Suid-Afrika se krieketspan het vanoggend (Boeretyd) hulle Nieu-Seelandse teenstanders in Napier, NS, gruwelik verniel en gaap-gaap met 6 paaltjies gewen. Wat die Swart Kepse veral intimiderend moet vind, is dat die volle geweld van Suid-Afrikaanse krieket hulle nog nie getref het nie. Die Proteas het baie silinders en het op almal geloop – net nie
ANC gee DA-man hartaanval
Die DA se hoofsweep in die Tshwane-metroraad, Janho Engelbrecht, het ‘n ligte hartaanval gehad tydens ‘n warm argument met die ANC, volgens ‘n verslag Woensdag. Engelbrecht (39), was by ‘n vergadering van die Tshwane-raad se reëls en etiese komitee Dinsdag in die Pretoriase middestad. Volgens Beeld het hy sy humeur verloor toe die African National
Met skyfies, sonder uie
Die Ou Suid-Afrika was nie ‘n land net van plase, blinkskoon stede en universiteitsdorpe nie. Daar was ook die bo-dorpe, onderdorpe en voorstede van nywerheidsgebiede en myndorpe soos in die Wes- en Oos-Rand, plekke met hulle eie atmosfeer, guitighede en soms verslete sjarme. Die nederigste daarvan was Brakpan, o Brakpan, tuiste van ‘n legendariese padkafee.
Nog ‘n aanval op die Grondwethof
Die regering wil die magte van die Grondwethof hersien, maar sy uiteindelike bedoelings daarmee is steeds duister, behalwe dat dit nog ‘n poging kan wees om die howe te koöpteer in die naam van transformasie. ‘n Besprekingsdokument oor die transformasie van die regstelsel in Kaapstad is gister, deur minister van justisie, Jeff Radebe, vrygestel en
SANParke dood hul eie renosters
Vier Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) amptenare is in hegtenis geneem in verband met renosterstropery, SANParke het gister gesê. Die vier amptenare is gistermiddag in hegtenis geneem nadat 2 renosters dood aangetref is in die Kruger Nasionale Park (KNP) vroeër die oggend, het SANParke-woordvoerder Wanda Mkutshulwa in ‘n verklaring gesê. “Die diere is geskiet en hul
Seun steek skoolmaat dood
‘n Sestienjarige seun is Dinsdag doodgesteek by ‘n skool in Valhalla Park, Kaapstad, het die polisie gesê. Die tiener was omstreeks 10:30 in ‘n argument op die skoolgrond betrokke wat gewelddadig geraak het, het lt. kol. André Traut gesê. Bronagh Casey, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het gesê die seun is op die
Cosatu brom ook oor Zuma
President Jacob Zuma sal die Kongres van SA vakbonde (Cosatu) se nuwe hoofkantoor in Johannesburg Woensdag open. Die byeenkoms is geskeduleer om plaas te vind om 10:00 in Jorissenstraat, Braamfontein. Die African National Congress is deel van ‘n historiese alliansie met Cosatu en die SA Kommunistiese Party, wat bekend staan as die drieparty-alliansie. Verlede Woensdag
Numsa wil Zuma uit hê
Die vakbond Numsa het Dinsdag sy kommentaar op die ANC verdedig, en gesê hulle het ‘n direkte belang in die kaliber van die party se leierskap. “”n Valse politieke indruk word geskep asof Numsa (Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika) geen reg het om kommentaar te lewer op die politieke en ekonomiese ontwikkelings in ons
‘Malema is ons leier’
Stakende mynwerkers by Impala Platinum naby Rustenburg moet onderhandel om hul staking te beëindig, het Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, Dinsdag gesê. “Die werkgewer moet bereid wees om te onderhandel…Onderhandelinge beteken gee en neem,” het hy gesê. Malema het aan die skare gesê die myn kan werkers se looneis van R9 000 of meer
PRAAG vra moordsyfers per bevolkingsgroep
Twee Afrikaanse nie-regeringsorganisasies, PRAAG en die Boereleednavorsingsinstituut, het ‘n versoek onder die Wet op die bevordering van toegang tot inligting van 2000 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens geliasseer om moordstatistiek volgens bevolkingsgroepe te verkry. Volgens dr. Dan Roodt, direkteur van PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep), “heers daar diepe kommer onder lede van etniese minderhede in Suid-Afrika oor
