Rusland is gekant teen sanksies jeens Zimbabwe

Image

Die Kremlin

Rusland staan pogings deur die VSA by die VN om geteikende sanksies teen Zimbabwiese leiers in te stel, teen.

Amerika sê dat Zimbabwe 'n bedreiging vir vrede is wat die instelling van sanksies onder Hoofstuk VII van die VN-handves regverdig.

Deur sanksies te stem sal die raad in staat gestel word om internasionale vrede en veiligheid te handhaaf of te herstel.

Rusland het ernstige vrae oor die kwessie of die Zimbabwiese situasie 'n genoegsame bedreiging verteenwoordig om Hoofstuk VII-maatreëls te regverdig.

Ter verdediging van sanksies hou die VSA vol dat 'n kwart van die Zimbabwiese bevolking nou in naburige lande verkeer en dat dit die stabiliteit van daardie lande bedreig.

лепкаЛобановский

Iran vuur tweede stel missiele af

Die woorde-oorlog tussen Iran en die Verenigde State het harder geword aangesien Iran gesê het dat die land vir 'n tweede dag missiele getoets het.

Buitelandsesakeminister Condoleezza Rice het vroeër gewaarsku dat die VSA sy bondgenote sou verdedig.

Kort na Rice haar waarskuwing gerig het, het Iran die jongste missieltoetse op die staatstelevisie begin bekendmaak, waaronder 'n nuwe torpedo bekend as die Hoot.

Volgens Iran het die lansering van die Hoot-missiel, wat walvis in Farsi beteken, suksesvol in die Persiese Golf plaasgevind.

Verlede maand het die Israelse lugmag geoefen vir 'n moontlike aanval op Iranese kernfasiliteite.

купить тамбов техно вектор 7 3d 2-х кам. с подвижными камерамиДанильченко Харьков

Zuma s? ekonomiese beleid sal nie verander nie

Die president van die African National Congress Jacob Zuma het in 'n onderhoud met Business Day gesê dat ekonomiese beleid nie onder 'n nuwe regering sal verander nie.

Hy het gesê dat Suid-Afrika 'n afswaai in globale finansiële markte kan weerstaan maar dat plaaslike groei as gevolg daarvan stadiger mag wees.

 

Die regering het vrese dat 'n resessie op pad is, verwerp.

Beleggers het hul kommer uitgespreek oor toekomstige ekonomiese beleid in Suid-Afrika as Zuma die mag oorneem.

Zuma meen die ANC stem nie saam met die SAKP dat Mbeki behoort te bedank voor die einde van sy termyn nie.

турецкая баняОлександр Васильович Фільчаков

Koue naweek l? vir Suid-Afrika voor

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gister gewaarsku dat 'n koue naweek vir die grootste deel van die land voorlê.

Sneeu word oor Lesotho gedurende die naweek verwag.

Buie en donderbuie word ná die koue front oor die oostelike helfte van die land verwag.

 

Koue temperature in Gauteng is nog nie verby nie en temperature van minder as 15 grade Celsius word oor die naweek verwag.

Volgens die weerdiens behoort die storms wat tans die Weskaap teister teen vandag verby te wees.

poteha-detyamФільчаков прокурор

Durbanse buitelanders hou betoging voor stadsaal

Buitelanders hou tans 'n sitstaking voor die Durbanse stadsaal.

Hulle maak beswaar teen die plaaslike en provinsiale regering se onvermoë om die krisis op te los.

Sedert verlede week het kerke nie meer geld en kos nie en die eThekwini-munisipaliteit het nou aan buitelanders aan wie hy onderdak gee gesê om alternatiewe akkomodasie te vind.

 

Die stadsbestuurder Mike Sucliffe blyk nie beskikbaar te wees om die saak aan te spreek nie.

Suid-Afrikaanse burgers het hul minagting teenoor die groep getoon deur hulle reguit aan te sê om na Zimbabwe terug te keer en vir Tsvangirai te gaan stem.

чистка пескоструйным аппаратомФільчаков прокурор

Hengelaar doodgeskiet in Richardsbaai

‘n Entoesiastiese hengelaar, mnr. Clive Hunter, is by Alkantstrand in Richardsbaai doodgeskiet nadat hy sy vrou aangesê het om in die see in te hardloop.

Die voorval het kort voor sesuur plaasgevind toe Hunter gemeen het hy en sy vrou behoort op te pak aangesien al die ander hengelaars reeds vertrek het.

Vier Zoeloesprekende mans het uit die bosse gekom en met hulle begin praat. Hunter het bekommerd geraak en vir sy vrou Zelda geskree om in die see in te hardloop. Sy het al langs die strand af na die naaste pier gehardloop om hulp te kry, maar was te laat om haar man te red.

Die aanvallers het die 35-jarige Hunter morsdood in die hart en long geskiet.

