Regeringsveldtogte het weinig impak op vigs

Volgens die Maart-uitgawe van die South African Medical Journal word ongeveer 1 500 mense daagliks in Suid-Afrika met die MI-virus besmet. 15 851 Bloedmonsters is in ’n studie ontleed om afleidings oor MIV op nasionale vlak te kon maak.

Sowat 34% van nuwe infeksies kom by jeugdiges tussen 15 en 24 voor. ’n Ongelooflike 90% hiervan is vroue. In die ouderdomsgroep 20 – 29 kry vroue ook ses keer eerder die virus as mans van dieselfde ouderdom.

Prof Thomas Rehle, direkteur van sosiale aspekte van MIV/Vigs by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, meen die resultate van hierdie studie dui daarop dat die regering se veldtogte om die virus te bekamp, nie sukses oplewer nie.

Lees verder: Regeringsveldtogte het weinig impak op vigs

Apartheid maak alles reg

ImageForest Gump kon die presiese dag – sy eerste skooldag – onthou wat hy die “soetste, die allerpragtigste naam in die hele wye wêreld” gehoor het: Jenny. Daar is min ooreenkomste tussen Forest Gump en Charles Nqakula, wat die ironiese en komieklike titel van minister van veiligheid en sekuriteit het, behalwe hulle verstandelike vermoëns. (Ek skat Forest Gump, die funksionele idioot met die sub-70 IK, is in die breinreisies net so ‘n kortkop voor Nqakula.) Die een eienskap wat hulle wél deel is hulle dolle verliefdheid. Forest het sy Jenny en Charles sy Apartheid.

Dit is onmoontlik om te sê wanneer Charles dié woord, vir hóm sekerlik “die soetste, die allerpragtigste naam in die hele wêreld” gehoor het. Dit help ook nie om vir hom te vra nie. Hy kan dan terselfdertyd die naam van die veiligheidsminister wat hom verban het onthou en nié onthou nie. Ek dink dit is akkuraat genoeg om te sê dat daar nie ‘n tyd in sy lewe is wat hy nie die wondernaam geken het nie. Jenny se teenwoordigheid en selfs net die verklanking van haar naam het Forest se bestaan opgehelder. En Nqakula? Nou ja, vir hom maak Apartheid alles reg.

Lees verder: Apartheid maak alles reg

Video-onderhoud met Gideon Meiring

  Gideon Meiring   "Misdaad is die simptoom van swak regering." In hierdie onderhoud spreek oud-kol. Gideon Meiring hom uit ten gunste van 'n landwye netwerk van plaasmense en stedelinge wat by hul eie veiligheid betrokke is. Laai dit hier af (23 min. 46 sek., 5 Mg groot). {wmv}GideonMeiring{/wmv}  длинные рубашки для девочекданильченко юрій броніславович

Lees verder: Video-onderhoud met Gideon Meiring

Disinvestering in Suid-Afrika neem toe

Disinvestering in die land het verlede jaar sewevoudig toegeneem en kan op meer as R34 miljard beraam word. Hierdie inligting word vervat in ’n verslag van Ernst & Young wat gister vrygestel is.

Die disinvestering was hoofsaaklik in die mynbousektor waarneembaar met Barrick wat hul South Deep-aandele vir R10 miljard verkoop het en die Russiese groep Polyus wat 20% van hul Gold Fields-aandele vir R20 miljard van die hand gesit het.

Deskundiges is verdeeld in hulle opinie oor hierdie daling in investering. Sommige meen dit is bloot ’n eenmalige gebeurtenis meegebring deur die spesifieke behoeftes van die twee oorsese maatskappye, maar ander glo dat buitelandse beleggers nie hou van die regering se inmenging in die mynbousektor nie.

Lees verder: Disinvestering in Suid-Afrika neem toe

Suid-Afrika se ‘skandelike’ verklaring oor Zimbabwe

Image

Aziz Pahad

Suid-Afrikaanse vakbonde en kerkleiers het die regering se verklaring oor die onlangse onrus in Zimbabwe skerp veroordeel.

Die Europese Unie (EU), die Verenigde Nasies (VN), asook Condoleeza Rice, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het almal die geweld waarmee die Zimbabwiese regering onluste van die afgelope paar dae onderdruk het, veroordeel. Rice het ’n beroep op Zimbabwe se buurlande gedoen om meer te doen om Robert Mugabe in toom te hou.

Lees verder: Suid-Afrika se ‘skandelike’ verklaring oor Zimbabwe

Radikale nuwe grondbeleid

Image

Glen Thomas

Die direkteur-generaal van grondsake, mnr. Glen Thomas, het gister ’n radikale nuwe grondbeleid aangekondig in terme waarvan die staat eerste opsie op aankope van alle grond – ook in stedelike gebiede – verkry. Die Wet op Grondvoorsiening en –bystand (wet 126 van 1993) gaan binnekort hiervoor gewysig word.

