AU sal kantoor in Tripoli open

Die Afrika Unie het aangekondig dat hy Libië se lidmaatskapopskorting, opgehef het. In ‘n verklaring sê die AU daar is besluit dat die oorgangsowerheid in Libië, die land se setel in die organisasie mag opneem.

Die AU-vergadering waarop dié besluit geneem is, is gehou vóór die dood van Gaddafi. Die AU sal ‘n kantoor in Tripoli open wat deur ‘n spesiale verteenwoordiger bestuur sal word.

Aanvanklik was die liggaam huiwerig om die oorgangsraad te erken. Gaddafi was een van die AU se grootste finansiële ondersteuners.

Die Suid-Afrikaanse regering het die hoop uitgespreek dat die dood van Moeammar Gaddafi daartoe sal lei dat vrede in Libië herstel word.

Die departement van Internasionale betrekking sê die regering hoop dat die gebeure sal lei tot die staking van vyandelikhede. Die departement sê dit is steeds moontlik dat ‘n allesomvattende politieke proses sal lei tot demokratiese verkiesings.

Suid-Afrika het verder ‘n beroep op Libië se Nasionale Oorgangsraad gedoen om met erns te begin bou aan nasionale eenheid en versoening, asook die ontwapening van alle vegters en hul herintegrasie in die samelewing.

Данильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae