Oscar Pistorius het glo model se skedel met kolf verbrysel

Die gestremde Olimpiese lemnaelloper Oscar Pistorius het glo sy vriendin se skedel met ‘n krieketkolf verbrysel voordat hy haar doodgeskiet het, het die polisie aan haar familie gesê, het die Britse Daily Mail berig. Besonderhede van die nadoodse ondersoek van die Suid-Afrikaanse model Reeva Steenkamp is weerhou in verlede week se aansoek om borg. Maar

Lees verder: Oscar Pistorius het glo model se skedel met kolf verbrysel

Malema se rommel op veiling te koop

Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, het dalk van sy bates weggesteek om te verhoed dat dit op ‘n veiling verkoop word, is Sondag berig. Malema se bates is opgeveil om die R16 miljoen wat hy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens skuld, te betaal. Sy huishoudelike inhoud is Vrydag in Polokwane vir R54 000 verkoop –

Lees verder: Malema se rommel op veiling te koop

Kardinaal kla oor kondome vir skole

Geen kondome sal by skole wat op die Katolieke kerk se grond gebou is versprei word nie, het die Sunday Times berig. Kardinaal Wilfred Napier, Suid-Afrika se Rooms-Katolieke hoofampsdraer, het die plan deur die departement van onderwys in KwaZulu-Natal as “kortsigtig” en “immoreel” beskryf. Napier het sy ontevredenheid oor die departement se planne in ‘n

Lees verder: Kardinaal kla oor kondome vir skole

Oscar Pistorius se broer staar klag van strafbare manslag in die gesig

Oscar Pistorius se ouer broer, Carl staar glo ‘n klag van strafbare manslag in die gesig ná ‘n motorongeluk in 2010 waarin ‘n vroulike motorfietsryer dood is. Die Pistorius-familie het nog nie gereageer op die beskuldigings wat Carl in die gesig staar nie. Gister het die familie egter stappe geneem om Carl se profiel op

Lees verder: Oscar Pistorius se broer staar klag van strafbare manslag in die gesig

SA krag onder druk na Koeberg-fout

Suid-Afrika se kragvoorsiening verkeer onder druk nadat eenheid 1 van die Koeberg-kragstasie in Kaapstad vroeër vandeesweek ophou werk het, berig Sake24. Die Koeberg-eenheid het afgesluit na ‘n probleem met die elektriese skakelbord. Die reserwemarge was Donderdagaand slegs 1,1% (365 MW). Die internasionale norm is dat voorsiening 15% meer as verbruik moet wees weens eenhede wat

Lees verder: SA krag onder druk na Koeberg-fout

Baasbrein van Vrystaat-moord vas

Die baasbrein wat vermoedelik agter die gru-moord van ‘n bejaarde egpaar op ‘n plaas buite Parys in die Vrystaat vroeër vanjaar sit, is in hegtenis geneem. ‘n Woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, Peter Kareli, het gesê die 48-jarige verdagte is Vrydagoggend in Johannesburg aangekeer. Hy is die eggenoot van Mmaditaba Mokubung, die vrou wat vroeër

Lees verder: Baasbrein van Vrystaat-moord vas

Oscar Pistorius is nie Julien Assange nie

Met die hele wêreld se oë op hom gerig, het Oscar Pistorius se borgaansoek geslaag. Die aanklaer het selfs die geval Julien Assange opgeroep om sy aansoek te kelder. Assange woon tans in die ambassade van Equador in Londen om die Britse polisie te vermy. Die oggendsessie van die gestremde naelloper se aansoek om borgtog

Lees verder: Oscar Pistorius is nie Julien Assange nie

Wie boesem die minste vertroue in?

Altyd gedink politici boesem die heel minste vertroue in? Toe nie! Daar is ‘n spesie wat nog swakker vaar, naamlik Britse joernaliste. Volgens ‘n Ipsos MORI peiling wat Vrydag verskyn het, vertrou slegs 21 persent van volwassenes in Brittanje joernaliste om die waarheid te vertel, en 72 persent vertrou hulle nie. Selfs lede van die

Lees verder: Wie boesem die minste vertroue in?