Oscar Pistorius se ouer broer, Carl staar glo ‘n klag van strafbare manslag in die gesig ná ‘n motorongeluk in 2010 waarin ‘n vroulike motorfietsryer dood is.
Die Pistorius-familie het nog nie gereageer op die beskuldigings wat Carl in die gesig staar nie.
Gister het die familie egter stappe geneem om Carl se profiel op sosiale media te verlaag nadat iemand glo die Twitter-rekening van Carl gekraak het. Die Pistoriusse het al hul sosiale media rekeninge gesluit, vir beide Oscar se broer en sy suster Aimee.
Carl Pistorius se jonger broer, Oscar ontken die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp.
Carl is aangekla vir strafbare manslag na die dood van ‘n vroulike motorfietsryer in ‘n motorongeluk, het sy prokureur bevestig.
Die saak hou geen verband met dié van sy broer nie.
Prokureur Kenny Oldwage, wat ook Oscar Pistorius verteenwoordig, het bevestig dat Carl Pistorius – wat die afgelope week in die hof teenwoordig was om sy broer te ondersteun – die aanklag in die gesig staar.
Carl Pistorius het net twee dae voor sy broer se borgtogverhoor verlede week in die hof verskyn.
Sky News het berig dat die aanklag van strafbare manslag soortgelyk is aan ‘n moordklag in die Britse reg.
Die ongeluk met Carl Pistorius in 2010 het plaasgevind in Vanderbijlpark, ‘n uur se ry suid van Johannesburg. Volledige besonderhede oor die aanklag het pas bekend geraak.
Carl Pistorius se bloed is ten tye van die ongeluk getoets, maar hy het negatief getoets vir alkohol.
Carl was nog altyd naby aan Oscar, maar was merkbaar afwesig toe hulle oom Arnold, met slegs Oscar se suster Aimee teenwoordig, in ‘n eerste reaksie op die skietery op 17 Februarie, ‘n verklaring gemaak het.
Die drie-verdieping huis waar Oscar Pistorius tans bly met sy tante en oom lê op ‘n heuwel met ‘n uitsig van Pretoria. Dit het ‘n groot swembad en ‘n onberispelike tuin.
