‘n Reuse wolk van as wat tans oor Europa vanaf Ysland versprei het, het die grootste onderbreking van vlugte sedert die 2001 terreuraanvalle veroorsaak. Reisigers op ses kontinente se vlugte is gekanselleer en amptenare sê dit kan dae neem vir die lugruim om weer veilig te wees. Die aswolk is kilometers bo die aarde en
Rusland sluit laaste wapengraadreaktor
As deel van ‘n ooreenkoms met die VSA, het Rusland sy laaste wapengraadplutoniumreaktor gesluit. Die moontlikheid om bomme te vervaardig is sodoende ingeperk deur die afbou van kernkragsentrales uit die Soviet-era. Die reaktor, die ADE-2, is in 1964 by ‘n geheime aanleg in Siberië opgerig tydens die bewind Nikita Khrusjtsjef. Ná die Koue Oorlog, was
Cholera pak Zambië
Zambië worstel met die ergste cholera-krisis in jare, het gesondheidswerkers van dié land gesê. Sedert Maart het meer as 130 mense weens cholera gesterf terwyl sowat 5 000 mense al dié dodelike siekte opgedoen het. Dis glo die hoogste aantal gevalle van cholera wat in ‘n dekade geregistreer is. Volgens dr. Reuben Mbewe, woordvoerder vir
Chaos heers toe sokkerkaartjiestelsel vashaak
Chaos het uitgebreek toe die rekenaarstelsel vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi Donderdag oorlaai is met kaartjieverkope en die polisie moes op sekere plekke van traanrook gebruik maak om orde te herstel. Een kaartjiekoper is aan ’n hartaanval dood terwyl hy in die tou by Fifa se kantoor gewag het. Die sokkerskouspel skop 11 Junie af en eindig
‘Skiet die boer’ klink weer op
Die omstrede lied “Skiet die boer” is Donderdag deur kongreslede van die National Union of Mineworkers (NUM) gesing ten spyte dat die liedjie verbied is. Kongreslede van dié mynvakbond, die regering asook verskeie finansiële instellings het ‘n indaba in Johannesburg bygewoon om die probleem met mynwerkers se behuising aan te spreek. Die liedjie is
Terre’Blanche-saak uitgestel tot 10 Mei
Puna Moroko, prokureur van die 28-jarige beskuldige in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak, het Woensdag aan verslaggewers buite die hof gesê dat dit goed gaan met sy kliënt. “Hy is glad nie senuweeagtig nie. Nee, ons het ook geen doodsdreigemente of intimiderende boodskappe ontvang nie. My kliënt het nie ‘n selfoon in die tronk nie en ek
Kies reg!
best bridal jewelleryОлександр Фільчаков прокурор
Kerngevaar word oordryf
Die Obama-administrasie sê die gevaar van ‘n terroriste-aanval met kernwapens is aan die toeneem, maar verskeie Amerikaanse amptenare sê die stelling is nie gegrond op nuwe inligting nie. Hulle bevraagteken trouens die skielike alarmisme en sê die bedreiging word oorbeklemtoon. President Obama het in ‘n toespraak voor 47 lande by die kernveiligheidspitsberaad, wat Dinsdag
Diensleweringsprotes styg dramaties
Die aantal diensleweringsbetogings het ‘n hoogtepunt bereik in die eerste kwartaal van 2010, met soveel as 54 protesaksies landwyd deur die navorsingsmaatskappy Munisipale IQ getel. Hierdie aantal in die eerste vier maande van hierdie jaar, is baie hoog as in ag geneem word dat ‘n totaal van 105 oor 12 maande in die vorige
Nog klaskamers brand
Geweldpleging het vir ‘n tweede dag voortgeduur by die Sekondêre Skool Naphakade in Malmesbury Woensdag nadat swart skoolkinders nog klaskamers aan die brand gesteek het. Polisiebeamptes wat die skoolterrein betree het om orde te hou, is onder klippe gesteek. Die skool sal tot Maandag gesluit wees. Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant, het ook
