GHA skud sy vere reg

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans het Saterdag, 29 Mei 2010, sy sestiende Jaarvergadering gehou. Die bekende prokureur, Cerneels Lourens, wat as gasspreker tydens die geleentheid opgetree het, het gesê dat ons as Handhawers van die Taal meer taalaktivisties moet optree deur vriendelik dog ferm aan te dring om in Afrikaans bedien te word.

Lees verder: GHA skud sy vere reg

Voortekkergedenksteen heringewy

AfriForum, die Standertonse raadslid Rosier de Ville en die Aksiekomitee Standerton het Saterdag die Standertonse Groot Trek-gedenksteen – wat deur dié dorp se voormalige burgemeester, me. Queen Radebe-Khumalo beskadig is – heringewy. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, was die hoofspreker tydens die geleentheid. Die herinwyding het geskied nadat AfriForum en die Standertonse gemeenskap gedurende

Lees verder: Voortekkergedenksteen heringewy

Krieket: As die stert die hond swaai

“Die stert swaai nou al te lank die hond.”   So stel ‘n sportskrywer die situasie waar die Proteas se senior spelers skynbaar so magtig geword het dat die afrigters deurentyd op dun ys en die keurkomitee die trekpas gekry het. Die boodskap is skynbaar: Vat aan Graeme Smith, Jaques Kalis en sy boesemvriend Mark

Lees verder: Krieket: As die stert die hond swaai

Renosters weer deur stropers getakel

Twee renosters, ‘n ma en haar kalf, is in die leeupark in Kromdraai, Gauteng deur wildstropers doodgemaak, het die Gautengse polisie Saterdag gesê. Die geslagte renosters is Saterdagoggend in die reservaat in Muldersdrift, wes van Johannesburg, gevind. Die ma se horing was verwyder, het adjudant-offisier Odette van Staden gesê. “Hierdie is nie die eerste insident

Lees verder: Renosters weer deur stropers getakel