Wie boesem die minste vertroue in?

Altyd gedink politici boesem die heel minste vertroue in? Toe nie! Daar is ‘n spesie wat nog swakker vaar, naamlik Britse joernaliste.

Volgens ‘n Ipsos MORI peiling wat Vrydag verskyn het, vertrou slegs 21 persent van volwassenes in Brittanje joernaliste om die waarheid te vertel, en 72 persent vertrou hulle nie.

Selfs lede van die parlement in die algemeen het beter as verslaggewers gevaar. Daar het 23 persent hulle vertrou om die waarheid te vertel, ten spyte van hul bewese vermoë om skandale te genereer.

“Die resultate kan eenvoudig die toestand van Britse joernalistiek weerspieël,” skryf Harvey Morris skryf in The International Herald Tribune. Natuurlik het van die voormalige poniekoerantwerknemers agv die onlangse telefoon-afluisterskandaal bygedra tot die verlies aan geloofwaardigheid.

Die kwessie van vertroue is te wyte aan vinnige tegnologiese verandering, wat twyfelagtige praktyke van sommige van die rooi-skrif koerante in Brittanje oopgevlek het.

Nuuslesers het beter gevaar, met 69 persent van die respondente wat hulle vertrou om eerlik te wees. In die peiling se kruistabelle, kan jy sien dat die inwoners van multikulturele Londen joernaliste die meeste vertrou, terwyl die etniese wit Skotte hulle die minste vertrou.

In die VSA, vaar joernaliste ietwat beter as mense wat versekering en motors verkoop in ‘n onlangse peiling oor eerlikheid en etiek. Veertig persent van Amerikaners vertrou die media volledig om akkuraat en regverdig rekord te hou.

Maak 'n opvolg-bydrae