Riana Scheepers en die afgod van politieke korrektheid

Die eerste reaksie wat die skryfster Riana Scheepers had toe haar ouers in ‘n plaasaanval beseer is, is om te verklaar: “My ma en pa was nie twee rassiste wat in ’n wit toring gesit het nie.”

Dit herinner so effens aan die uitroep van die Engelse vrou wat in 1976 in Soweto aangeval is en uitgeroep het: “I’m English! I’m English!” Asof daar tydens rasgemotiveerde aanvalle na die taalgroep of graad van politieke korrektheid van die slagoffer gekyk word.

Tereg het haar medeskryfster, Fransi Phillips die vraag gevra of dit beteken dat alle rassiste dan die doodstraf verdien?

Ongeag wat Scheepers se bedoeling met haar uitspraak was, of dit onnadenkend of berekend gemaak is, weet ons dat blanke en veral Afrikanerslagoffers van plaasaanvalle nie soveel simpatie by joernaliste en openbare figure geniet soos byvoorbeeld bruin of swart slagoffers nie. Tans is daar ‘n hele veldtog rondom die bendeverkragting en moord op Anene Booysen van Bredasdorp aan die gang. Selfs die spotprentkunstenaar Zapiro, wat die Nuwe Suid-Afrika gewoonlik as ‘n utopie voorstel, het tot die stryd toegetree.

Indien Anene Booysen wit was, sou dit geensins soveel emosie gaande gemaak het nie. Ongelukkig is dit so dat daar vandag ‘n gees in die wêreld vaardig is wat mense van Europese afkoms as “moreel gebreklik” voorstel. Vir my word hierdie vooroordeel jeens blankes die beste opgesom deur die Amerikaans-Joodse skryfster Susan Sontag se berugte woorde:

“Mozart, Pascal, Boolean algebra, Shakespeare, parliamentary government, baroque churches, Newton, the emancipation of women, Kant, Balanchine ballets, et al. don’t redeem what this particular civilization has wrought upon the world. The white race is the cancer of human history.”

Daarom, toe Riana Scheepers kommentaar op haar ouers se plaasaanvoel moes lewer, het sy instinktief aangevoel dat sy dit as “moreel gebreklike” – as blanke – moes doen. Vandaar haar belydenis dat haar ouers nie skuldig aan die moderne melaatsheid, wit rassisme, is nie.

Dit is altyd makliker en meer gerieflik – selfs meer winsgewend! – om die heersende ideologie van jou tyd en van jou land klakkeloos te aanvaar as om dit te bevraagteken. Soveel Afrikaanse skrywers wat in 1987 by Dakar as nuttige idiote deur die ANC gebruik of misbruik is om die politieke mag in ons land te bekom, is vandag tjoepstil oor geweld. Nog minder skryf hulle oor die taal- en rassediskriminasie wat soveel van ons mense vandag kasty. Want uiteindelik word sulke skrywers nie deur hul eie gewete aangespreek nie, maar deur die bemarkingsbehoeftes van hul volgende boek en deur die stel antiblanke vooroordele van die Naspersgroep en veral van die Britse joernaliste in ons land wat steeds hul holruggeryde propaganda teen Afrikaners produseer en ons oral waar hulle kan, swartsmeer.

George Orwell, die skrywer van 1984 en Animal Farm, het gesê: “Om in ‘n tyd van universele leuens die waarheid te praat, is ‘n revolusionêre daad.” Waarskynlik was daar nog nooit ‘n land ter wêreld waar die Leuen hom so diep ingegrawe het as juis die hedendaagse Suid-Afrika nie. Vandaar ons groot behoefte aan ‘n paar waarhede, al word ons in die proses skerp aangeval deur al wat professionele leuenaar is.

Darem is Riana Scheepers van mening dat “Die land… in ’n gat van morele verrotting (is).” Dit mag so wees, maar is dit nie juis die alternatiewe moraliteit van wit skuld wat ons hier gebring het nie? Want om ‘n polities onkorrekte stelling te maak, word dikwels as ‘n groter misdaad as moord of verkragting gesien. Die skuim-om-die-mond-joernaliste en -meningsvormers kan nog die onbevlekte deeltjie van die moordenaar se hart raaksien, maar enigeen wat dit durf waag om te sê dat onderwys vóór 1994 beter was as nou, word as ‘n ketter of Middeleeuse heks gehoon.

Nie verniet nie het die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach onlangs hierdie waar woorde gespreek: “Die politieke korrektheid dwarsoor die wêreld is sieklik, multikultarisme is erger as die swart pes in die Middeleeue!”

‘n Vrou op Facebook skryf sowaar vir my dat my “pogings om ‘intellektueel’ voor te kom neem ongelukkig niks weg van die feit dat die wyse waarop Riana en haar ouers hierdie aangeleentheid hanteer hulle plaas in ‘n klas waar jy ongelukkig nooit sal pas nie”. Verstaan ek dit reg dat sy bedoel dat politieke korrektheid ook ‘n vorm van snobisme is?

