Nigeri? vra Shell om pad te gee

ImagePresident Umaru Musa Yar'Adua het beveel dat 'n nuwe operateur Shell se belange in Nigerië se Ogoniland moet oorneem.

Die president het dit bekendgemaak tydens 'n vergadering met die Nigeriese gemeenskap in Suid-Afrika waar hy tans op 'n staatsbesoek verkeer. Hy het gesê dat daar 'n totale verlies aan vertroue tussen Shell en die Ogoni-volk ingetree het.

Yar'Adua het Nigeriërs in Kaapstad verseker dat sy administrasie Nigeriërs onder alle omstandighede sal beskerm en bygevoeg dat die ministerie van vervoer tans die mishandeling van Nigeriërs deur British Airways ondersoek.

Waar nodig, sal strafmaatreëls toegepas word.

детские зонты для девочек купить москвапрокурор харьковской области

Hillary vra nie vir visepresidentspos nie

Hillary Clinton, wat so pas die wedloop om die Demokratiese nominasiestryd in die VSA verloor het, vra nie om Barack Obama se visepresidentskandidaat te word nie, het haar veldtogbestuur gister aangekondig.

Volgens 'n verklaring het senator Clinton dit deur die hele proses duidelik gemaak dat sy alles in haar vermoë sal doen om 'n Demokratiese kandidaat na die Withuis te stuur, maar dat sy nie die visepresidentskap wil hê nie en dat niemand namens haar praat behalwe syself nie.

Die keuse hier is dié van senator Obama en net syne, het die verklaring uit die Clinton-kamp gelui.

Intussen word ook berig dat Clinton en Obama gisteraand in Amerika en in die vroeë oggendure in Suid-Afrika ontmoet het om te bespreek hoe hulle die Demokratiese party na die nominasiestryd kan herenig.

сколько стоит гипсовая штукатуркаФильчаков прокуратура харьков

Kongolese generaal ontken dat hy mensvleis ge?et het

Die Oegandese regeringsminister Kahinda Otafiire ontken dat hy ooit enige Kongolese burgers geëet het en het bygevoeg dat hy nie gearresteer sal word vir enige beweerde aandadigheid aan oorlogsmisdade in die DRK nie.

 

Jean-Pierre Bemba, 'n vorige Kongolese rebelleleier en eertydse visepresident, is 'n week gelede in hegtenis geneem.

Die Belgiese polisie het mnr. Bemba gevange geneem nadat die Internasionale Strafhof hom in die geheim van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom aangekla het. Bemba is gedurende die Kongolese burgeroorlog deur Oeganda gesteun.

Na mnr. Bemba se arrestasie, word daar gespekuleer dat sommige van Oeganda se weermaggeneraals volgende mag wees aangesien 'n VN-verslag uit 2001 hulle by die naam genoem het weens die plundering van die Kongo se natuurlike hulpbronne en die fasilitering van oorlogsmisdade.

Sekere DRK-soldate glo dat die eet van mensvleis, veral sekere liggaamsdele wat van Pigmeë afgesny is, hulle in 'n gevegsituasie sal beskerm.

брюки зимние для мальчика купитьДанильченко

VSA bekommerd oor China se kernwapens

Die Verenigde State en China het gister strategiese samesprekings gevoer wat ook Noord-Korea en Iran ingesluit het.

Amerika wil die bedreiging van kernwapenverspreiding die hoof bied.

Daar is geen teken dat die twee kante vooruitgang gemaak het deur mekaar oor gemeenskaplike bekommernisse gerus te stel nie.

China het duidelik groot ambisies as dit by kernwapens kom.

Die Amerikaanse amptenare het weereens hul besware gelug teen die antisatelliettoets wat China in Januarie 2007 uitgevoer het deur 'n missiel te gebruik om een van sy eie satelliet te vernietig.

China het op sy beurt gesê dat sy verdedigingsbesteding en kernarsenaal veel kleiner as dié van Washington is.

China ondersteun Russiese opposisie teen Amerikaanse planne om 'n missielverdedigingstelsel op te stel wat basisse in Oos-Europa sou insluit.

cluedo board game onlineФильчаков прокурор харьков

Keniaanse sakeman vra dat Suid-Afrika se valutabeheer afgeskaf word

'n Keniaanse sakeman, Chris Kirubi, wat gister saam met Finansiesminister Trevor Manuel deelgeneem het aan 'n besprekingspaneel by die Wêreldekonomiese forum oor Afrika, het gevra dat valutabeheer afgeskaf behoort te word.

