Magstryd oor Afrikaanse skrywersorganisasie

Oor die afgelope ses weke het ‘n magstryd rondom die Pretoria-PEN, die breinkind van dr. Dan Roodt, uitgebreek. Drie skrywers uit die Kaap en Natal, John Miles, Fanie Olivier en Piet Haasbroek, poog naarstiglik om die skrywersvereniging oor te neem, vermoedelik omdat dit vir die Naspersgroep voordelig mag wees. Ook die omstrede digter Breyten Breytenbach

Lees verder: Magstryd oor Afrikaanse skrywersorganisasie

SA oorweeg vet-belasting

Mense wat vetterige kos eet en soet koeldranke drink moet belas word vir hul ongesonde gewoontes. ‘n Vet-belasting, of “innoverende finansieringsmeganisme” is deur Dr Robert Fryatt, ‘n ekonomiese adviseur vir die minister van gesondheid, gister by ‘n Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel konferensie in Johannesburg voorgestel. Fryatt, wat ‘n strategiese beplanner by die WGO was, sê die vetbelastingkonsep

Lees verder: SA oorweeg vet-belasting

Kioto op ‘n mespunt

Onderhandelaars by die Verenigde Nasies se klimaatsamesprekings in Durban sal vandag probeer om op ‘n uitkoms vir die beraad ooreen te kom. Dit is die laaste dag van die twee weeklange beraad en onderhandelaars sal alles wat bespreek is in oënskou neem. Sommige lande is optimisties dat die Groen Klimaatsfonds op die been gebring sal

Lees verder: Kioto op ‘n mespunt

Vlaams Belang-leier kom nie Namibië toe nie

Filip Dewinter (Vlaams Belang) verhuist niet naar Namibië. In mei zei de Antwerpse politicus dat hij dit zou doen als Elio Di Rupo premier zou worden. En er is nu een Facebookgroep opgericht, die hem aan die belofte wil houden. Ze vragen zich af of Filip Dewinter al aan het inpakken is en wanneer hij

Lees verder: Vlaams Belang-leier kom nie Namibië toe nie

Media24 moet opdok oor leuens

Media24 en voormalige Huisgenoot-redakteur Esmaré Weideman moet R75 000 in boetes opdok vir die publikasie van ‘n artikel waarin bewerings oor seksuele wandade teen die Afrikaanse sanger Jurie Els gemaak is. Die hooggeregshof in Kaapstad het die uitspraak Woensdag gelewer, na Weideman en Media24 skuldig bevind is aan minagting van die hof in die appèlhof

Lees verder: Media24 moet opdok oor leuens

Mali se goudmyne buit kinders uit

Tussen 20 000 en 40 000 kinders werk in goudmyne in Mali, Afrika se derde grootste goudprodusent, het die menseregtegroep Human Rights Watch (HRW) Dinsdag gesê. “Kinders van so jonk as ses jaar moet mynskagte uitgrawe, ondergronds werk en swaar erts ronddra,” het HRW in ‘n verklaring gesê. “Talle kinders hanteer ook kwik, ‘n giftige

Lees verder: Mali se goudmyne buit kinders uit

Matriekseun wat deur bloulig omgery is, se toestand versleg

Thomas Ferreira wat op 5 November op sy motorfiets omgery is deur die bloulig-voertuig van Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising, se toestand het weer versleg. Hy is Woensdag weer aan ‘n ventilator gekoppel word nadat hy langer as drie weke self kon asemhaal. Hy het erge kopbeserings na die ongeluk opgedoen en

Lees verder: Matriekseun wat deur bloulig omgery is, se toestand versleg

Boere moet grond gee vir ANC-fees

Die ANC het boere en ander inwoners van Bloemfontein versoek om grond beskikbaar te stel vir tentdorpe sodat gaste daar kan bly vir die ANC-eeufees in die stad, berig die Volksblad. Talle tentdorpe sal nodig wees en op oop stukke grond in en om die stad opgerig word vir die nagenoeg 100 000 mense wat

Lees verder: Boere moet grond gee vir ANC-fees