Borgtog is Woensdag in die landdroshof in Ventersdorp aan een van Eugène Terre’Blanche se vermeende moordenaars toegestaan. Landdros Magaola Foso het borgtog van R5000 aan mnr. Chris Mahlangu toegestaan. Die sewe-en-twintigjarige Mahlangu moet voortaan twee keer per dag by die polisiekantoor in Mabopane naby Pretoria aanmeld. Familielede en vriende van die AWB-leier was hoorbaar geskok
Libiese skip draai om
n Libiese skip met noodvoorraad vir die Palestyne het in ‘n Egiptiese hawe aangekom nadat hy na ‘n waarskuwing van die Israelse vloot om van die Gasastrook af weg te bly, van rigting moes verander. Egiptiese amptenare sê die Amalthea het in El Arish, suid van die grens met Gasa aangekom en sal begin om
Nazi-Mickey is kuns sê Pole
‘n Enorme buitemuurse kunsplakkaat wat ‘n beeld van Mickey Mouse met ‘n swastika en ‘n kaal vrou se lyf bevat, maak groot opspraak in Pole, waar die herinneringe van die lyding as gevolg van die Nazi’s nog ‘n teer kwessie is. Die plakkaat, wat in Junie naby ‘n sinagoge in Poznan opgerig is, is die
Landdros vaar teen polisie uit
Die hooflanddros by die Pretoriase landdroshof het Woensdag uitgevaar teen die polisiebeamptes wat lede van die publiek deursoek het voor ‘n hofsaak. Dié voorval het plaasgevind voor die hofsaak van die vier polisiebeamptes wat daarvan verdink word dat hulle Maandag ‘n motoris doodgeskiet het. “Die hof sal besluit neem oor sulke prosedures. Die veiligheid van
Gauteng bestee R4m aan sokkerkaartjies
Die provinsie Gauteng het R4 miljoen aan 4613 kaartjies vir die sokkerwêreldbeker bestee, het die premier Nomvula Mokonyane gister laat blyk. Die besluit om die kaartjies te koop was gegrond op “die behoefte van die regering om stappe te neem om die geleentheid te bied aan inwoners van Gauteng wat nie die kaartjies kan bekostig
Obama bemark swart rassetrots
Pres. Barack Obama van die VSA het Woensdagaand in ‘n onderhoud met die SABC Suid-Afrika geprys vir die uitkoms van die Wêreldbekersokkertoernooi. Obama voel dat Suid-Afrikaners oor ‘n “buitengewone lewenskragtigheid” beskik. “Vanselfsprekend was die toernooi nie net ‘n wonderlike uitstalkas vir Suid-Afrika nie, maar vir Afrika as geheel,” het hy gesê. Hy het pres. Zuma
Afrikatroepe neem Franse hoofstad oor
Nicolas Sarkozy het Woensdag, 13 Julie in Parys, die dag voor die Franse nasionale vakansiedag, die leiers van 13 Afrika-lande verwelkom om die “sterk bande” tussen Frankryk en sy voormalige Afrika-kolonies te vier. ‘n Huldeblyk is gehou om ook die vyftigste herdenking van dié lande se onafhanklikheid van Frankryk te vier. Sarkozy het by ‘n
Zim-besetters swig voor Duitse druk
Talle ondersteuners van president Robert Mugabe het eiendom wat in ‘n Duitser se besit is, verlaat ná dreigemente dat hulp van Berlyn afgesny gaan word, het ‘n woordvoerder vir die Duitse ambassade Dinsdag gesê. Volgens omstanders is dit die eerste keer wat diplomatiese druk teen Mugabe se administrasie suksesvol uitgevoer is sedert hy ‘n revolusionêre
Iranse kernwetenskaplike duik in Washington op
‘n Iranse kernwetenskaplike wat meer as’ n jaar gelede verdwyn het, het Dinsdag geheimsinnig sy verskyning gemaak in Washington. Hy beweer hy is ontvoer, maar die Verenigde State het ontken dat hy teen sy wil aangehou word. Iran, wat in ‘n stryd met die Weste verkeer oor sy kernwapenprogram, het herhaaldelik die CIA vir die
Rigtingloos
ручной пневмоинструментданильченко юрій броніславович
