Nog ‘n skietvoorval by skool in die VSA

Daar was nog ‘n skietery by ‘n skool in die VSA. Die polisie sê ‘n leerling by ‘n hoërskool in California het op twee leerders in sy wetenskapklas geskiet.

‘n Sestienjarige is ernstig gewond, maar die ander tiener is nie raakgeskiet nie.

Twee onderwysers het die skieter oortuig om homself aan die owerhede oor te gee.

Die aanval kom te midde van ‘n debat oor vuurwapen-beheer in die VSA na die skietery by ‘n skool in Connecticut verlede maand.

Die Amerikaanse vise-president Joe Biden sal volgende week aanbevelings vir veranderinge aan vuurwapenwetgewing na President Barack Obama stuur.

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae