Die Zimbabwiese opposisieparty, die MDC, het berigte dat lede van die party opleiding in geweld ontvang, as suiwer propaganda afgemaak.
MDC-woordvoerder Nelson Chamisa, sê die party het homself nog nooit tot geweld gewend nie en dat enige persoon wat dit sou doen, nie langer 'n lid van die party kan wees nie.
Die uitvoerende direkteur van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, Kwandiwe Kondlo, sê egter dat hulle oortuig is dat MDC-lede opleiding ontvang.
Hy sê die geweldskultuur van ZANU-PF het oorgespoel na die MDC.
Dit is die hel wat eenvoudig losbreek, het Kondlo gesê.
Die MDA sê verder hulle is nie in die proses om met die regering van Zimbabwe te onderhandel nie.
Die party het gister gesprekke met die regering gevoer maar sê niks substansieels is bespreek nie.
Die leier van die party, Morgan Tsvangira, sê hulle het slegs die voorwaardes neergelê waaronder hulle gewillig sal wees om in onderhandelinge betrokke te raak.
Hy sê geen onderhandelinge is moontlik terwyl die regime van Robert Mugabe oorlog voer teen die MDC en die mense van Zimbabwe nie.
Die MDC sê ten minste 'n honderd van hulle ondersteuners is deur Mugabe se milisie om die lewe gebring tydens die verkiesing.
Alle oë sal vandag by die Verenigde Nasies op Suid-Afrika wees.
Brittanje, die Verenigde State en ander Westerse lande beywer hulle vir verskerpte sanksies teen Zimbabwe.
Voorheen het Suid-Afrika, 'n tydelike lid van die Veiligheidsraad, stappe van die Verenigde Nasies teen Zimbabwe teengestaan.
принцип работы пескоструйногоtopcargo кидалы