Suid-Afrika se kragvoorsiening verkeer onder druk nadat eenheid 1 van die Koeberg-kragstasie in Kaapstad vroeër vandeesweek ophou werk het, berig Sake24. Die Koeberg-eenheid het afgesluit na ‘n probleem met die elektriese skakelbord.
Die reserwemarge was Donderdagaand slegs 1,1% (365 MW). Die internasionale norm is dat voorsiening 15% meer as verbruik moet wees weens eenhede wat onklaar mag raak
Gasturbines moes ten duurste ingespan word om voorsiening te waarborg. Die verwagte kragvraag was 31 438 MW en 7 603 MW se opwekkingsvermoë was agv van onderbrekings nie beskikbaar nie.
Cahora Bassa se krag van Mosambiek is met die helfte verminder tot 650 MW omdat onlangse vloedskade toevoer van ‘n kraglyn verhinder.
Eenheid 1 van Koeberg sal na verwagting “binne dae eerder as weke” herstel word, het Eskom gesê.
