Die minister van samewerkende regering, Sicleo Shiceka, is boos omdat opposisiepartye die indruk skep dat plaaslike regerings uitmekaar val. Sickea meen dis net enkele munisipaliteite wat verbrou, en die ander se beeld skaad. Boonop meen hy munisipaliteite het veel daartoe bygedra dat besoekers aan die wêreld-sokkerbekertoernooi ‘n positiewe beeld oor die land het. Die minister
‘n Blanke ANC-kader leer op die harde manier
Dit ly geen twyfel nie dat me Mary Metcalfe, tot gister toe die direkteur-generaal van Hoër Onderwys in die Departement van Onderwys, ‘n toegewyde, bekwame, professionele en intelligente persoon is. Sy het al verskeie senior poste beklee, onder andere as ‘n professor in die Opvoedkunde op Wits. So ook is me Metcalfe ‘n jarelange getroue ANC-kader,
Swarte in hegtenis weens kinderverkragting
‘n Sestigjarige man is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy blykbaar ‘n 13-jarige meisie in Dalasile, 30 km buite Engcobo, verkrag het, het polisie in die Oos-Kaap gesê. “Die meisie was by ‘n spaza-winkel, toe sy glo deur die man bygedam is,” het die polisiewoordvoerder lt. kol. Mzukuisi Fatyela gesê. “Hy het gedreig om haar
As die pot die ketel verwyt
‘n Onlangse verkiesingsplakkaat van die studente-organisasie Sasco laat ‘n mens onwillekeurig aan die spreekwoord dink:, as die pot die ketel verwyt. Die Engelse weergawe: “The pot calls the kettle black,” is dalk meer toepaslik vir die bewoording op ‘n verkiesingsplakkaat by ‘n opvoedkundige inrigting in Kaapstad. Dit lui: A vote for SASCO is a vote
Menseregte in Zimzanië
Die mite dat Suid-Afrika in 1994 ‘n liberale demokrasie met gewaarborgde menseregte ontvang het, het die afgelope weke dermate uigerafel dat ‘n mens dom of naïef – of albei – moet wees om nog daarin te glo. Ek was oor die laaste week of twee al twee keer op Witbank om die saak rondom die
Suid-Afrikaner is (halwe) wêreldystermankampioen!
Die Suid-Afrikaner James Cunnama het gister die wêreld se ystermankampioen geword in die 70.3-wedstryd wat in Austin, Texas gehou is. Cunnama het die moordende driekamp van 70.3 myl (112 km), ook bekende as ‘n “halwe ysterman”, in ‘n tyd van 3:35:57 gewen. Deelnemers moet vervolgens 1,93 km swem, 90 km fietsry en ‘n halwe marathon
Lees verder: Suid-Afrikaner is (halwe) wêreldystermankampioen!
Ligte mistykie…
школьная одежда для девочек фотоФільчаков прокурор
Merkel erken multikulti het misluk
Die poging om van Duitsland ‘n multikulturele samelewing te maak, het misluk, sê die Duitse kanselier. Angela Merkel het Saterdag op ‘n byeenkoms in Potsdam met jongmense van haar Christendemocratische Party, die CDU, gepraat. Merkel het gesê dat Duitsland onrealisties was, deur te dink dat die gasarbeiders wat in die sestigs na die land gekom
Ratte en koning Rugby
Met die Curriebekerseisoen wat einde toe snel, is Koning Rugby skielik beleër. Presies hoe groot die opstand is vanuit die geledere van dié sport se eens tradisionele ondersteunersgeledere, is nog nie duidelik nie, maar volgens veral blogkommentare wil dit voorkom asof dit waarskynlik beduidend is. Dié kommentare het dit veral oor Afrikaners wat steeds rugbymal
Swart aanklaer lag openlik vir Ratte in hof
Met oudkommandant Willem Ratte se eerste hofverskyning op Maandag 11 Oktober het ‘n Afrikaanse vroue-aanklaer die saak hanteer en ‘n voorstel gedoen om die aangeklaagdes teen Vrydag op waarskuwing uit te laat terwyl die saak ondersoek word en hulle deur korrektiewe dienste gemonitor word. Intussen het ‘n aggressiewe swart aanklaer, Fanie Vundla, oorgeneem wat op