In dié opsig het die ouers van Amy Biehl seker die meeste “klas” van almal gehad deur nie net die jong, swart moordenaars van hul dogter in die openbaar te vergewe nie, maar ook vir hulle deur hul stigting werk te skep en as’t ware vir hul misdaad te beloon. Die Biehls verteenwoordig die patologiese sy van wit skuld en masochisme wat swartes van alle morele aanspreeklikheid onthef.

Wat vir my verstommend is, is dat mense die geweld en onreg in ons land met soveel traak-my-nie-agtigheid verduur, dieselfde gelatendheid waarmee Linda en Peter Biehl die moord op hul dogter aanvaar het en dit selfs op ‘n perverse manier “vier”. In ou Fenisië het ouers menslike offerandes van hul eersgeborenes aan die god Baäl gebring.

Is politieke korrektheid die Baäl van ons tyd en hoeveel menselewens moet nog grusaam aan dié wrede afgod geoffer word?

Doen jou deel in die stryd teen politieke korrektheid en geweld. Dra by tot PRAAG.

Данильченко Юрий отзывы

‘n Geestesongesteldheid?

Dit is sekerlik so dat mense se eie selfbeskermingsmeganismes inskop en hul gedagtes en woorde begin lei, sodra hul begin vinger wys, maar drie vingers wys terug na hulself. Daarom verstaan ek die weerstand van sommige, teen die uitwys van die drievingerwysing na ons eie volk.

As almal egter eerlik is met hulself, sal hul besef dat ons huidige probleem en kritieke volksvryheid, oorlewing, veiligheid en voorspoed bedreiging, naamlik die NSA, hoofsaaklik tot stand gekom het, as gevolg van die meerderheid van ons eie mense se geestesonweerbaarheid:

– Ons het ‘n skoolstelsel gehad, waar kinders wat die “verkeerde” vrae sou stel, oor politiek, staatsmag, godsdiens ens, gestraf en of gebrandmerk was as belhamels. Om vir jouself te dink was dus ontmoedig! Om besluite van diegene in posisies van mag te bevraagteken, was selfs uitgekryt as… wag daarvoor… kommunisme!

– Ons het ‘n arbeidsmagstelsel gehad, wat vereis het dat jy die dominee se getuigskrif, wat jou onderhorigheid aan sy gesag bevestig het, moes wys, om ‘n werk te kry. As jy dus nie die verdraaide almal is “broers” storie ondersteun het nie, en dit laat blyk het, of laat uitglip het, was jy gedoem. So ook, het die Afrikanerkerke die NP ondersteun en sou jou kritiek teen die “owerheid”, die dominee se argwaan laat opvlam en jou getuigskrif en dus werksgeleentheid, in vlamme laat opgaan.

– Om in die staatsdiens te kon vorder, moes jy ‘n lojale en uitgesproke NP-ondersteuner wees. As jy die rooiligte in die wapad sien flikker het en dit laat blyk het, was jy gedoem.

– Die meerderheid Afrikanerhuishoudings, het hul kinders geleer dat sukses ‘n werk in die staat, of in ‘n groot maatskappy was. Entrepreneurskap was ‘n groot Nee, Nee en ontmoedig! Om te wou selfstandig wees en vir jouself te sorg, eie besluite te neem, eie baas te wees ens, was ontmoedig!

Vandag vermoed ek dat dit reeds toeka se tyd so beplan was, om te verseker dat die meerderheid Afrikaners afhanklik en dus beïnvloedbaar was deur die staat.

Wie weet of hul daardie tyd reeds so ver vooruit beplan het?

– Daar was nie internet waar jy alternatiewe insette kon kry, of jou denke met ander kon deel nie. As jy dus nuus wou lees, was jy oorgelewer aan die genade van Naspers en die SAUK se beïnvloeding, die NP se skoothondjie van destyds. Die hondjie het nou net van baas verwissel en waai sy stert vir die ANC, terwyl hy vir blankes grom.

– Ons het vandag ‘n onheilige alliansie tussen staat, media, skool en kerk, wat ons volwassenes en kinders breinspoel, om te glo dat daar niks onder die son is waaroor jy as “goeie mens” en humanis, in opstand mag kom nie.

Dat daar niks is wat jou so kan verontreg, dat jy daarteen sal wil “oorlog” maak nie.

Dat daar net een uitsondering en gruwelike euwel in die wêreld is, wat totale, irrasionele weerstand en bloedvergieting regverdig, en dit is die beweerde “misdaad”, rassisme!

As gevolg van bogenoemde beïnvloeding, het die meerderheid blanke ouers van die verlede, apaties deur hul lewens gegaan en toegelaat dat hierdie ondier wat hul kinders se individualiteit en eie denke steel en hul rasionele waarneming beswadder en kriminaliseer, lustig en listig voortknoei.

Daarom het daar mettertyd ‘n algemene lewensbenadering ontstaan, waar die meerderheid Afrikaners hul volksgenote wat vir hulself dink, self eie inligting versamel, eie opinies ontwikkel en deel, as ‘n bedreiging ervaar het. ‘n Lewensbenadering wat ten spyte van die wrede realiteite rondom ons, steeds in ‘n meerdere mate geld.

