Kuifie bestuur
Die owerhede in Swede het ‘n klag van ‘n Sweedse burger wat in die Kongo gebore is om "Kuifie in die Kongo" te verbied, van die hand gewys. Jean-Dadou Monya, wat sedert 1992 in Swede woon, het verlede Donderdag die Sweedse uitgewer, Bonnier Carlsen, voor die hof gedaag om te eis dat die verkope van die strokiesverhaal gestaak word en dat dit uit biblioteke verwyder word.
Monya (42) het aan die media gesê dat hy per pos laat weet is dat die uitgewer nie vervolg sal word nie. Die besluit is glo op ‘n tegniese punt geneem en die hof het geen dieper gronde daarvoor gegee nie. "Ek het dit verwag, vir my was die belangrikste om die rassistiese trekke van die strokie uit te wys wat geen plek het in die 21ste eeu nie," was die klaer se reaksie.

Lees verder: Sweedse Kuifie bly