Volgens polisiewoordvoerder Malusi Mashiane is die meeste slagoffers van grypdiewe en motorkapings vroue.
Twee maande gelede is motoriste ook gewaarsku om op die uitkyk te wees vir grypdiewe in Nelson Mandelarylaan.
Mashiane meen dat vroue dikwels hul handsakke plaas waar misdadigers hulle kan sien en enigeen kan 'n slagoffer word. Sowel handsakke as selfone behoort buite sig, verkieslik in die bagasiebak, gehou te word.

'n Verbasende 81 persent van Suid-Afrikaanse kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 het al pornografiese beelde op hul vriende se selfone gesien.
Die vakbondkonfederasie Cosatu het gister beswaar gemaak teen die veiligheidswagte bekend as Rooimiere wat twee stakende werkers aan die Oosrand geskiet en in die bene gewond het.
'n Amptenaar van die Onafhanklike Verkiesingskommissie is in Durban se Umlazi-buurt oor die naweek doodgeskiet.
Eskom het aangekondig dat beurtkrag steeds moontlik is maar dié winter net in 'n noodgeval gebruik sal word.