste pasiënt in aanraking was het met griepagtige simptome siek geraak en is agterna teen Woensdag in die Sir Albert Robinson-hospitaal aan die Wesrand opgeneem.

 "Haar toestand het Saterdag versleg en sy is vandag (Sondag) oorlede. Virale hemorragiese koors en ander gevaarlike aansteeklike siektes was negatief."

 Volgens die departement is stelsels geaktiveer om almal waarmee die oorledenes in aanraking was te monitor.

 Verpleegpersoneel en famlilielede word dopgehou vir koors en griepagtige simptome vir 'n tydperk van 21 dae.

 "Die HF Verwoerd- en Johannesburgse hospitale is op 'n hoëgereedheidsgrondslag geplaas en is reg om enige gevalle wat met dié situasie verband hou te behandel."

 Lede van die gemeenskap wat gedurende die afgelope maand in Zambië was en wat aan koors of grieagtige simptome ly, word versoek om met die naaste gesondheidsdiens vir 'n ondersoek in verbinding te tree of kan dr. Chika Asomugha by 0823301490 skakel.

или насоснаялобановский александр игоревич

Boesak bedank uit sy kerk

Allan Boesak het uitgeloop uit die Verenigde Gereformeerde Kerk. Volgens die SABC het hy uit al sy poste bedank.

Image

Boesak het die aankodiging gemaak te Hammanskraal buite Pretoria, na die Kerk se bespreking oor homoseksualiteit tydens die Sinodesitting.

Boesak het uit die Belharbelydenis aangehaal om sy siening dat diskriminasie teen gays verkeerd is, te staaf. Die belydenis is in 1986 deur die NG Sendingkerk aanvaar. Een van die afgevaardigdes het hom daarna beskuldig daarvan dat hy die belydenis misbruik.

Daarna het Boesak aan die Sinodevergadering gesê dat hy in die lig van die "ernstige" aanklag teen hom al sy posisies gaan bedank. Hy is tans Moderator van die Kaapse Sinode van die Verenigde Gereformeerdes.

электрический компрессор длялобановский александр харьков

Oeganda gaan optree teen gay ‘siekte’

Minister James Nsaba Buturo, minister van Etiek en Integriteit van Oeganda, sê die toestand van sy land se morele gesondheid laat veel te wense oor. Hy het Saterdag gesê lesbianisme en homoseksualiteit is besig om soos paddastoele op te stoot. Sy regering beplan om strenger anti-gay wette in werking te stel en groter polisieoperasies van stapel te stuur teen die groeiende "siekte".

Tien jaar gelede, sê hy, het dit nie bestaan nie en nou is dit besig om oral kop uit te steek. Huwelike tussen mense van dieselfde geslag is onwettig in Oeganda. Soos die wette egter tans daar uitsien, is dit moeilik vir die gereg om oortreders aan te kla en diegene wat gevang word stap dikwels ongestoord weg. "Ons moet die skuiwergate toemaak," sê Buturo.

Die wet gaan nou aangepas word om mense wat erken dat hulle gay is, dadelik as kriminele te brandmerk. Gays in Oeganda waag dit klaarblyklik in elk geval nie om hulle voorkeure te wys nie en lewe in die skadu, omdat hulle reeds vervolging vrees.

ландшафтное освещение монтажлобановский класс

Toordokters is veilig, s? LUR

Honderde mense het die begrafnis van die 13 mense wat 'n giftige konkoksie gedrink het, naby Port Shepstone, KwaZoeloe-Natal, bygewoon ten

Image

Doodveilig…

spyte van reënweer.

Die liggame van die Mzubanes is op 21 September ontdek deur die bure wat by hulle Dingletonkaja gaan aanklop het. Een van die gestrowenes, 'n 17-jarige, was 'n toordokter-in-wording wat die familie die dodelike drankie ingegee het.

Net twee familielede het oorleef omdat hulle nie tuis was nie. Die begrafnis is by die Dingletonsportveld gehou en drie verskillende kerke het dit bygewoon. KwaZoeloe-Natal se maatskaplike sorg LUR, Meshack Radebe, wat die begrafnisgangers toegespreek het, het gesê die feit dat die gesin dood is aan 'n kruiemiddel beteken nie dat die regering gaan optree teen tradisionele genesers nie. Die regering sal nooit toordokters verbied nie, het hy die versekering gegee.

купить футболку для девочки без рисункаАлександр Фильчаков Васильевич

Naspers wen met Reitzvideo

Danksy die vier geskorsde studente se moeite met die Reitzvideo wat verlede jaar opslae gemaak het by die Universiteit van die Vrystaat het die Vodacom Journalist of the Year toekennings in Bloemfontein darem iets gehad om te prys.

Vyf uit die 11 inskrywings by die galadinee het toekennings ontvang vir berigte oor die omstrede video wat nasionaal sowel as internasionaal opslae gemaak het. Die video was 'n studentepoging om die belaglikheid van gedwonge integrasie te belig.

Vyf swart skoonmakers word onder andere ontgroen soos koshuisstudente en doen lustig mee aan al die verspotte aktiwiteite waarmee eerstejaars gewoonlik opgesaal word op die opname. Die video is gemaak in antwoord op die Universiteit se intergrasiebeleid vir koshuise wat in 2007 ingevoer is.

Volksblad se Henry Cloete het die prys vir gedrukte medium gekry, terwyl Christo van Staden die rubriekskrywerprys vir sy rubriek wat as 'n brief aan die Reitzinwoners verskyn het, ontvang het. 'n Volksbladfotograaf het ook 'n toekenning gekry vir 'n foto oor dieselfde onderwerp.

Die wenners het elk R7 500 in die sak gesteek en het deurgedring na die finaal wat op 7 November by die Sandton Sun gehou word.

зонтыАлександр Фильчаков