Op 21 Oktober 2011 het die VF Jeug Pretoria en VF Tuks die beeld van die oud ZAR President Paul Kruger skoongemaak. Dié is een van baie aksies waar die VF Jeug, beelde van oud-Boere-Afrikanerleiers gaan skoonmaak. Die projek het juis ook gekom na Paul Krugerdag op 10 Oktober. Deur dié optrede wil die jeug
Tyd vir plaasinvalle is verby, sê Zim-goewerneur
Die goewerneur van die Midlandsprovinsie in Zimbabwe, Jason Machaya, het gewaarsku dat indringers op die plaas van Derek Shaw, een van Zimbabwe se min oorblywende wit melkboere, moet ligloop. Die goewerneur het ook die nuutste vlaag van plaasbesettings veroordeel en gesê: “Die tyd vir plaasinvalle is verby”. Die afgelope week het meer as 200 onwettige
Lees verder: Tyd vir plaasinvalle is verby, sê Zim-goewerneur
Die nuwe gesig van demokrasie
Александр Фильчаков
‘Dis nie asof hy gesê het koelies steel nie’
Twitter was Donderdag in rep en roer oor die “koelie”-woord. Pedi-sprekers het op die sosiale netwerk-webwerf toegesak om te verduidelik dat die woord in Pedi “Indiese” beteken en nie “koelie” nie. Net so beteken amaNdiya in Nguni ook “Indiese”. ‘n Professor van Linguistiek by die Universiteit van die Wes-Kaap, Rajend Mesthrie, het gesê dit is
Duurste bank word duurder
Die bankreus, Absa, wat verlede jaar in die Solidariteit Beweging se eerste bankkosteverslag as een van die twee duurste banke in Suid-Afrika aangewys is, het sy status behou. Boonop het die bankkoste van dié bank se goedkoopste rekening met 8% gestyg terwyl Capitec se bankkoste glad nie vanjaar gestyg het nie. Dít is enkele bevindings
AU sal kantoor in Tripoli open
Die Afrika Unie het aangekondig dat hy Libië se lidmaatskapopskorting, opgehef het. In ‘n verklaring sê die AU daar is besluit dat die oorgangsowerheid in Libië, die land se setel in die organisasie mag opneem. Die AU-vergadering waarop dié besluit geneem is, is gehou vóór die dood van Gaddafi. Die AU sal ‘n kantoor in
ET: Doodshoue
Eugene Terre’Blanche, AWB-leier, het waarskynlik op sy rug gelê toe hy ‘n kapwond aan sy kop opgedoen het, het ‘n patoloog Donderdag in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig. Dr. Ruweida Moorad het die wond in detail beskryf en gesê sy glo dit is die eerste wond wat Terre’Blanche in die aanval opgedoen het. “Dit
Vegters of rebelle? Olie sal praat
Rebelle het die voormalige Libiese leier Moeammar Gaddafi buite die stad van Sirte gedood. Sy liggaam is weer teruggebring na Misrata, waar dit verfilm is en deur die strate gesleep is. Verskeie volgelinge, insluitende familielede, is aangemeld as gedood of is gevange geneem. Gaddafi se dood is simbolies belangrik vir die rebelle, maar die val
Soos ‘n weerligstraal?
Die Pentagon befonds ‘n laserplasmaweerliggeweer van die maatskappy Applied Energetics, in Arizona. Die Amerikaanse Weermag sê die gewere “nader die vlak van volwassenheid wat nodig is vir bewapening”. Die tegnologie is ‘n taamlike ou idee: Die gebruik van ‘n laserstraal om ‘n plasma “tonnel” in die atmosfeer te skep wat meer geleiervriendelik as gewone lug
Afriforum gaan Malema strafregtelik aankla
AfriForum gaan ‘n strafregtelike klag teen Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, lê. Die stap kom nadat Malema Woensdag op ‘n openbare geleentheid in Thembelihle, Lenasia, inwoners aangemoedig het om grond sonder toestemming te beset indien die regering nie dit aan hulle oorhandig nie. “AfriForum het op regsadvies verneem dat hierdie optrede van Malema op
