In ‘n ooglopende vingerwysing na die DA, sê die ANC “skadukulture” teer soos “parasiete” op die simboliek en geskiedenis van die ANC vir eie gewin.
Die dokument verwys na die DA se pogings veral in die Kaap om die “struggle”-simboliek in te span om die bruin stem te lok.
Daarmee onthef die party homself van die verantwoordelikheid vir die verwydering.
Sedert die party se nasionale konferensie in 2007 by Polokwane, het faksiegevegte en etniese struwelinge toegeneem.
ANC-byeenkomste word deesdae gekenmerk deur geweld of oproer omdat heksejagte aan die orde van die dag is.
“Opvolgdebatte en struwelinge begin nog voordat ‘n nuutverkose leierskorps die geleentheid gekry het om hul mandaat uit te voer.”
“Die ANC-leierskollektief word dikwels verlam weens vrese dat optrede van ‘ons groep’ of optrede teen die ‘ander groep’, as ‘n suiwering vertolk kan word,” lui die dokument.
