"By die inboorlinge van die intellektuele oerwoud en vlakte wat vir 'n regering in ons land deurgaan, is daar min gedaantes wat meer ontsag afdwing. Vandag se Afrikaan in landsregering het vir die liberale akademikus, veral die ekonoom, dieselfde wanhopige en bygelowige respek as wat sy voorsate eeue gelede gehad het vir die bwana met sy khaki-helm, rybroek, lang stewels en 'n stok wat vuur spoeg." Lees Gustav Venter se eerste aflewering, waarna Harvardmanne en die ekonomiese raad wat hulle gee nooit weer dieselfde sal wees nie.
Lees verder: Die R3,90-plan – en hoekom dit miljoene gekos het

Die ANC mag eerskomende Vrydag by 'n vergadering oor energie vra dat die bonusse van Eskom se bestuur ondersoek word. Aanduidings is dat Eskom se bestuur altesaam R10 miljoen se bonusse aan hulself betaal het terwyl kragonderbrekings landwyd plaasgevind het.
Ten spyte van ’n daling in koerantverkope, die beskikbaarheid van gratis nuusblaaie en die toenemende gewildheid van nuuswebwerwe op die internet, bly koerantredakteurs wêreldwyd steeds optimisties. Die Wêreldredakteursforum, gesteun deur Reuters, het pas die sogenaamde Newsroom Barometer gepubliseer.