Motoriste word toenemend by verkeersligte aangeval

Motoriste in Pretoria is gewaarsku om op hul  hoede te wees aangesien grypdiewe hul as informele handelaars by verkeersligte voordoen.

Volgens polisiewoordvoerder Malusi Mashiane is die meeste slagoffers van grypdiewe en motorkapings vroue.

Twee maande gelede is motoriste ook gewaarsku om op die uitkyk te wees vir grypdiewe in Nelson Mandelarylaan.

Mashiane meen dat vroue dikwels hul handsakke plaas waar misdadigers hulle kan sien en enigeen kan 'n slagoffer word. Sowel handsakke as selfone behoort buite sig, verkieslik in die bagasiebak, gehou te word.

стенды развал-схождениялобановский александр отзывы

De Klerk meen Suid-Afrika staar groot toets in die gesig

Die voormalige president, F.W. de Klerk, meen dat Suid-Afrika 'n groot toets in die gesig staar sover dit sy verbintenis tot die regstaat

Image

FW de Klerk

betref.

De Klerk het dié opmerking gisteraand voor 'n byeenkoms van die Brits-Suid-Afrikaanse regsvereniging gemaak.

Deel van die toets is die hantering van die Zuma-verhoor en die Skerpioenekwessie.

Volgens De Klerk is sy en ander Nasionale Partyleiers se bewinde gekenmerk deur 'n gebrek aan regsekerheid en het die uitvoerende gesag hom te veel in regskwessies ingemeng.

Sedert 1994 was Suid-Afrika 'n model van konstitusionalisme en die regstaat. Daardie tradisie sal egter oor die volgende agtien maande onder druk kom.

feathered frenzyлобановский супермаркет класс

Omtrent 80 persent van kinders het al pornografie gesien

Image'n Verbasende 81 persent van Suid-Afrikaanse kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 het al pornografiese beelde op hul vriende se selfone gesien.

Nog 64 persent onder die ouderdom van 18 is al aan pornografie op die internet blootgestel.

Dié statistiek is vandeesweek onthul by 'n konferensie oor kinderpornografie wat gehou is onder die leierskap van die adjunkminister van binnelandse sake, Malusi Gigaba.

Die opname is gedoen onder hoërskoolleerlinge wat op ewekansige wyse gekies vanuit skole in Johannesburg, Kaapstad en Durban.

online slots no deposit bonusпрокурор харьковской области

Cosatu maak beswaar teen blanke Rooimiere

Cosatu Logo Die vakbondkonfederasie Cosatu het gister beswaar gemaak teen die veiligheidswagte bekend as Rooimiere wat twee stakende  werkers aan die  Oosrand geskiet en in die bene gewond het.

Volgens hul woordvoerder, Patrick Craven, herinner die insident aan die wreedheid van die apartheidsbewind. Craven het teen die Rooimiere uitgevaar omdat hulle blanke mans is. Hy het gesê dat 'n eenheid wat deur mans oorheers word en slegs uit blankes bestaan verwerp behoort te word.

Cosatu het ook gevra dat so 'n rassistiese eenheid verwyder behoort te word en voorspel dat die Oosrandse metro binnekort vanweë die staking geheel en al in duie mag stort.

русская баня строительствоФильчаков прокуратура харьков

Suid-Afrika moet vrede en stabiliteit herstel, s? Pretoria-burgemeester

Die burgemeester van die Pretoriagebied wat Tshwane genoem word, Gwen Ramakgopa, het gister gesê dat Suid-Afrika vrede en stabiliteit moet herstel na die onlangse etniese geweld teen vreemdelinge.

Sy het gepraat by 'n inligtingsessie oor die hervestiging van buitelanders wat in die stad kom skuil het.

Die Akasia-kamp noord van die stad is ingerig om diegene te huisves wat uit hul huise verdryf is. Komberse en drie etes per dag word tans in die kamp verskaf.