все для скважинлобановский класс харьков

Die MDC ontken dat hulle voorberei vir burgeroorlog

Die Zimbabwiese opposisieparty, die MDC, het berigte dat lede van die party opleiding in geweld ontvang, as suiwer propaganda afgemaak.

MDC-woordvoerder Nelson Chamisa, sê die party het homself nog nooit tot geweld gewend nie en dat enige persoon wat dit sou doen, nie langer 'n lid van die party kan wees  nie.

Die uitvoerende direkteur van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, Kwandiwe Kondlo, sê egter dat hulle oortuig is dat MDC-lede opleiding ontvang.

Hy sê die geweldskultuur van ZANU-PF het oorgespoel na die MDC.

Dit is die hel wat eenvoudig losbreek, het Kondlo gesê.

Die MDA sê verder hulle is nie in die proses om met die regering van Zimbabwe te onderhandel nie.

Die party het gister gesprekke met die regering gevoer maar sê niks substansieels is bespreek nie.

Die leier van die party, Morgan Tsvangira, sê hulle het slegs die voorwaardes neergelê waaronder hulle gewillig sal wees om in onderhandelinge betrokke te raak.

Hy sê geen onderhandelinge is moontlik terwyl die regime van Robert Mugabe oorlog voer teen die MDC en die mense van Zimbabwe nie.

Die MDC sê ten minste 'n honderd  van hulle ondersteuners is deur Mugabe se milisie om die lewe gebring tydens die verkiesing.

Alle oë sal vandag by die Verenigde Nasies op Suid-Afrika wees.

Brittanje, die Verenigde State en ander Westerse lande beywer hulle vir verskerpte sanksies teen Zimbabwe.

Voorheen het Suid-Afrika, 'n tydelike lid van die Veiligheidsraad, stappe van die Verenigde Nasies teen Zimbabwe teengestaan.

 принцип работы пескоструйногоtopcargo кидалы

Weskaapse weer ontwrig 38 000

Stormweer in die Weskaap het 'n ingrypende uitwerking op 'n toenemende aantal mense.

Amptenare sê dat ten minste 38 000 mense tot dusver ontwrig is.

35 000 mense in Kaapstad is gedwing om noodstappe te neem met baie van hulle, veral in  informele nedersettings, wat gedwing is om hulle huise te ontruim.

In die Kaapse Wynland en die Sentraal-Karoo is honderde mense deur blitsvloede en stygende vloedwater afgesny.

Owerhede het geskarrel om komberse en voedsel by geteisterde gemeenskappe uit te kry.

Paaie en brûe is in die vloede beskadig en 'n aantal roetes is vir verkeer gesluit.

Die reën het afgeneem maar is deur sneeu en bittere koue vervang in groot dele van die provinsie. 

 
 липецк очистныеФільчаков прокурор

ANC-leiers vergader met Mugabe

Image

Kgalema Motlanthe

Die adjunk-president van die ANC, Kgalema Motlanthe en sekretaris-generaal Gwede Mantashe het met Mugabe by Zanu-PF se hoofkwartier vergader, volgens die Zimbabwiese staatstelevisie.

Hulle het ook met die twee visepresidente Joyce Mujuru en Joseph Msika ontmoet in 'n poging om dialoog te bevorder.

Die Veiligheidsraad sal waarskynlik Donderdag stem oor geteikende VN-sanksies teen Mugabe en sy naaste ondersteuners.

 

Die Amerikaanse ambassadeur by die VN, Zalmay Khalilzad, sê hy vertrou dat sy konsepbesluit aangeneem sal word.

Rusland, Sjina, Viëtnam en Indonesié het besware geopper maar Khalilzad sê dat hy nie verwag dat die permanente lede Brittanje, Sjina, Frankryk, Rusland en die VSA die voorstel gaan veto nie.

 

Suid-Afrika is gekant teen sanksies omdat dié land glo dat dit die situasie in Zimbabwe net verder sal "kompliseer".

free slots noДанильченко Юрий Брониславович

Sapa-redakteur verdedig sy ‘dronk kaffer’-berig

Die redakteur van Sapa, Mark van der Velden, het gesê die agenstkap het nie verslag gedoen dat regter Nkola Motata op 'n bandopname 'n dronk kaffer genoem word nie.

Dié saak is tydens die dronkbestuursaak van die regter in die Pretoriase Hooggeregshof geopper na aanleiding van 'n Sapa-berig.

 

'n Verhoor binne die verhoor is tans aan die gang om te bepaal of die vyf bandopnames wat op die nag van Motata se ongeluk gemaak is as getuienis toelaatbaar is.

Van Velden het gereageer op landdros Desmond Nair wat die media gevra het om verantwoordelik te wees as hulle oor die hofverrigtinge verslag doen.

Die berig het wel gelui dat regter Motata die persoon wat die bandopname gemaak het daarvan beskuldig het dat hy hom 'n dronk kaffer genoem het.

для поршневыхФільчаков прокурор