Hy het na sodanige beheer verwys as iets wat tot die verlede behoort en die Keniaanse sjieling opgehaal wat een van die sterkste geldeenhede bly, ondanks verlede jaar se politieke onrus in die land.

Manuel het gereageer deur te sê dat die dertien lande wat oor die afgelope vyf-en-twintig jaar teen sewe persent gegroei het almal een of ander vorm van valutabeheer toepas en nie oorboord gaan met 'n vryemarkbeleid nie.

евро ремонт домаалександр лобановский харьков класс

China word gevra om gevangenes uit die Tiananmen-tyd vry te laat

Image

Tiananmenplein, 1989

'n Amerikaanse menseregte-organisasie, Human Rigths Watch, het China dringend versoek om 130 gevangenes uit die Tiananmen-tyd vry te laat.

Vandag is dit presies 19 jaar gelede dat die pro-demokrasiebetogings op Tiananmenplein in Beijing plaasgevind het. Die betoging is agterna bloedig deur die Volksbevrydingsweermag met tenks onderdruk.

Human Rights Watch het ook vir China gevra om 'n volledige lys van al diegene wat gedood, beseer of gevange geneem is te verskaf, aangesien geen sodanige lys tot dusver beskikbaar gestel is nie. Ten minste 130 mense wat 19 jaar gelede gevange geneem is weens die betoging, verkeer steeds in die tronk.

компьютерная диагностика автомобиляФільчаков Олександр Васильович

Oegandese regering ignoreer homoseksuele tydens antivigsveldtog

Die regering van Oeganda het twee dae gelede gesê dat dit weens 'n gebrek aan fondse geen kommunikasieveldtog oor vigs teenoor onwettige homoseksuele in die land gaan voer nie.

In Oeganda is homoseksualiteit onwettig en kan tot lewenslange tronkstraf lei. Selfs 'n gepoogde homoseksuele daad kan tronkstraf van sewe jaar ontvang.

Nietemin word die aantal homoseksuele mense in Oeganda op 500 000 uit 'n bevolking van 27 miljoen beraam.

Die regering se antivigsveldtog sal op ander hoërisikogroepe soos prostitute, vragmotorbestuurders, verafgeleë vissergemeenskappe en die weermag fokus.

play casino slotsалександр лобановский класс

Ted Kennedy ondergaan geslaagde operasie

15:31:46 Senator Edward Kennedy, 'n Demokratiese politikus en ondersteuner van die presidensiële kandidaat Barack Obama, is Maandag suksesvol geopereer om 'n kwaadaardige breingewas te verwyder.

Volgens sy neurosjirurg behoort daar "geen permanente neorologiese gevolge te wees" nie.

Die 76-jarige politikus sal nou chemoterapiebehandeling moet ondergaan om seker te maak dat die gewas nie terugkeer nie.

оборудование дляtopcargo развод

W?reldleiers ontmoet oor voedselkrisis

Wêreldleiers kom vandag in Rome byeen om oor voedselsekerheid te beraadslaag by die Verenigde Nasies se konferensie

Image

Ban Ki-moen

hieroor.

Die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-moen, het gevra vir "moeilike besluite" en meer beleggings in landbou.

Volgens Ban kan die kwessie verdere krisisse in die wêreld veroorsaak as dit nie reg gehanteer word nie, op ekonomiese, maatskaplike en politieke gebied.

Deelnemers aan die konferensie oor wêreldvoedselsekerheid sal korttermynoplossings bespreek, maar ook nuwe strategieë om aardverwarming, toenemende aanvraag vir biobrandstowwe en die vervallende landbousektor in die arm lande.

расценки на деревянныеФильчаков

Die gewildste Italiaanse name

Wat is die gewildste naam vir kinders wat in Milaan gebore word? Angelo, Marco of Giovanni? Nee, nie regtig nie. Die stad se munisipale data het vir 'n verrassing gesorg. Die name Magmoed, Agmat en Hamied is nou die gewildste name vir kinders wat in Italië se ekonomiese hoofstad gebore word.

Die Saoediese koerant Al Watan berig dat die rede die styging in die geboortekoers van die Moslemgemeenskap in die stad is.

Volgens Al Watan het die Milaanse munisipaliteit die plaaslike media versoek om hulle kommer oor die aangeleentheid bekend te maak want hulle glo dat die tendens die Milaanse inwoners kwel.

Hulle wou die data rugbaar maak om te waarsku teen die opkoms van Islam en die Moslemgemeenskap wat die kulturele kenmerke van die stad kan verander.

одноразовые слюнявчики купитьпрокурор харьковской области