Staatsamptenare ruk op na Uniegebou

Honderde staatsamptenare sal na verwagting vandag na die Uniegebou in Pretoria opruk as deel van ‘n landswye staking.

Dié staking gaan vandag vir ‘n tweede dag voort, nadat die Vereniging van Staatsamptenare die regering se nuwe aanbod vroeg vanoggend verwerp het.

Die aanbod is gisteraand by die Staatsdiens Bedingingsraad in Centurion voorgelê. Die staat bied amptenare ‘n 6,5 persent salarisverhoging en ‘n R630 behuisingstoelaag, slegs tien rand meer as die vorige aanbod.

‘n Woordvoerder van die vereniging, Manie de Clerq sê die regering se jongste aanbod is ‘n belediging. Staatsamptenare eis onder meer ‘n salarisverhoging van 8,6 persent en ‘n R1 000 behuisingstoelaag.

магазин іграшокДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae