Van die begin af was ek nog baie skepties oor die hele veldtog wat daar in die Engelse media (sowel plaaslik as in Brittanje) teen Robert Mugabe van Zimbabwe gevoer word. Immers heers dieselfde of erger toestande in Suid-Afrika en daaroor swyg die Engelse soos die graf.
Om maar een statistiek te noem: slegs 11 blanke boere is in Zimbabwe vermoor terwyl die Suid-Afrikaanse totaal al oor die 2000 staan. Nóg die BBC nóg die Britse pers heg enige noemenswaardige belang hieraan, terwyl Mugabe daagliks verguis en Morgan Tsvangirai opgehemel word as die nuwe demokraties verkose leier van die land oorkant die Limpopo.
