Nege Numsa-lede is reeds op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem en groter ontwrigting word verwag in wat beskryf word as die mees gewelddadige staking in die land se geskiedenis. Duisende werkers van Ceppwawu gaan vandeesweek in die industriële, chemikalieë- en petroleum-sektor begin staak en dit kan tot brandstoftekorte lei. PetroSA is bekommerd dat vulstasies
Kan Afrikaners sonder selfbeskikking ekonomies oorleef?
Nou die aand bespreek dr Christo Landman en ek die kwessie van ons Afrikaners se ekonomiese oorlewing. Aan die einde van ons gesprek kom ons tot ‘n gevolgtrekking wat ek sedertdien as aksiomaties beskou: Die behoud van die Afrikaner binne die huidige sosiaal-politieke konteks is afhanklik van sy vermoë om ‘n eie ekonomie vir homself
Lees verder: Kan Afrikaners sonder selfbeskikking ekonomies oorleef?
Ná die verligte kramp
Vergun my die reg om ‘n paar onwelvoeglike woorde oor ons linkse volksgenote te sê. Sedert die jare tagtig het hulle die regse beweging met die skelwoord “verkramptes” beskryf. FW de Klerk se broer Wimpie was blykbaar die vader van dié benaming. Natuurlik was die negatiewe inhoud van die stamwoord “kramp” implisiet ‘n slegte etikettering
Die moord op Piet Retief
Dis onduidelik waarom presies Piet Retief se geselskap op 6 Februarie 1838 weer na Dingane is. Toe die trekkers gereed staan om te vertrek, kom ‘n boodskapper van Dingane by Retief met die versoek dat die trekkers nog eenmaal na hom moet kom om te groet. ‘n Oomblik het die Boere geaarsel, maar Retief het
Tunisië of Rwanda?
Moeletsie Mbeki verwag dat SA sy “Tunisië-oomblik” binne die volgende 20 jaar gaan bereik. Dis wanneer China se huidige fase van industrialisasie ten einde loop en daardie land dus nie meer so ‘n sterk vraag na SA se minerale sal toon nie. Dit sal lei tot ‘n gepaardgaande afplatting in ons ekonomie, ‘n ineenstorting van
Die Springbokspan van die motorwêreld
Met minder as 90 dae na die 2011 Rugbywêreldbeker in Nieu-Seeland het ons gedink dit sal goed wees om die motors wat ons hierdie jaar sover onder hande gehad het in ‘n rugbyspan in te deel. Sou ons ‘n span moes kies uit die motors dan sou dit waarskynlik so gelyk het. Let wel dat
Murdoch sluit koerant
Die eienaar van News of the World, Rupert Murdoch, het aangekondig dat die laaste uitgawe van dié koerant Sondag gepubliseer sal word. Dié skuif kom ná dit aan die lig gekom het dat die poniekoerant onwettig toegang tot selfoonboodskappe verkry het om sodoende inligting vir stories te versamel. Die koerant het na bewering onder andere
Vier stakers geskiet
Vier Numsa-lede is beseer toe die polisie met rubberkoeëls in Krugersdorp, wes van Johannesburg, op hulle geskiet het tydens hul staking, het dié metaalwerkersunie Donderdag gesê. Die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe (Seifsa) het weer op hul beurt gesê dat sommige stakers van maatskappy tot maatskappy gaan om nie-stakers te kry en te intimideer. Hulle
Selfregulerende media is verkieslik – Langa
Die vryheid van uitdrukking word bevorder deur ‘n media wat homself reguleer, het die voormalige hoofregter Pius Langa Donderdag gesê. “As ek oorsee reis en gevra word oor my voorkeure wat die regulering van die pers en die media betref, moet ek praat oor dinge waarop ek trots is in Suid-Afrika… ek sal veel eerder
Reuse-oliereserwes by Namibiese kus gevind
Reuse-oliereserwes is teen die kus van Namibië ontdek, en produksie sal binne vier jaar op dreef wees, het die Namibiese minister van myne en energie, Isak Katali Woensdag aangekondig. Die ontginning sal deur Enigma Oil & Gas, wat deur die Londense genoteerde maatskappy Chariot Oil & Gas besit word, behartig word. Hulle het lisensies bekom