Dit noem ek geestesonweerbaarheid!

Sou die blanke staat van daardie tyd egter altyd besluite neem wat ten gunste van die volk was, dan sou hierdie afhanklike, ondenkende Afrikaners nie ‘n probleem wees nie. Maar soos ons almal weet, het die staat daardie denkgereguleerde Afrikaners misbruik in die proses van hoogverraad teen ons volk.

Vandag doen die ANC presies dieselfde en laat hierdie denkgereguleerde Afrikaners, weereens toe, dat die swart staat hierdie keer, dit met hulself en hul kinders doen.

Politieke korrektheid is byvoorbeeld ‘n aanvaarde norm by die meerderheid en dit is niks anders as brutale leuens en ‘n wanvoorstelling van realiteit nie.

Nogtans speel die meerderheid blankes die Politieke Korrektheid speletjie.

In die proses belieg, bedrieg, mislei en beïnvloed hul hulself en is hul besig om die Afrikanervolk in die kleine en die breër wit ras in die breë, te verraai en te vernietig.

‘n Rasselfmoordneiging en -beweging!

Dit is geestesongesteldheid!

En die meerderheid Afrikaners lei steeds daaraan!

внутреннее освещение помещенийдепутат лобановский

Die kanker is nie in 1989 genees nie

Vandag, twintig jaar gelede, het die Berlynmuur geval. Soos Dan Roodt dit stel, was daar nie juis groot blydskap hieroor te bespeur by die Xhosagodjie Mandela of die Slovo’s van die lewe nie. Jakes Gerwel, vandag ‘n grootkop in Naspers, het selfs ‘n traan gestort toe hy die beeldmateriaal gesien het, bid jou aan!

Dit sou naïef wees om ons te verbeel dat die kommunisme verdwyn het op daardie heuglike dag. Dit was weliswaar ‘n gevoelige slag vir daardie uitgediende en simplistiese ideologie, maar soos ‘n onkruid of kanker was dit nie so maklik om dit uit te roei nie. Die kommunisme van die gees het bloot baie meer subtiel geword, maar is vandag nog net so aktueel en kwaadaardig soos die kanker wat dit voorafgegaan het.

Vandag noem mens dieselfde kwaadaardige gewas politieke korrektheid en multikulturalisme. Uitgesonderd die meer gewelddadige aspekte van sy voorganger, het dit al die kenmerke daarvan.

Die grootste beskrywings van die kommunisme is deur iemand wat self ‘n voormalige kommunis was, George Orwell, geskryf. Sy boeke 1984 en Animal Farm is uitstekende gelykenisse vir die lewe onder die kommunisme. In die boek 1984 was Engels getransformeer (bekende woord, transformasie, nie waar nie?) na ‘n nuwe taal, Newspeak. Nie net moes die mense reg praat nie, maar ook reg dink. Dit maak nie saak of die feite die ideologie weerspreek nie, jy durf nie die verkeerde denke, wat Big Brother nie aangestaan het nie, gekoester het nie.

Politieke korrektheid en multikulturalisme is presies so verdrukkend as die Sowjet-regime. Jy kon voor 1989 na die koelak gestuur word as jy “teen-rewolusionêre” uitlatings gemaak het. Dis steeds met ons. As jy dit vandag waag om byvoorbeeld te sê dat die swart-op-wit geweldskoers buitensporig hoog is, kan jy jou eweneens in ‘n virtuele koelak bevind. Jy sal as rassis gebrandmerk word (in die ou Sowjet-Unie was jy ‘n “vyand van die rewolusie”) en jy kan maklik jou werk kwyt wees.

Durf jy protes aanteken teen die Rooi Rewolusie (in SA noem ons dié rewolusie transformasie) soos die Reitzhuis-studente, sal jy deur die hedendaagse Prawdas uitgekryt word as ‘n rassis, uit die universiteit geskop word en van crimen iniuria aangekla word. Die Rooi Wagte (in SA is hulle swart) wat op die Kovsiekampus dreig om “wit tewe” te verkrag, en op Tukkies se kampus dreig om blanke studente dood te maak, word egter toegelaat om hulle haatspraak te besig. Presies nes skrywers soos Solzhenitsyn gedemoniseer is en inderdaad geterroriseer is, word skrywers wat durf waag om afvallige opinies te huldig, deur die hedendaagse KGB geterroriseer.

Die wiel draai egter. Daar was ‘n groot heksejag in Pole en Duitsland op informante vir die gehate geheime polisie, die Stasi in Oos-Duitsland. Vandag is daardie einste informante steeds met ons; agterlike dinosourusse wat nie die vermoë het om vir hulself besluite te neem nie, diegene wat meegevoer word en gebreinspoel word deur die heersende ideologie en dus gedienstig, soos die breinlose robotjies wat hulle is, die Party se ideologie spu.

Die vraag is: hoe lank gaan dit neem voor ons onsself ook genees van die kanker van die nieu-kommunisme bekend as politieke korrektheid en multikulturalisme?

watch thunderstruck onlineДанильченко Юрий Харьков