Baasbrein van Vrystaat-moord vas

Die baasbrein wat vermoedelik agter die gru-moord van ‘n bejaarde egpaar op ‘n plaas buite Parys in die Vrystaat vroeër vanjaar sit, is in hegtenis geneem.

‘n Woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, Peter Kareli, het gesê die 48-jarige verdagte is Vrydagoggend in Johannesburg aangekeer.

Hy is die eggenoot van Mmaditaba Mokubung, die vrou wat vroeër saam met haar mede-beskuldigde Ezekiel Mnguni in hegtenis geneem is.

Die derde verdagte sal Maandag sy eerste hofverskyning maak terwyl Mnguni en Mokubung op 20 Maart in die landdroshof in Parys verskyn nadat hulle vroeër die maand borgtog geweier is.

Die drie word daarvan verdink dat hulle Ernest en Annatjie van Rooyen op 15 Januarie op die plaas Somerset vermoor het.

Annatjie se lyk is in ‘n kisvrieskas in die snoepwinkel op die plaas gevind.

Maak 'n opvolg-bydrae