Anti-vreemdelinggeweld het gisteraand uitgekring na Diepsloot, tussen Pretoria en Johannesburg. Twee mense is glo gedood in geweld wat tussen inwoners uitgebreek het.
Anti-vreemdelinggeweld kring uit na Diepsloot
Anti-vreemdelinggeweld het gisteraand uitgekring na Diepsloot, tussen Pretoria en Johannesburg. Twee mense is glo gedood in geweld wat tussen inwoners uitgebreek het.

Lees ook Deel I: En vir ons president: 'n bottel met 'n blou etiket, 'n pyp en 'n Harvardman
Die Krieketraad van Engeland en Wallis gaan dringend ondersoek doen na die inval van Suid-Afrikaners in graafskapskrieket. Tydens 'n graafskapskampioenskap vroeër dié week, was daar nie minder nie as vyf Suid-Afrikaners in elke span nie.
Hennie Otto het die Italiaanse Ope in Milaan, Italië, gewen en daardeur sy eerste Europese Toertitel ingepalm. Hy het 'n drie-onder-syfer vir 69 oor die naweek behaal om Oliver Wilson met een hou in die finale rondte te klop. Otto het met 25-minder-as-baansyfer geëindig met 'n telling van 263.
Griep en verwante siektes kos maatskappye R2,7 miljard per jaar in afwesigheid sê die statistiekmaatskappy CAM Solutions.