Te wit vir mynbou

Anglo se nuwe baas is te wit vir NUM. Anglo American se nuwe uitvoerende hoof het ‘n kille verwelkoming van die bedryf se grootste vakbond ontvang. Die Cosatu-geaffilieerde National Union of Mineworkers (NUM) het gister gesê hulle is “teleurgesteld” oor die aanstelling van Mark Cutifani. “Anglo het nog ‘n geleentheid laat verbygaan om ‘n swarte

Lees verder: Te wit vir mynbou

Nog ‘n skietvoorval by skool in die VSA

Daar was nog ‘n skietery by ‘n skool in die VSA. Die polisie sê ‘n leerling by ‘n hoërskool in California het op twee leerders in sy wetenskapklas geskiet. ‘n Sestienjarige is ernstig gewond, maar die ander tiener is nie raakgeskiet nie. Twee onderwysers het die skieter oortuig om homself aan die owerhede oor te

Lees verder: Nog ‘n skietvoorval by skool in die VSA

Maksimum-gevangenes geskuif na oproer

Ongeveer 510 gevangenes van die Groenpunt-tronk in die Vrystaat sal na ander korrektiewe sentrums verskuif word, het ‘n beampte Donderdag gesê. Sowat 350 van hulle is reeds geskuif, en nog gevangenes sal Vrydag na ander tronke geneem word, het Grace Molatedi, adjunkkommissaris van korrektiewe dienste in die Vrystaat, gesê. Al die gevangenes wat verskuif is,

Lees verder: Maksimum-gevangenes geskuif na oproer

De Doorns: ANC-voorsitter getref

Die polisie moes Donderdag weer rubberkoeëls gebruik om stakende plaaswerkers in De Doorns in die Wes-Kaap uitmekaar te jaag. Duisende plaaswerkers het die polisie getart, en met klippe bestook. Die plaaswerkersvakbond Bawusa beweer nege mense is deur rubberkoeëls beseer sedert die staking Woensdag hervat is. “Pat Marran, voorsitter van die ANC in die Boland, is

Lees verder: De Doorns: ANC-voorsitter getref

Mini-oorlog woed in De Doorns

Geweld het opnuut uitgebreek op De Doorns in die Hexriviervallei in die Wes-Kaap toe die polisie met rubberkoeëls op ‘n groep stakende plaaswerkers losgebrand het. RSG berig die stakers het probeer om die wrak van ‘n uitgebrande motor langs die N1 op die pad te stoot, toe die polisie hulle gekeer het. Die radiostasie berig

Lees verder: Mini-oorlog woed in De Doorns

Twee Indiërs met miljoene se dwelms vasgevat

‘n Dwelmbaas en sy seun is in hegtenis geneem toe dwelms met ‘n straatwaarde van sowat R5 miljoen en juwele in hul huise in Durban, KwaZulu-Natal, gevind is. Kol. Jay Naicker sê die polisie het Dinsdagaand ‘n klopjag op die pa se huis in Shallcross, Chatsworth, uitgevoer nadat hulle ‘n wenk opgevolg het. Hulle het

Lees verder: Twee Indiërs met miljoene se dwelms vasgevat

Hartprosedure in Kaapstad maak geskiedenis

Dokters het ‘n geskiedkundige hartprosedure op ‘n 59-jarige vrou in Kaapstad uitgevoer, het Mediclinic SA Woensdag gesê. Hulle het Saterdag die wêreld se eerste nie-chirurgiese prosedure op ‘n lekkende hartklep op Marianna Cronje uitgevoer. Sy is gebore met haar hart aan die regterkant van haar bors. “Hierdie prosedure is tegnies ongelooflik moeilik in ‘n pasiënt

Lees verder: Hartprosedure in Kaapstad maak geskiedenis

Drie by Nkandla deur weerlig gedood

Drie tieners is dood toe hulle Woensdagaand in KwaChezu, Nkandla, in die noorde van KwaZulu-Natal, deur weerlig getref is, het owerhede gesê. “Twee van hulle, 13 en 14 jaar oud, van die Dlamini-familie, en een van die Zwane-familie, is dood toe weerlig hulle getref het terwyl hulle huis toe geloop het van ‘n plaaslike snoepwinkel

Lees verder: Drie by Nkandla deur weerlig gedood

Egpaar in vrieskas versmoor, aanvallers soek

Die polisie is steeds op soek na die swart aanvallers wat ‘n bejaarde egpaar van Belfast in Mpumlanga in ‘n vrieskas gedruk het. Hulle het later versmoor, het RSG Donderdagoggend berig. Die polisie het Woensdag in Rudolph en Elma van Heerden se huis op hulle lyke afgekom. Die Van Heerdens, albei 79, is vermoedelik oor

Lees verder: Egpaar in vrieskas versmoor, aanvallers soek

De Doorns weer gebuk onder geweld

Die N1-snelweg by De Doorns was Woensdagmiddag steeds gesluit nadat gewelddadige botsings tussen stakende plaaswerkers en die polisie uitgebreek het.  Betogers het die pad met klippe versper en ook klippe na die polisie gegooi, wat rubberkoeëls gebruik het om hulle uitmekaar te jaag. Die hoofpad wat van die N1 na die dorp lei was met

Lees verder: De Doorns weer gebuk onder geweld