Die Duitse minister van Finansies, Wolfgang Schäuble, het Griekeland gewaarsku dat hy dalk uit die Eurosone sal moet uittree indien die jongste Europese reddingspakket in ‘n referendum verwerp word. Kanselier Angela Merkel en die Franse president, Nicolas Sarkozy, sal binnekort dringende samesprekings met die Griekse eerste minister, George Papandreou, voer nadat hy onverwags aankondiging het
Satiriese koerantkantoor afgebrand
Die kantore van ‘n satiriese Franse koerant wat ‘n uitgawe aan die Arabiese Lente gewy het, is afgebrand. Die profeet Mohammed het op die voorblad van dié uitgawe as “gasredakteur” verskyn en daar word beweer dat die aanval op die kantore hiermee verbind kan word. Die koerant, Charlie Hebdo, het dié uitgawe tot Charia [Sjaria]
Elfjarige seun by skool verkrag
‘n Elfjarige seun is na bewering om die beurt deur vier ander seuns by ‘n skool in Eldorado Park, ‘n hoofsaaklik bruin gebied suid van Johannesburg, verkrag, het die polisie Woensdag gesê. Die seun ontvang berading van maatskaplike werkers terwyl ‘n saak van verkragting ondersoek word, het kapt. Phil Khorombi gesê. Volgens hom het die
Aktiviste wil Israel se seeblokkade breek
‘n Groep Kanadese en internasionale aktiviste het vanuit Turkye gevaar en sal binne die volgende paar dae poog om deur die Israelse seeblokkade van Gasa te breek. Luidens ‘n mediaverklaring deur die organisasie Canadian Boat to Gaza, is die Kanadese skip Tahrir en die Ierse skip Saoirse reeds in die Mediterreense See, buite Turkse gebiedswater.
Shabangu slaan vure dood vir myne
Nasionalisering van die land se myne is nie die beleid van die regering of dié van die regerende party nie, het die minister van minerale hulpbronne, Susan Shabangu, Woensdag gesê. “Ek is heeltemal bewus dat my eie herhaalde versekerings, asook verskeie verklarings deur die regering en ons president, nie die beleggers se besorgdheid in dié
‘n Nuwe Grensoorlog?
In ‘n hoofartikel vandag mor Beeld oor die ANC-regering se gebrek aan politieke wil om meer geld aan die Suid-Afrikaanse vloot te bewillig om Mosambiek se kuslyn, waar reuse gasreserwes ontdek is, te beveilig. Soos dit ‘n DA-mondstuk betaam, is die taal in melodrama gehul: “Suid-Afrika staan voor ‘n nuwe ‘grensoorlog’”. Natuurlik weer eens nie
Het jy al verder as die sepie vanaand gedink?
Dit is nodig dat ons as volksgenote kennis neem van ons verantwoordelikhede, want dit wil my al hoe meer voorkom of dit nie besef word nie. Dink so bietjie hieraan: Vir hoeveel mense is jy verantwoordelik? Een antwoord wat almal gerieflikheidshalwe vergeet is: Jou ongebore nageslag. Ek kan nie vir ander antwoord nie, maar ek
Nog ‘n mesaanval
‘n 22-jarige meisie is gister omstreeks 11:00 in haar ouerhuis in Noordheuwel, Krugersdorp oorval en deur twee jong aanvallers met messe toegetakel. Sy het dapper teruggeveg en kon daarin slaag om ‘n SOS.-boodskap na haar ma te stuur, waarna die aanvallers gevlug het. Sy het in die proses meer as agt steekwonde en kneusings opgedoen
DA talm te lank met transformasie
Helen Zille se rassemanewales het weer eens die teorie bevestig dat alle instellings wat “demokratiese” in hul naam opneem, soos in die Demokratiese Republiek van die Kongo of die Demokratiese Volksrepubliek van Korea of die voormalige Duitse Demokratiese Republiek, met ‘n goeie skeut wantroue benader behoort te word. Zille maak geen beswaar dat Mazibuko, die
Zuma waarsku hofsaakmakers dat die stembus praat
Die bevoegdhede van die howe kan nie beskou word as hoër as ‘n mandaat van die meerderheid nie, het president Jacob Zuma gesê. Dit is nodig om te onderskei tussen die verskillende verantwoordelikhede van die regbank en die verkose takke van die staat, het Zuma Dinsdag gesê tydens ‘n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering
Lees verder: Zuma waarsku hofsaakmakers dat die stembus praat
