SA stuur moontlik soldate na Somalië

Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, het Donderdag gesê om soldate van die Suid-Afrikaanse weermag en die vloot in Somalië te ontplooi kan verreikende gevolge hê.

Die lewensverlies van soldate kan repurkussies inhou vir binnelandse politiek asook die verhoogde koste aangesien die land reeds troepe in die DRK en Soedan ontplooi het.

Die Somaliese terreurbeweging El-Shabab het op 11 Julie uit weerwraak bomme in Kampala geplant teen Uganda se betrokkenheid by die oorlog in Somalië. Meer as 70 mense is dood in die aanvalle.

Volgens Sisulu is Suid-Afrika egter daartoe verbind om soldate na Somalië te stuur.

Zuma het pas uit Kampala van die AU se leiersberaad teruggekeer waar Afrikaleiers onderneem het om die AU-vredesmag in Somalië met nog 2 000 soldate uit Burundi en Guinee aan te vul.

“Die president moet nog bepaal hoe en waar ons die AU sal bystaan,” het Sisulu tydens ‘n informele inligtingsessie by die parlement gesê.

Thabang Makwetla, Sisulu se adjunk, het gesê daar is politieke druk op Suid-Afrika om hulp te verleen.

Die minister het ook bekend gemaak dat die aanvoorprojek oor nasionale diens vir die jeug teen September sal plaasvind, maar dit sal beperk word tot ‘n tydperk van ses maande in ‘n jaar.

Sy sê twee taakspanne stel ondersoek in na die saak en sal aan haar verslag doen, waarna sy die bevindings aan die kabinet sal voorlê.

Sisulu wil hê dat nasionale weermagdiens weer ingestel word om op dié manier grootskaalse werkloosheid onder jeugdiges teen te werk. Sowat vyf miljoen jong Suid-Afrikaners is werkloos.

Alle politieke partye se jeugorganisasies is genooi om diensplig te doen, maar net die ANC-jeugliga, die Jong Kommuniste en die jeugstruktuur van die PAC het die uitnodiging tot dusver aanvaar.

светильник уличный на столб ркулобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae