SA stuur moontlik soldate na Somalië

Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, het Donderdag gesê om soldate van die Suid-Afrikaanse weermag en die vloot in Somalië te ontplooi kan verreikende gevolge hê. Die lewensverlies van soldate kan repurkussies inhou vir binnelandse politiek asook die verhoogde koste aangesien die land reeds troepe in die DRK en Soedan ontplooi het. Die

Lees verder: SA stuur moontlik soldate na Somalië

Mpumalanga-boere wil nuwe liggaam stig

Boere in Mpumalanga is besig om ‘n nuwe liggaam te vorm wat Agri Mpumalanga, AM, sal vervang. AM gaan binnekort gelikwideer word. Die voorsitter van die komitee, Koot Claassen sê boere van verskeie boere-verenigings in die provinsie het eenparig besluit om ‘n nuwe organisasie op die been te bring om hul belange te beskerm. Claassen

Lees verder: Mpumalanga-boere wil nuwe liggaam stig

Staatsamptenare ruk op na Uniegebou

Honderde staatsamptenare sal na verwagting vandag na die Uniegebou in Pretoria opruk as deel van ‘n landswye staking. Dié staking gaan vandag vir ‘n tweede dag voort, nadat die Vereniging van Staatsamptenare die regering se nuwe aanbod vroeg vanoggend verwerp het. Die aanbod is gisteraand by die Staatsdiens Bedingingsraad in Centurion voorgelê. Die staat bied

Lees verder: Staatsamptenare ruk op na Uniegebou

ANC vuur salvo na DA

Die ANC het ‘n besprekingsdokument oor leierskap opgestel, waarin die groeiende “maatskaplike afstand” tussen magshebbers en mense op grondvlak betreur word. In ‘n ooglopende vingerwysing na die DA, sê die ANC “skadukulture” teer soos “parasiete” op die simboliek en geskiedenis van die ANC vir eie gewin. Die dokument verwys na die DA se pogings veral

Lees verder: ANC vuur salvo na DA

PRAAG verwerp Tutu se boikot teen Israel

Dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het vanuit Jerusalem emiritus aartsbiskop Tutu se oproep om ‘n internasionale boikot van Israelse produkte verwerp en sy heftige teenkanting daarteen uitgespreek. Roodt, wat as reisende ambassadeur vir Afrikanerbelange tans in Israel verkeer, het gesê: “Tutu is skynheilig, want terwyl hy Palestynse selfbeskikking ondersteun, word Afrikanerselfbeskikking en Afrikanerregte in

Lees verder: PRAAG verwerp Tutu se boikot teen Israel

Naamsveranderings kom in Kaapstad

Naamsveranderings vóór die komende munisipale verkiesings in die Moederstad is amptelik Woensdag op die maandelikse stadsraadsvergadering aangekondig deur Dan Plato.  Die DA gaan die naamsveranderingsproses in Kaapstad steun, ten spyte van groot teenkanting uit Afrikanergeledere. Peter Gabriel, ANC-hoofsweep in die stadsraad, het aan Plato, burgemeester, gevra wanneer straatname gaan verander. Plato wil die veranderings glo

Lees verder: Naamsveranderings kom in Kaapstad