Tweeduisend mense is in die kamp opgeneem, maar nie almal van hulle is noodwendig ontwortelde buitelanders nie. Twaalf motors is by die kamp in 'n skut geplaas en wapens is ook gekonfiskeer.

медсправки данильченко юрій броніславович

OVK-amptenaar doodgeskiet in Durban

Image 'n Amptenaar van die Onafhanklike Verkiesingskommissie is in Durban se Umlazi-buurt oor die naweek doodgeskiet.

Superintendent Vincent Mdunge van die polisie het bevestig dat die man Saterdag 'n strooijonker by 'n troue was toe 'n bende by die seremonie ingebars het en hom net daar geskiet het.

Hy is by aankoms in die hospitaal dood. Geen ander beserings van die ander bruilofgaste is aangemeld nie en geen besittings is ook van gaste geneem nie.

Die polisie is nog nie by magte om die amptenaar se naam vry te stel nie.

гост внутреннее электрическое освещение рабочие чертежиФильчаков Александр Васильевич

SAUK-raad verwerp petisie deur sewe van sy lede

Die SAUK-raad het gister die petisie van sewe van sy lede wat vra dat dit moet bedank, verwerp.

Volgens die voorsitter, Khanyasile Mkhonza, is die petisie kwaadwillig, verdelend en bedoel om die integriteit en gesag van die

raad te ondermyn, asook om die geloofwaardigheid van die organisasie te benadeel.

Mkonza het gevra dat die raad se gesag eerbiedig behoort te word. Sy het ook beklemtoon dat die raad verenig was in sy beluite en nie so verdeeld as wat dit in die media voorgestel word nie.

строительство бани фотоФильчаков прокурор харьков

Beurtkrag nog moontlik, s? Eskom

Image Eskom het aangekondig dat beurtkrag steeds moontlik is maar dié winter net in 'n noodgeval gebruik sal word.

Die nutsmaatskappy het sy kragstasies se steenkoolvoorrade aangevul en voorsien nie onmiddelike kapasiteitsprobleme nie.

Die publiek word egter genooi om dieselfde beurkragroosters as wat in April gebruik is, te raadpleeg ingeval dit weer nodig word.

Eskom gaan ook van sy gasturbines gebruik maak om elekrisiteitsproduksie waar nodig aan te vul.

картины из шпаклевкиДанильченко Харьков

Druk op ANC LP’s indien Hlope skuldig bevind word

ANC-parlematariërs sal onder geweldige druk kom om die Kaapse regterpresident John Hlope te verwyder indien die regterlike dienskommissie hom skuldig sou bevind.

Dit is die mening van Steven Friedman, die politieke ontleder en navorsingsgenoot by die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika.

Hlope word tans daarvan beskuldig dat hy die regters van die Grondwethof onbehoorlik wou beïnvloed in die saak wat Jacob Zuma en die Skerpioene betrek.

Volgens die grondwet, kan slegs 'n tweederdemeerderheid van die parlement 'n regter afdank, dus sal die meeste ANC-lede daarvoor moet stem.

для кабинетаФильчаков Александр Васильевич

Ses stakers geskiet en gewond aan die Oosrand

Twee stakende munisipale werkers is gister gewond toe die metropolisie van die Oosrand op hulle en vier ander losgebrand het. Dit het gevolg na gevegte tussen veiligheidspersoneel en die stakers.

Volgens kaptein Mack Mngomezulu van die polisie het 300 werkers buite die Boksburg-munisipaliteit betoog toe die polisie op hulle geskiet het. Twee mense is in die bene gewond en agterna hospitaal toe geneem vir behandeling.

Twee klagtes van poging tot moord is gelê.

In 'n ander voorval by die Kemptonparkse burgersentrum is privaatveiligheidsbeamptes wat as Rooimiere bekendstaan met klippe gegooi. Die Rooimiere het met ligte hael op hulle geskiet en vier mense is gewond en hospitaal toe geneem.

детямФільчаков Олександр Васильович прокурор