Alle eiendomsverkopers sal verplig word om eers hul eiendom aan die staat aan te bied wat sal besluit of hy dit wil aankoop of nie. Volgens Thomas ondersoek die departement maniere om die skerp styging in eiendomspryse te stuit. Van die maatreëls sluit in die afwyking van die beginsel van “gewillige verkoper, gewillige koper”, asook grondbelasting en perke op grondbesit.

Die staat wil voortaan grootskaalse grondhervorming begin toepas. “Kanse vir grondverkryging gaan verlore omdat die staat nie proaktief aan grondaankope deelneem nie. Die wetwysiging sal alle grondverkopers binne en buite die staat verplig om grond eerste aan die staat te bied,” het Thomas gesê.

Lees verder: Radikale nuwe grondbeleid

Mugabe bedreig van binne sy party

Image

Hoe lank nog?

Eerder as wat hy die opposisie vrees, kom die werklike bedreiging vir die Zimbabwiese president Robert Mugabe van sy eie partylede wat ontevrede is met sy voorneme om sy mandaat te verleng, volgens sekere ontleders.

Mugabe wat reeds 83 jaar oud is en Zimbabwe sedert onafhanklikheid in 1980 regeer, is deur die internasionale gemeenskap verdoem weens die brutale onderdrukking verlede Sondag van ’n opposisie-byeenkoms.

Dog as Morgan Tsvangirai, die leier van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), die vernaamste opposisieparty, die nuus gehaal het omdat hy deur die polisie gearresteer en geslaan is, bestaan ’n groter bedreiging vir Mugabe binne die geledere van sy eie party, die Zimbabwe-Afro-Nasionale Unie-Patriotiese Front (Zanu-PF).

Lees verder: Mugabe bedreig van binne sy party

Betoging in Jhb. teen Mugabe

Image

Betogers in Jhb.

Teenstanders van president Robert Mugabe het op Dinsdag 13 Maart teen die “doodse stilte” van Suid-Afrika oor die situasie in naburige Zimbabwe buite Harare se konsulaat in Johannesburg geprotesteer.

“Die situasie in Zimbabwe is ’n Afrikaprobleem en lande soos ons buurman Suid-Afrika kan nie aanhou swyg terwyl mense in Zimbabwe doodgaan nie,” het die prominente MDC-parlementariër Roy Bennett, wat nou in ballingskap in Suid-Afrika woon, gesê. “Dis betreurenswaardig dat ons bure aanhou stilbly oor die wreedaardige situasie. Hulle behoort juis die beginsels waarin hulle glo, van demokrasie, menseregte en menswaardigheid, te handhaaf.”

“Om te swyg is om Mugabe se wreedaardige bewind goed te keur en… dit is betreurenswaardig dat diegene wat hul uitspreek teen die mishandeling van mense in Zimbabwe nie self Afrikane is nie,” het Bennett aan AFP gesê.

Lees verder: Betoging in Jhb. teen Mugabe

Terreurverdagtes in SA

Suid-Afrikaanse inligtingsdienste is bekommerd dat persone wat by internasionale terrorisme betrokke is tyd in die land deurbring, het ’n inligtingsbeampte vandag gesê.

Barry Gilder, koördineerder vir die Nasionale Inligtingskoördinasiekomitee (Nikok), het Sapa op Dinsdag 13 Maart vertel dat agente sekere individue en organisasies, waarby buitelandse besoekers ingereken is, dophou wat dalk by internasionale terreur betrokke is.

“Ons is bekommerd dat terroriste tyd hier deurbring… dis iets wat ons baie ernstig opneem,” het Gilder verklaar.

Lees verder: Terreurverdagtes in SA

Gee terug daardie miljoene

Image

Brett Kebble

Teen gister laatmiddag het die ANC in die Wes-Kaap nog nie gereageer op die eis van Brett Kebble se trustees dat skenkings ter waarde van R2,4 miljoen, wat die mynmagnaat aan die tak gemaak het, terugbetaal moet word nie. Die omstrede sakeman is in September 2005 doodgeskiet.

Indien die party weier om die skenkings terug te betaal, sal die trustees van die Insolvensiewet gebruik maak om hulle geld terug te kry. Die trustees dring daarop aan dat die geld aan hulle terugbetaal word, aangesien dit ingevolge insolvensiewetgewing onwettig is om skenkings te maak terwyl die skenker skuld het.

Lees verder: Gee terug daardie miljoene