Amerikaanse motorverkope het in November 37% gedaal tot die laagste vlak in 26 jaar en enige verwagtinge dat die swak jaar sy laagtepunt bereik het, gekelder. Dit het verdere ammunisie gegee vir die Detroit-voertuigvervaardigers se saak om te vra vir 'n verdere lening van die kongres om die industrie te red.
Lees verder: Amerikaanse motorverkope daal tot laagste vlakke sedert 1982

'n Man is Dinsdag geskiet toe hy teruggeskiet het op rowers wat 'n gastehuis in Cullinan beroof het, het die polisie gesê.
Afrika se eerste kommunikasie satelliet het glo 'n kragprobleem ondervind net 18 maande nadat dit gelanseer is. Die NIGCOMSAT-1 satelliet is deur Sjina gelanseer in 2007 te midde van optimisme dat dit sal help om landelike gebiede te verbind en telemedisyne en afstandonderrig te bevorder.